Announcement

Collapse
No announcement yet.

Een van die dae terug

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Een van die dae terug

    Hi al julle Suid Afrikaners

    Ek het goeie nuus gekry. Ek gaan erens so vanaf 18 Januarie volgende jaar terug huistoe. Ek is redelik opgewonde, maar het ook gemengde gevoelens rondom huis toe gaan. Ek is nog nie eens seker waar ek gaan bly as ek terug keer nie. Die belangrikste dink ek op hierdie staduim dat dit soveel makliker vir my gaan wees daardie kant om myself te help en weer op my voete te kom. Dis nogal senu tergend om te weet dat ek moet terugkeer en ek het niks.

    Ek wil vra dat julle asb saam met my sal bid, dat die Here vir my die nodige deure sal oopmaak daardie kant. Ek moet eerstens 'n kerk kry waarby ek kan aansluit. (dis seker die belangrikste en die lekker is ek sal die diens in my eie taal kan geniet en verstaan..........ek kan amper nie wag nie.) Ek moet ook blyplek kry en 'n werk. So as julle asb regtig net saam my kan bid sal ek dit baie waardeer. Aan die ander kant is ek beitjie katvoet, want ek keer terug na 'n bekende omgewing, en alles wat my in die afgrond ingestuur het, is daar. Bid asb dat ek net aan God alleen sal vashou al is die toekoms op hierdie staduim bietjie donker. Ek het God alreeds vir so baie dinge vertrou en soms het ek nie alles raakgesien wat Hy vir my tot dusver gedoen het nie, maar Hy was nog net goed vir my.

    Verder is ek trots Suid Afrikaans................en kan amper nie wag om weer in ons mooi land terug te keer nie!
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  • #2
    Hi al julle Hongare...

    Dis reg Linda, ek is seker jy sal regkom en daar wag iets groter vir jou as wat die oog kan sien. Ek bid graag vir jou en glo dat God jou persoonlike Helper en Raadsman is, dis ongelooflik om net te dink daaraan!
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…


    Comment


    • #3
      Linda , ons kan jou onsekerheid verstaan . Jy gaan nou egter terug met n 'Passasier' as 'verstekeling' in jou hart! Hy is saam met jou Hongarye toe ook , maar jy het dit nie geweet nie. Om jou daar vir Hom voor te keer en vir die Koning op te eis! Jy het seker n baie spesiale plekkie in jou hart vir Hongarye want dis jou 'voorkeerland'. Die Here se egter ook Hy het ons nie n gees van vreesagtigheid gegee nie en daarom hoef jy nie bang te wees om terug te kom nie ,want Jesus is jou Metgesel , jou Beskermheer, jou Vriend. Wat meer kan ons vra? Vrees is van die vyand daarom moet jy dit uit jou gedagtes dwing met n wilsbesluit. Ons hou jou voor die Vader in ons gebede!

      Comment


      • #4
        Lindakie, onthou net, die Satan kom om te steel en te verwoes, en hy sal altyd sy bes met jou probeer, maar dit moet jy onthou< Jesus het hom/satan oorwin, en jy is deel van Hom/Jesus, en Jesus is in jou deur Sy Gees. Jy is deel van die Wen-span.


        Hê iets tasbaar wat jou aan G_d se teenwoordigheid herinner, en dra dit saam met jou..... en onthou HY sal jou NOOIT begeef of verlaat NIE!!!
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Hi Linda, dis fantasties.. Jy het so gegroei, dat ek weet jy sal Satan se aanslae met die Woord kan weerstaan. Onthou van die versies wat ek jou van vertel het wat my vriendin se ma in haar skoene sit, sodat sy letterlik op die Woord van die Here staan? Ons bid jou alle sterkte toe.

          Comment


          • #6
            LINDAAAA!!!! LINDATJIE!!!!! Hoeiiii!!! Gaan jy ons nou vertel of jy 'n kaartjie gekry het????

            Comment


            • #7
              Ek sal vandag bevestiging he, ek het twee datums in einde volgende week. Ek moes amper 'n hele boek kompleet voordat ek gehelp kan word, omdat my visa verstrek het. So sal hopenlik teen die einde van die dag, die tyd en datum he. Jy kan nie oor vertel watse "slep" die hele episode was nie.......
              Saved by Grace!

              Praying for Mieke and Charles
              Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


              My testimony
              http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

              Comment


              • #8
                dit klink omtrent na schllepp! Siestog girl, darem is dit nou gedoen. Ek hou styf duime vas.

                Comment


                • #9
                  Daarsy Marline, ek het vir jou 'n datum. Ek vetrek die 15 Januarie en sal die 16 terug wees, in 'n heerlike sonnige, wonderskoon.........SUID AFRIKA!
                  Saved by Grace!

                  Praying for Mieke and Charles
                  Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                  My testimony
                  http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                  Comment


                  • #10
                    Hi Linda, so bly vir jou!!! Die sonskyn is hier, maar ek weet nou nie van die skoon nie.

                    Comment


                    • #11
                      As jy terug is moenie van ons vergeet nie hoor...
                      The Rapture

                      My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
                      but I must confess, don’t worry
                      the rapture is not before the Great Tribulation
                      it’s before God’s wrath!!!

                      Because His wrath is not meant for you
                      it’s for all the people in the zoo
                      think about it and refresh…
                      you will see there’s no way out of here, in the flesh

                      If you really believe, you will see
                      the rapture is for you and me
                      when we decide to leave from here
                      that very day, oh! God adhere…


                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by CFJ View Post
                        As jy terug is moenie van ons vergeet nie hoor...
                        Glad nie, ek sal hopenlik vir eers maar internet kafee's gebruik om kontak te maak. Hier is te veel vriende hier, wat my deurgetrek het! Dankie Ferdi, dat jy een van hulle is!
                        Saved by Grace!

                        Praying for Mieke and Charles
                        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                        My testimony
                        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                        Comment


                        • #13
                          Linda , ons is SOOO bly oor die nuus! Nou kan jy die slapies begin tel!

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by protea View Post
                            Linda , ons is SOOO bly oor die nuus! Nou kan jy die slapies begin tel!

                            Glo my..........ek het reeds begin tel, en vadag is ek reeds een slapie nader. Ek kan regtig nie wag nie!
                            Saved by Grace!

                            Praying for Mieke and Charles
                            Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


                            My testimony
                            http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by MercyChild View Post
                              Glad nie, ek sal hopenlik vir eers maar internet kafee's gebruik om kontak te maak. Hier is te veel vriende hier, wat my deurgetrek het! Dankie Ferdi, dat jy een van hulle is!
                              Hi linda,

                              Bly om te hoor alles begin in plek val, die design is immers perfek volgens plan

                              As jy selfoon gaan kry, kan blackberry dalk opsie wees ,want dan kan jy op die die forums ook oral access, en daar is nie limiet op surf op die foon nie? Weet net nie hoe groot screen is nie ( sorry /// jammer oom , ma ek werk elke dag met ingilse )
                              Dis alles net genade -Ma Grace
                              "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                              Comment

                              Working...
                              X