Announcement

Collapse
No announcement yet.

Middel jare krisis.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Benodig raad Middel jare krisis.

    More almal,

    Het julle enige raad hoe om hierdie krisis af te weer?
    Dit voel of satan die een aanval op die ander op my loots.
    Ek praat elke dag met Jesus om my hier deur te help.

    Groete

    Louis
    MARANA THA!

  • #2
    Re: Middel jare krisis.

    Originally posted by Louis F Brits View Post
    More almal,

    Het julle enige raad hoe om hierdie krisis af te weer?
    Dit voel of satan die een aanval op die ander op my loots.
    Ek praat elke dag met Jesus om my hier deur te help.

    Groete

    Louis
    Hallo Louis,

    Ek dink die een wyse wat jy die krisis kan oorwin, is deur heel eerste daaroor te gesels. Die res sal vanself kom. Ek dink deur te worstel met iets wat mens nie wil erken nie, is juis jou eie ondergang, maar as mens dit erken, is die eerste stap in oorwinning geneem!

    Gesels gerus oor dit wat jy in die openbaar kan sÍ of wil sÍ....
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Re: Middel jare krisis.

      Hi,nee jong ek hoor alle mans gaan daar deur.Wil solank die regte pille koop!

      Groete
      MARANA THA!

      Comment


      • #4
        Re: Middel jare krisis.

        Originally posted by Louis F Brits View Post
        Hi,nee jong ek hoor alle mans gaan daar deur.Wil solank die regte pille koop!

        Groete
        Vir die laerskool kinders gee hulle Rittelin (weet nie of dit reg gespel is nie). Ek is van die oortuiging dat 'n mens se lewe oor verskeie krisis-tydperke handel en adolessensie is byvoorbeeld nog so tydperk. Heel waarskynlik is die beste antwoord vir hierdie keerpunte in mens se lewe, die ondersteunings-strukture waarin mens jouself bevind.
        The Rapture

        My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
        but I must confess, donít worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        itís before Godís wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        itís for all the people in the zoo
        think about it and refreshÖ
        you will see thereís no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhereÖ


        Comment


        • #5
          Re: Middel jare krisis.

          Louis,

          Hieronder is 'n baie interessante ek ook insiggewende artikel [Manlike oorgangsjare] oor die man se probleem wat hier in hulle 40- tot 50-tigs begin posvat (daar is so punt of twee wat maar kontrovers is en stem ek nie noodwendig saam nie). Ek plaas sommer die hele artikel...

          Manlike oorgangsjare

          Daar is min twyfel dat hormonale veranderings die lewens van 'n beduidende aantal mans om en by 50-jarige ouderdom ordentlik deurmekaarkrap.

          Die mediese professie stry al jare lank oor of daar 'n manlike ekwivalent van die vroulike menopouse is. 'n Vinnige opname by vroue wat met mans in hulle 50's saamleef, sal hierdie debat sonder moeite beŽindig. Die waarheid is dat daar min twyfel bestaan dat hormonale veranderings die lewens van 'n beduidende aantal mans om en by daardie ouderdom ordentlik deurmekaarkrap.

          Dit is goed om te weet dat die opvatting dat ten minste party van die "knorrige ou mans" in ons lewens 'n geldige mediese probleem het, en nie net 'n fiktiewe middeljarige krisis vir hulle buitensporige gedrag blameer nie, deesdae stadig maar seker wetenskaplik aanvaar word.

          'n Hormonale afplatting

          Die sekshormone wat jou 'n man maak deur onder andere die vorming van jou seksuele organe, die produksie van spermselle in jou testes, die groei van jou baard, die aanvuring van jou seksdrif en die verandering van jou stem en spiere word androgene genoem. Dit word in die byniere en testikels geproduseer. Die bekendste is testosteroon, maar daar is verskeie ander hormone soos dehidroŽpiandrosteroon (DHEA), androsteroon en dihidrotestosteroon (DHT).

