Announcement

Collapse
No announcement yet.

Klippe sal die uitroep!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Klippe sal die uitroep!

    Klippe sal dit uitroep!


    E-pos van CUM Uitgewers:
    Ontvang: 19 Oktober 2017

    Beste Gerhard

    Baie dankie dat u Christelike Uitgewersmaatskappy oorweeg het vir die moontlike publikasie van u manuskrip.
    Dit spyt my om u mee te deel dat ons nie u manuskrip vir publikasie aanvaar het nie. Dit pas ongelukkig nie in die huidige publikasieskedule van Christelike Uitgewersmaatskappy nie. ’n Uitgewer se publikasiebehoeftes word gekoppel aan die beskikbaarheid van soortgelyke publikasies in die mark, markaanvraag vir die bepaalde onderwerp, en manuskripte reeds in beplanning vir die volgende vrystellingsiklus.
    Geen korrespondensie word ongelukkig oor afgekeurde manuskripte gevoer nie.
    Vriendelike groete
    CUM Uitgewers

    From: Odette de Kock
    Sent: Wednesday, September 27, 2017 4:08 PM
    To: 'biblestudents@imaginet.co.za' <biblestudents@imaginet.co.za>
    Subject: FW: voorlegging vir publikasie: 'Die Hart van die Evangelie'

    Let op: 'soortgelyke publikasies in die mark' en 'manuskripte reeds in beplanning vir die volgende vrystellingsiklus'.

    Tot skande van alle Godgeleerdes van heel die Christendom sedert die Hervorming!

    Skande dat niemand, veral geen Protestant, iets 'soortgelyk' 'vrygestel' of enigsins 'in die mark' onder skrywers, denkers, teoloŽ, christelike uitgewersmaatskappye of wat ookal kon voorstel, of selfs net instaat was om te 'beplan' nie, en dat dit 'n klip moes wees wat "die skietlood oor leegtes van godverlatenheid" moes span om die Woord van Christus in sy Koninkryk van Pasga-Lyding en Sege uit te roep!

    Nog 'n steen van aanstoot uit julle pad uit? Ons sal sien!!
Working...
X