Announcement

Collapse
No announcement yet.

'Skrou-gear' of 'lag-gear' ?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • 'Skrou-gear' of 'lag-gear' ?

    Is dit net ons vroue-geslag wat kan 'huil van die lag'? Of is daar mans ook wat so heerlik uit rat uit kan lag sodat die trane later loop ?
    So 3 jr gelede het Hubby en ek tydens n Somervakansie besluit: Ons is beide so lief vir verf dat ons die huis se buitekant so bietjie n 'face-lift' wil gee. So gemaak. Ek verf met die kwas die presisie dele en Hubby verf met die roller. Ons is net so fluks besig op dag 2 toe stop so n paar jaar gelede se bure om hulle nuwe Griekse skoonseun aan ons te kom voorstel.
    Maar nou moet julle eers die volgende agtergrondskennis he: Mens trek nou nie juis jou kerkklere aan as jy bo-op n steier staan en verf nie en jy dra ook nie grimmering nie en jou verfbroek en baadjie en Ampie-laphoedjie het ook 3 keer gelede se verfspatsels op... So n mode-aanwins is jy beslis nie.
    Die bure moes beslis hulle skoonseun so n bietjie tou -wys gemaak het met die 'groet-maniere' van ons geweste en toe die skoonseun uitklim toe vat hy my hand en se: GOOD DAY, MY GRACIOUS LADY! Ek wat soos Ampie se sussie lyk en voel in my verfmondering....
    Maar toe hulle hier wegry , gaan ek aan die lag dat ek later in 'skrou-gear' is ..

  • #2
    'skrou-gear' dis nogals 'n goeie uitdrukking....
    Maar Ja, dit gebeur..... seker ook maar waar die sÍding vandaan kom: Van lekker lag kom lekker huil
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment

    Working...
    X