Announcement

Collapse
No announcement yet.

Alles met 'n doel

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Bespreking Alles met 'n doel

    My man se kontrak is na 7 jaar in India nie hernu nie. Dit het baie skielik gebeur en ons heeltemal onkant gevang. Ons het nogal gewonder wat die doel agter hierdie gebeurtenis is. Vandag het sy Ma 'n hartaanval gekry, sy is in die hospitaal. Hy is die enigste oorlewende kind. Ek kan my net voorstel hoe dit sou wees as hy nog in India was.

  • #2
    Jy is moontlik een van die gelukkiges Marline, maar soos dit vir my lyk, ontstaan daar maar redelik baie probleme in 'n huwelik as die man oorsee werk en net nou en dan huis toe kom.

    Om terug te kom na julle wat onkant gevang was en toe tog 'n doel daaragter gesien het, dit is soms die soeke na 'n doel soos hierdie wat sekere mense heeltemal depressief laat. Persoonlik glo ek dat die doel wat God met tye het, baie duideliker is as wat die mens dit graag sal wil sien. Om die doel te sien maak ook dat mens God se wil makliker aanvaar.
    The Rapture

    My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
    but I must confess, don’t worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    it’s before God’s wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    it’s for all the people in the zoo
    think about it and refresh…
    you will see there’s no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhere…


    Comment


    • #3
      Originally posted by CFJ View Post
      Jy is moontlik een van die gelukkiges Marline, maar soos dit vir my lyk, ontstaan daar maar redelik baie probleme in 'n huwelik as die man oorsee werk en net nou en dan huis toe kom.

      Om terug te kom na julle wat onkant gevang was en toe tog 'n doel daaragter gesien het, dit is soms die soeke na 'n doel soos hierdie wat sekere mense heeltemal depressief laat. Persoonlik glo ek dat die doel wat God met tye het, baie duideliker is as wat die mens dit graag sal wil sien. Om die doel te sien maak ook dat mens God se wil makliker aanvaar.
      Ek moet darem se dat dit deur genade is dat ons nog bymekaar is. Soveel van sy Kollegas wat saam met hom in India gewerk het, se huwelike het dit nie gemaak nie.

      Dis waar dat mens nie altyd die doel agter 'n gebeurtenis kan identifiseer nie, maar ek glo dat ons lewe deur die Here gereel word, en niks gebeur toevallig nie. Aan die ander kant is ons nie poppe in 'n poppespel nie, en het gesonde verstand gekry om vir onsself te dink, maar moet ons laat lei deur die HG.

      Comment

      Working...
      X