Announcement

Collapse
No announcement yet.

DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

    IN BEELD: DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

    Dr. Isak Burger

    Daar is tans ’n natuurvideo in omloop waarin vyf leeus ’n buffel plattrek. Die buffel is al erg beseer toe die leeus onderling begin baklei en die buffel in die proses kans kry om op die been te kom en te ontsnap.

    Dié video het my laat dink aan ’n soort ingryping van God wat ’n paar keer in die Bybel vermeld word, naamlik dat Hy verwarring onder die vyande van Sy volk gebring het en hulle mekaar self in die proses uitgewis het sonder dat Israel veel hoef te gedoen het.

    Die bekendste geval is seker dié van Gideon met sy 300 manne teen die menigte Midianiete en waar ons lees dat “die Here die swaard van die een teen die ander gerig het”. (Rigt. 7:22)

    2 Kron. 20:22+23 vertel hoe die Here vir ’n oormag vyande wat op Jerusalem toegesak het ’n “hinderlaag opgestel” het en hoe hulle “mekaar in die verderf gehelp” het.

    Die Here het ongewone maniere om met Sy vyande te werk. Ja, God het inderdaad vyande. Veral mense wat leuens, valsheid, korrupsie en bedrog eerder as die waarheid kies, posisioneer hulself as vyande van God.

    Hy is die hoogste uitdrukking van waarheid. Trouens, Hy word “Waarheid” genoem. Waarheid word aan Hom gemeet.

    Hy is die definisie van waarheid. God kan nie met leuens en leuenagtiges geassosieer word nie.

    Die laaste paar weke is Suid-Afrika toenemend ontsier en onteer deur politieke slinkshede, intriges, bedrog, valsheid, sameswerings, korrupsie en leuens – en dit veral deur hulle in die hoogste gestoeltes.

    Dis sleg as hulle wat die land moet regeer kwalik enige geloofwaardigheid meer in die oë van die landsburgers het.

    Hiermee posisioneer ek God nie soseer teen ’n politieke party nie, maar teenoor mense wat ter wille van magsug en hebsug sal lieg, bedrieg, konkel, saamsweer en selfs moor om hul selfsugtige doelwitte te bereik.

    Terwyl eerbare mense uit verskillende sektore van ons samelewing al hoe meer probeer om korrupsie en bedrog in ons land te ontmasker en te beveg, is meer Christene as ooit tevore ook diep onder die indruk van die rol wat hulle kán en behóórt te speel.

    Die laaste paar maande het individuele gelowiges, gebedsgroepe en kerke op ’n ongekende wyse tot die Here vir Sy ingrype gebid. Hierdie geestelike ontwaking en mobilisering reflekteer dalk nie in die media nie, maar wel dáár waar dit regtig saakmaak – voor God se troon.

    Dit word al hoe duideliker dat daar grootskaalse verwarring en tweespalt onder die vyande van waarheid en geregtigheid plaasvind.

    Mense van karakter, met ’n sin vir waarheid en integriteit, vind hulself al hoe meer genoop om onder die donker skadu van bedrog en korrupsie uit te beweeg en standpunt in te neem – selfs teen hul eie partylede en jare lange kamerade.

    As magsugtige politieke roofdiere onder mekaar begin veg, is daar dalk hoop dat ’n gekweste land kan ontkom en oorleef.

    Dalk aanskou ons ook nog soos Israel van ouds dat ’n Godgestuurde verwarring ’n hoopvolle toekoms vir Suid-Afrika inhou!
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…



  • #2
    Re: DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

    Ek lees die op Facebook raak. Dis baie interessant en sien presies dieselfde dinge raak. Sien julle dit ook so?
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…


    Comment


    • #3
      Re: DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

      Dit is inderdaad iets om mens se hoop op te sit. Al redding wat ons kan hê in hierdie gebroke land.

      Hoe ek dit sien is dat die bose magte ons presies het waar hulle ons wil hê en alles in hulle vermoë sal doen om dit so te hou. Dis asof elke Christelike land of volk regoor die wêreld die laaste tyd erg geteiken word. Kyk maar hoe gaan dit in Europa, Amerika, Suid-Afrika, ens. Oral waar Christenskap basies die oorheersende geloof was of is. Intussen wil dit voorkom asof dit heel goed gaan en self vooruitstrewend gaan met die kommunistiese en ander lande.

