Announcement

Collapse
No announcement yet.

God en jou swakheid

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Help asseblief God en jou swakheid

    Gebruik God jou swakheid tot Sy Glorie? of gebruik hy jou tot Sy Glorie ten spyte van jou swakheid.

  • #2
    Marline,

    Ek moes al telkemale, wanneer ek swak of onwaardig gevoel het, sien dat God my nie andersins kon gebruik nie. Dit is presies wat hier staan...

    En Hy het vir my gesÍ: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
    (2Kor 12:9-10 AOV)
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Ten spyte van jou swakheid......
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Originally posted by CFJ View Post
        Marline,

        Ek moes al telkemale, wanneer ek swak of onwaardig gevoel het, sien dat God my nie andersins kon gebruik nie. Dit is presies wat hier staan...

        En Hy het vir my gesÍ: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk.
        (2Kor 12:9-10 AOV)
        Wat word hier bedoel met swakheid? Moet jy jou swakheid erken voor daar met jou gewerk word? Aan wie moet jy dit erken. aan jouself, God, of jou medemens? Hang dit van die situasie af? Jammer ek is vanoggend vol dom vrae. Lekker dag
        M

        Comment


        • #5
          Daar is 'n spreekwoord wat se "God kan 'n reguit hou met 'n krom stok slaan" Die instrument wat God gebruik, is dikwels "krom" en onvolmaak. Maar Hy gebruik dit ten spyte van die tekortkominge, Hy swaai die tekortkominge om in iets tot Sy eer!

          Ek dink 'n mens wat nie swak en onwaardig voel nie, is 'n mens wat vol vetroue in homself is, en sy eie krag en pogings word op die voorgrond geplaas. Die "eie ek" kom in die pad, en God kan so iemand moeilik gebruik, omdat hy God nie nodig het nie. Maar iemand wat bewus is van sy eie tekortkominge, en onvermoe, is iemand wat God kragtig kan gebruik, omdat so iemand op God alleen staatmaak. En so kry God alleen die eer, nie die mens nie.

          Ek dink dit is waarna bogenoemde teks verwys, as daar van swakheid gepraat word. En ja, mens moet daarvan bewus wees en dit voor God erken. Maar nie noodwendig voor jou medemense nie, dis 'n saak tussen jou en God.

          Dis hoe ek daaroor dink.

          Comment


          • #6
            In Engels se hulle:

            "God doesn't call the equipped, He equips the called" Of so iets, verskoon tog spelling as dit nie reg is nie

            Comment


            • #7
              Originally posted by marline View Post
              Wat word hier bedoel met swakheid?
              Hierdie swakheid kan soveel dinge insluit, ek dink dit gaan oor ons inherente menswees : ons sondige natuur, en ons al ewige stryd van die vlees teenoor die gees. Eers wanneer ons besef dat ons nie God se Werk op eie stoom kan verrig nie, is wanneer die Heilige Gees regtig deur ons begin skyn.

              Comment


              • #8
                Dankie julle, ek het nou so bietjie met julle kallers geploeg. Ek is lelik oor die vingers getik oor ek nie saam met die studie groep gestem het nie, en hier sÍ julle dit nou als in sulke mooi woorde, en duidellik uiteengesit.

                Comment


                • #9
                  Originally posted by marline View Post
                  Wat word hier bedoel met swakheid? Moet jy jou swakheid erken voor daar met jou gewerk word? Aan wie moet jy dit erken. aan jouself, God, of jou medemens? Hang dit van die situasie af? Jammer ek is vanoggend vol dom vrae. Lekker dag
                  M
                  marline,

                  In kort sou ek reken dat swakheid op menslike feilbaarheid neerkom en mens erken dit aan jouself, God en elke ander, want dit is iets wat niemand kan ontken nie, nie teenoor jouself, God of enige ander mens nie, dit is maar net die eerlike waarheid. Dit sal uiteraard van situasies afhang, watter "tipe" swakheid teenwoordig is, maar sekere dinge sal altyd so wees, gemeet aan menslike feilbaarheid. As God deur mens werk kan mens ongelooflike goed vermag, maar dan doen mens dit omdat God deur mens werk.
                  The Rapture

                  My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
                  but I must confess, donít worry
                  the rapture is not before the Great Tribulation
                  itís before Godís wrath!!!

                  Because His wrath is not meant for you
                  itís for all the people in the zoo
                  think about it and refreshÖ
                  you will see thereís no way out of here, in the flesh

                  If you really believe, you will see
                  the rapture is for you and me
                  when we decide to leave from here
                  that very day, oh! God adhereÖ


                  Comment

                  Working...
                  X