Announcement

Collapse
No announcement yet.

Doen alles met 'n skoon gewete!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Doen alles met 'n skoon gewete!

    Het julle al van mense gehoor wat op 'n Vrydag trou sodat hulle na 12-uur kan dans?....Sjjjjjtttt...want mens dans nie op 'n Sondag nie!

    Ek besef vanoggend net hoe lagwekkend hartseer so 'n siening is want wat jy nie met 'n skoon gewete op 'n Sondag doen nie moet jy ook nie in die week doen nie! (Net vir die rekord ek het geen probleem met dans nie, solank my man net met my dans. Ons is baaaaaiiiiiieeeeeee lief vir jive)

    Maar nou wonder ek oor God se opdrag om Sy rusdag te heilig. Wat beteken daardie heilig? Beteken dit ons moet ons op 'n sekere manier gedra, want moet ons ons nie elke dag dieselfde paadjie stap nie.

    Miskien is dit waar baie mense se idee vandaan kom dat ons maar in die week kan maak soos ons wil, maar op Sondag moet ons, ons vroom(skynheilig) gedra.
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  • #2
    Sewende Dag

    Originally posted by Lanie View Post
    Het julle al van mense gehoor wat op 'n Vrydag trou sodat hulle na 12-uur kan dans?....Sjjjjjtttt...want mens dans nie op 'n Sondag nie!

    Ek besef vanoggend net hoe lagwekkend hartseer so 'n siening is want wat jy nie met 'n skoon gewete op 'n Sondag doen nie moet jy ook nie in die week doen nie! (Net vir die rekord ek het geen probleem met dans nie, solank my man net met my dans. Ons is baaaaaiiiiiieeeeeee lief vir jive)

    Maar nou wonder ek oor God se opdrag om Sy rusdag te heilig. Wat beteken daardie heilig? Beteken dit ons moet ons op 'n sekere manier gedra, want moet ons ons nie elke dag dieselfde paadjie stap nie.

    Miskien is dit waar baie mense se idee vandaan kom dat ons maar in die week kan maak soos ons wil, maar op Sondag moet ons, ons vroom(skynheilig) gedra.
    Die Bybel leer ons dat God vir ses dae lank gewerk (geskape) het. Op die sewende dag het Hy opgehou om te skape, want Hy was klaar. Ek glo ons lewe in God se sewende dag - Sy dag van rus. Dit beteken glad nie dat God nou nie meer besig is nie - Hy is steeds intensief betrokke by Sy skepping. Dis net dat Hy nou niks nuut meer skep nie.

    So ook met ons - ons kan vir ses dae werk, en op die sewende dag moet ons rus. Met hierdie rus glo ek word bedoel dat ons moet ophou met die dinge wat ons gewoonlik mee besig is - werk, sport, dans, ens., en die dag aan God wy (heilig): kerk toe gaan, tyd met Hom bestee, 'coinonia', ens. Dans is nie opsigself verkeerd nie (daar is niks mee verkeerd om met jou man of vrou te dans nie), maar dit kan ons aandag van die Here aftrek.

    My ouma het ons altyd geleer dat mens nie naaldwerk op 'n Sondag mag doen nie, want dan steek mens kwansuis 'n naald in Jesus se oog. Dis natuurlik sommer bog! Ek kan baie lekker naaldwerk doen en so met die Here tyd spandeer. Wat ek nie kan doen nie is televisie kyk of dans terwyl ek met God praat nie.

    Dis maar al wat ek daaroor te se het .
    Jeremiah 29:11
    "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

    Comment


    • #3
      So.. wat van diegene wat vir Die Here dans?

      Vir my beteken "werk" dit waardeur ons geld verdien. En geld (Mammon) is in hierdie westerse wereld 'n massiewe afgod. So ek glo dat ek op 'n Sondag enige van my weekslikse dinge kan doen saam met kerk toe gaan as ek nie spesifiek "solitude" het die dag nie. Solank ek net nie Die Here se tyd vir Mammon gee nie.

      Die sewende dag het God gegee vir ons om te rus. So dit is vir ons eie goed gedoen om ons te help om onsself ook nie uit te brand nie.

      Comment


      • #4
        Dans vir die Here

        Originally posted by simonpetra View Post
        So.. wat van diegene wat vir Die Here dans?
        Om vir die Here te dans is wonderlik! Dis een van die maniere om Hom te prys en aanbid.
        Jeremiah 29:11
        "For I know the plans that I have for you,’ declares the Lord, ‘plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

        Comment

        Working...
        X