      Daar is 'n massiewe oorlog huidiglik aan die gang waarvan min mense weet. En ek vrees die rigting waarin alles beweeg as God nie gaan ingryp nie. Ons land is, ek dink, 'n voorbeeld van wat die bose wil hê moet met die hele wêreld gebeur.

      Comment


      • #4
        Re: DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

        Het enige iemand opgemerk hoeveel teestand gister (30ste oktober) se saamtrek van die boere teen misdaad en plaasmoorde ontlok het? Boere het letterlik op hulle kniee reg oor die land gaan staan en saam bid, en dit het teestand ontlok...

        Asof dit 'n groot misdaad is om menselewens te probeer bewaar en op te staan vir jou regte as landsburgers.

        Is dit nie reg van die duiwel homself nie? Dit is mos presies hoe hy reageer..

        Comment


        • #5
          Re: DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

          Hierdie prentjie vertel presies waarop jy sinspeel RR. Die verskil in hoe betoog word...

          IMG-20171030-WA0022.jpg
          The Rapture

          My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
          but I must confess, don’t worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          it’s before God’s wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          it’s for all the people in the zoo
          think about it and refresh…
          you will see there’s no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhere…


          Comment


          • #6
            Re: DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

            'n Verenigde Suid Afrika sal nooit werk nie RR. Dis onredelik om dit te verwag, van 'n sekulêre sisteem en dan eenheid in Christus te bepleit, soos mens so baie sien. Selfs die meerderheid Afrikaners is nie gelowiges nie, maar daar is wel gemene delers wat Afrikaners makliker bymekaar sal hou as bloot net Suid Afrikaners.

            Gedwonge integrasie is veel erger as gedwonge segregasie en as mense weens logiese redes bevooroordeeld gaan wees (hulle is nie almal in Christus nie), forseer mens hulle saam of hou mens hulle uit mekaar uit? Ek het nie 'n antwoord vir die absolute chaos waarin hierdie land verkeer nie, maar om Satan se toring van Babel te bepleit, versus volke of lede in volke wat selfbeskikking bepleit, is nie eers naasteby op dieselfde skaal nie. Die liewe Here weet dat wanneer volke saamdrom, dan staan hulle eerder teen Hom op, as wat hulle vir Hom sal opstaan. Dis net logies as Hy volke binne grense daargestel het, dat enige sinvolle Christelike pleit-rede, iets moet wees wat Sy ordes sal VERHEF, teenoor Satan se orde van sogenaamde eenheid tussen nasies.

            Binne Christus verander so argument, maar in die wêreld is dit dwaas om enige eenheid te bepleit, waar die massas buite geloof in God staan. Ons sien voor ons oë afgeskilder, hoe hierdie sintetiese volk (insluitend 'n sintetiese vlag en -volkslied) wat die wegbereiders van globalisme geskep het, besig is om in totale anargie weg te sink. Hoe kan mens ander mense verkwalik wat aan egte volksbesit vashou, om dit net so op die asgate te gaan gooi, vir iets sinteties, oneg en onnatuurlik??? Toe Kommunisme val, toe versplinter die USSR en dit was nie vals, sinteties of onnatuurlik waarin hulle as ware volke, met ware volksliedere en egte vlae in versplinter het nie! Gedwonge integrasie kan nie werk nie, Daniel 2:43 spreek teen hierdie vermenging, wat nie aan mekaar sal of kan kleef nie.. Hoe bid mens vir iets wat nie sin kan maak nie?

            Dat die finale tydvak sal aanbreek van totale verval, is egter 'n Bybelse waarheid, al is die dinge wat mens gaan waarneem totaal onlogies en selfs belaglik, moet mens dit so aanvaar, maar mens hoef nie hierdie dinge na te praat... of goed te praat nie. Die Nuwe Suid Afrika is geen plek om op trots te wees nie. Dit was bedrog van die begin af en 'n leuen word maar mettertyd deur die waarheid ingehaal. Ons is nou daar..
            The Rapture

            My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
            but I must confess, don’t worry
            the rapture is not before the Great Tribulation
            it’s before God’s wrath!!!