          Androgene word gedurende puberteit in groot hoeveelhede in jou liggaam vrygestel en bereik gewoonlik tussen 15 en 25 hulle hoogste vlakke. Na die ouderdom van 30 daal testosteroonvlakke met omtrent 10 persent per dekade as 'n natuurlike byproduk van veroudering. Alhoewel die meeste mans vir baie jare daarna gesonde testosteroonvlakke handhaaf, ondervind ongeveer 30 persent in hulle laat 40's en vroeŽ 50's simptome van verminderde testosteroon.

          Verskille tussen mans en vroue

          Daar is natuurlik belangrike verskille tussen wat gedurende menopouse met vroue gebeur en dŪt wat mans op omtrent dieselfde ouderdom ondervind. Terwyl menopouse die algehele staking van die aktiwiteit van 'n vrou se voortplantingsorgane behels, hou mans aan om sperm te produseer en is tot op 'n hoŽ ouderdom nog in staat om kinders te verwek. Die veranderinge wat vroue ondervind, gebeur redelik vinnig, maar by mans is die proses meer geleidelik.

          Verskillende name

          By mans word die nadelige gevolge van lae androgeenvlakke partykeer die "manlike menopouse" genoem, maar die term "andropouse" is meer korrek. Die volgende terme word ook gebruik:
          • verminderde androgeen by die ouer-wordende man (ADAM);
          • testosteroon gebreksindroom (TDS);
          • laat aanvangs hipogonadisme(LOH);
          • viropouse / viropause; en
          • prikkelbare man sindroom (IMS).


          Simptome

          Nie alle mans gaan deur andropouse nie en by diegene wat dit wťl ondervind, kan die graad van die simptome baie verskil. Daar is 'n aantal simptome wat aan andropouse gekoppel word, maar aangesien 'n vermindering van testosteroon ook aan sekere siektes soos diabetes, metaboliese sindroom en Alzheimer se siekte gekoppel word, is die presiese situasie nog redelik omstrede.

          Baie van die simptome van andropouse is soortgelyk aan diť van vroue in hul menoupouse, maar is oor die algemeen minder intens:
          • moegheid, swakheid, gebrek aan stamina, lewenskrag en energie;
          • skete en kwale;
          • verminderde seksdrif en die vermoŽ om 'n sterk ereksie te behou;
          • episodes van impotensie;
          • depressie, lusteloosheid;
          • verwarring, besluiteloosheid, lae selfvertroue;
          • nagsweet, hartkloppings, oormatige sweet;
          • slaapprobleme;
          • onvermoŽ om te konsentreer, aangetaste geheue, stadiger denkproses;
          • woede, knorrigheid, buierigheid, frustrasie en angstigheid;
          • opgeswelde of gevoelige borste;
          • verminderde spiertonus, -grootte en -krag;
          • haarverlies;
          • osteoporose, en
          • 'n vermeerdering van liggaamsvet.


          Behandeling

          Hier is 'n paar van die behandelingsopsies wat dokters vir mans met die simptome van andropouse kan voorskryf:

          Testosteroon vervangingsterapie beoog om jou testosteroonvlakke deur inspuitings, pleisters, kapsules, inplantate, rome of jels te verhoog. Daar is bewyse dat dit simptome soos lae libido, depressie en moegheid by sommige mans verlig. Testosteroon-vervangingsterapie dra die moontlike risiko van verhoogde kanse vir prostaatkanker, hart-, en longsiektes, beroerte en die onderdrukking van testikulÍre funksie.
          • 'n Laevet, hoŽ-vesel dieet. Sekere voedselsoorte is bekend daarvoor dat hulle testosteroon-produksie aanhelp, soos selery, oesters, eiers, amandels, suiwelprodukte en essensiŽle vetsure (bv. in olierige vis soos salm en sardyne).
          • StresverminderingsmaatreŽls en antidepressante medikasie.
          • 'n Gereelde oefeningsprogram.

          The Rapture

          My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
          but I must confess, donít worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          itís before Godís wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          itís for all the people in the zoo
          think about it and refreshÖ
          you will see thereís no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhereÖ


          Comment

          Working...
          X