Hoop ek sit mense bietjie aan die dink met hierdie vragie....
Hoe belangrik is dit dat ons fisies ook gesond, fiks en sterk moet wees vir geestelike oorlogvoering? Ek meen, jy kan en moet die wapenrusting van God elke oggend aantrek, en dis die belangrikste, maar as jou liggaam onfiks of sieklik is agv rook, drank, geen oefening of oorgewig, hoe affekteer dit jou geestelike oorlogvoering? Of het dit nie noodwendig 'n invloed nie?
En dan ook...
Miskien verstaan ek hierdie verse nie reg nie en het dit 'n baie dieper betekenis, maar soos ek verstaan is dit ook 'n opdrag dat ons, ons liggame met respek moet behandel en versorg sodat ons God daardeur ook kan verheerlik.
Hoe verheerlik jy Hom deur jou te vergryp aan kos, rook, drank of wat dit ook al is wat jou aardse liggaam stelselmatig aftakel?
Hoe belangrik is dit dat ons fisies ook gesond, fiks en sterk moet wees vir geestelike oorlogvoering? Ek meen, jy kan en moet die wapenrusting van God elke oggend aantrek, en dis die belangrikste, maar as jou liggaam onfiks of sieklik is agv rook, drank, geen oefening of oorgewig, hoe affekteer dit jou geestelike oorlogvoering? Of het dit nie noodwendig 'n invloed nie?
En dan ook...
1 KORINTIËRS 6:19
Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie:
1 KORINTIËRS 6:20
julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

Comment