            Because His wrath is not meant for you
            it’s for all the people in the zoo
            think about it and refresh…
            you will see there’s no way out of here, in the flesh

            If you really believe, you will see
            the rapture is for you and me
            when we decide to leave from here
            that very day, oh! God adhere…


            Comment


            • #7
              Re: DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

              Baie goed gestel. Dit is presies hoe ek dit ook verstaan en presies wat ek ook sien. Ek glo ons is inderdaad aan die einde van die kerk era. Ons tyd(die tyd van die 'Gentiles') is besig om oor te gaan. Soos Israel Jesus verwerp het meer as 2000 jaar terug, is dit nou die westerse lande wat Hom stadigaan al meer verwerp.

              Alhoewel ons moet vasklou aan elke greintjie hoop, sien ek nie dat ons 'n beter Suid Afrika binnekort weer gaan sien nie. Soos ek reeds genoem het, glo ek die res van die wêreld gaan dieselfde paatjie loop as ons.
              Daniel 2:43 was nie gemik spesefiek vir Suid Afrika nie. Dit gebeur wêreldwyd. En ons is die bewys, 'n waarkuwing aan die res van die wêreld dat dit nooit kan werk nie.

              Comment


              • #8
                Re: DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

                Originally posted by RR van Wyk View Post
                Daniel 2:43 was nie gemik spesefiek vir Suid Afrika nie. Dit gebeur wêreldwyd. En ons is die bewys, 'n waarkuwing aan die res van die wêreld dat dit nooit kan werk nie.
                En is dit nie 'n goeie waarskuwing nie..., mens moet net oplet in die klas
                The Rapture

                My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                but I must confess, don’t worry
                the rapture is not before the Great Tribulation
                it’s before God’s wrath!!!

                Because His wrath is not meant for you
                it’s for all the people in the zoo
                think about it and refresh…
                you will see there’s no way out of here, in the flesh

                If you really believe, you will see
                the rapture is for you and me
                when we decide to leave from here
                that very day, oh! God adhere…


                Comment


                • #9
                  Re: DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

                  Ek dink ook dat mense die probleem probeer reduseer na 'n enkele of net 'n paar verskille toe. Wat ek gevind en beleef het is dat die mense van die Wes Kaap baie maklik inval by baie standpunte wat ek nooit sal ondersteun nie. Maar wanneer jy na die onderliggende probleme gaan kyk dan vind jy dat ek kom uit 'n geslag waar van my voorsate in konsentrasiekampe oorlede is, my een oupa se hele gesin is uitgeroei, die ander moes noodgedwonge stad toe trek want hy was te oud om weer te begin. My skoonpa self moes wegkruip tydends die rebellie in 1922/4, van my aangetroude familie, my een swaer, is van Louis Trichardt se afstammelinge en is hy nogsteeds as voorsitter van die Trichardt stigting, en die mense moes veg vir elke stukkie vooruitgang. In die veertigs moes die Afrikaanssprekende veg vir gelykheid in besigheid want die Jode en Engelse het alles oorheers. Dan was Hettie se oom Johannes van der Walt die stoeier, en was hy ook ‘n luitenant in die ou Ossewa Brandwag en het my skoonpa elke dag gaan help met sy versorging tot sy dood toe. Dan is my een dogter se skoonouers op hul plot buite Pretoria aangeval en is haar skoonma gedood en skoonpa gelos vir dood, en nou sit hulle in Australië. En dit verstaan baie Wes Kapenaars nie, want hulle het dit nie beleef nie.

                  So vir my is dit onmoontlik om saam met baie van die partye buite die ANC saam te stem want ek weet hoe my voorsate moes veg vir dit wat hulle het, en al die ander reenboogpartye nie 'n idee het wat dit gekos het om te kom waar ek vandag is nie. Ek was die eerste persoon in ons huisgesin van 7 kinders wat matriek kon skryf en moes self betaal vir my universiteits opleiding, en dit deur deeltyds te studeer. Nie een van die 4 ouer as ek het die geleentheid gehad om verder as standerd 8 te studeer nie, maar almal het hulle self opgewerk om 'n staanplek in die lewe te kry. Die 2 na my het dit baie makliker gehad want daar was 'n redelike gaping en my jonger suster was eintlik 'n "glips". Toe het my ouers besluit om maar nog 'n boetie of sussie vir haar te kry.

                  So ek is 'n "boer" in murg en been, en sal altyd een bly. Ek gun elkeen sy plekkie in die son, want snaaks genoeg het my pa later jare Indiër vennote in sy besigheid gehad wat hy ook van niks opgebou het tot hy die dag oorlede is. Ons het saam met Boesak se kinders op die plaas by my oupa gespeel en het hy en sy vrou elke aand saam met almal huisgodsdiens gehou.

                  Maar nou kyk ons na hoeveel partye staan vir dit wat ek in glo, en ja die verhaal in Genesis 11 oor Babel het vir seker 'n invloed op my sienswyse. Dan sien jy hoe skrik ‘n omie in Jeffreysbaai toe ek hom die dag vra wat is die verskil tussen die ANC en die DA se arbeidsbeleid, en ek vir hom wys daar is geen verskil nie. Almal wil die blankes, veral die Afrikaanssprekendes uit die ekonomie uitwerk deur hul standpunte, en dit sluit baie blankes in. Maar hulle het nie ‘n idee van my agtergrond nie. Nou vind jy uit dat almal ‘n weergawe van sosialisme volg wat die staatsdiens al groter maak en die mense al hoe meer afhanklik van die staat maak. En voor jy jou oë uitvee, dan is jou land en alles wat daar was, verwoes, en is anargie die enigste optrede.

                  Al wat ek vra is dat ek dieselfde geleentheid gegun word as alle Suid Afrikaners, en nie moet hoor wanneer jy gevra word om vir besigheid te tender by die staat dat jy hierdie maatskappy as jou BEE vennoot moet gebruik nie. Dan maak jy soos ek gemaak het en loop weg en dan skarrel almal rond wat hulle weet hulle tender is rondom jou produk geskryf en probeer hulle selfs om direk met die verskaffers in Kanada te onderhandel, maar hulle word net terug verwys na my toe. Op die ou einde is alles gekanseleer en moes hulle maar nog 4 jaar sukkel voor hulle met hul volgende tender kon uitkom. En ja, my besigheid het sy alie gesien, maar ek weier om omkoopgeld te betaal.

                  So ek erken ek is volgens baie mense ‘n rassis, maar ek beskerm net my regte. My hele lewe word bepaal deur die Bybel en hoe die HERE wil dat elkeen sal optree. Maar moenie met Mattheus 5 kom en sê ek moet die ander wang ook hou nie, want dan verstaan jy nie waaroor die gedeelte gaan nie. Dit gaan daaroor dat niks wat ek ooit kan doen my in die hemel gaan kry nie, maar slegs Jesus as middelaar.

                  Net my paar sente vir wat dit werd is.
                  Shama - A primitive root; to hear intelligently (often with implication of attention, obedience, etc.; causatively to tell, etc.): - X attentively, call (gather) together, X carefully, X certainly, consent, consider, be content, declare, X diligently, discern, give ear, (cause to, let, make to) hear (-ken, tell), X indeed, listen, make (a) noise, (be) obedient, obey, perceive, (make a) proclaim (-ation), publish, regard, report, shew (forth), (make a) sound, X surely, tell, understand, whosoever [heareth], witness

                  Comment


                  • #10
                    Re: DALK KAN ONS GEKWESTE LAND ONTKOM

                    Originally posted by Louwrens Erasmus View Post

                    So ek erken ek is volgens baie mense ‘n rassis, maar ek beskerm net my regte.
                    Dit het darem 'n goedkoop woord geword Louwrens. Dis soos om sogenaamd antisemities te wees. Jy mag dit nie waag om iets negatief of eerder 'n reguit-waarheid te sê nie, dan haat jy kamma. Ek is enige dag dan 'n rassis, maar my verstaan is die van etniese realis...
                    The Rapture

                    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                    but I must confess, don’t worry
                    the rapture is not before the Great Tribulation
                    it’s before God’s wrath!!!

                    Because His wrath is not meant for you
                    it’s for all the people in the zoo
                    think about it and refresh…
                    you will see there’s no way out of here, in the flesh

                    If you really believe, you will see
                    the rapture is for you and me
                    when we decide to leave from here
                    that very day, oh! God adhere…


                    Comment

                    Working...
                    X