Vanuit 'n bybelse perspektief, is daar net een enkele manier om outoriteit of gesag aan enige skrif of skrifgedeelte te verleen... en dit is, die Bybel moet dit self bevestig. Die grootste Afrikaanse gespreksforum, Boerevryheid, is deurspek met ongegronde kwasi inligting en na vele oorwegings, het ek besluit om een van die gevaarlikste sienswyses daar, te ondersoek aan die hand van die Skrif. Soms kos dit net inspirasie en ander kere moet mens net op die regte webbladsy beland, dan is die inspirasie daar. Elkeen is welkom om te kyk of hierdie inligting akkuraat is, maar sovêr ek kon vasstel lyk dit akkuraat en mens kan hierdie weer gebruik, veral omdat dit in Afrikaans is.
As JEDP se skim skrywers bestaan, waar in die Bybel, word melding van hulle gemaak? Miskien moet mens net eers oorsigtelik wys wat JEDP werklik is en waar dit vandaan kom en vir doeleindes vir hierdie argument, word vanuit hierdie bron vry vertaal oor na Afrikaans, deur dit slegs as basis te gebruik. JEDP is ook bekend as die Dokumentêre Hipotese (DH). Let veral daarop dat dit 'n hipotese is, wat deur HAT as volg verklaar word;
Die eerste spore dat verskeie beweerde skrywers betrokke was by die opstel van hierdie boeke, was voorgehou deur 'n Fransman, Jean Astruc in 1753. Dit is dan ook hierdie boek ("Conjectures on the original documents that Moses appears to have used in composing the Book of Genesis. With remarks that support or throw light upon these conjectures.) wat hy in 1753 bekend gestel het, wat hom bekend gemaak het, soos hier gelees kan word. Astruc was net vir interessantheid die seun van 'n Protestantse predikant, maar hy het oorgegaan na Rooms Katolisisme toe. Tog was die eintlike verklaarder of eksponent van die JEDP teorie, Julius Wellhausen gewees. Hy het beweer dat die dele in die Ou Testament wat met bepaalde gesofistikeerde leerstellings handel, nie leerstellings was wat deur die lewende God openbaar was/is nie. Skynbaar was dit leerstellinge wat op 'n laer vlak van denke weergegee is en hou verband met, politeïsme (veelgodery), spiritisme, voorvader-geesaanbidding ensomeer. Oor hierdie rede was dit nodig gevind om latere skrywers te fabriseer en een van die hoof-argumente was dat die skryfkuns nog nie bestaan het in die tyd van Moses nie.
Die JEDP teorie of Dokumentêre Hipotese, ondermyn dus die gesag van die skepping in Genesis, die sondeval en die vloed gebeure, asook die hele patriargale geskiedenis van Israel. Dit veronderstel dat die Ou Testament in wese een enorme letterkundige bedrogspul is en bervraagteken nie net Moses nie, maar ook die geloofwaardigheid en godheid van Jesus Christus. Die 5 eerste boeke van die Bybel gaan in wese oor Jesus Christus en vele parallelle kan getrek word, soos byvoorbeeld;

hipotese (-s) 1 Onbewese stelling wat moet dien as grondslag vir redenering; veronderstelling; Van 'n hipotese uitgaan. 2 Voorlopige veronderstelling wat gebruik word om iets anders te bewys. 3 Ongegronde veronderstelling; gissing: Daardie mening is nog suiwer hipotese, want daar is geen bewys voor nie.
JEDP of die dokumentêre hipotese (DH) word in wese as 'n liberale/kritiese denkwyse beskou wat ontken, dat Moses die eerste 5 boeke van die Bybel geskryf het, naamlik Gen, Exo, Lev, Num en Deut. Die eerste 5 boeke van Moses is ook bekend as die Pentateug of die Torah, soos dit by Jode bekend is. DH of JEDP leer dat verskeie, onbekende skrywers of outeurs die eerste 5 boeke geskryf het (asook dele in die res van die Ou Testament). Hierdie skrywers wat anoniem is en tot 900 jaar na Moses geleef het, het skynbaar hierdie beweerde werke gelewer. JEDP of DH kan as volg opgesom word;- J (staan vir wat DH sou noem, Jawist) het skynbaar tussen 900 en 850 voor Christus geleef. Hy/sy/hulle het blykbaar al die mites en legendes opgeteken oor Babilon en ander nasies en hierdie stories is bygevoeg by die kampvuur-stories van die Hebreërs. Al hierdie stories verwys direk na die bybelse gedeeltes, waar die Hebreeuse letters JHWH (Jahwe of HERE in die Ou Arfrikaanse Vert.) vir God gebruik word.
- E (wat vir Elohist staan) het skynbaar tussen 750 en 700 voor Christus geleef in die noordelike koninkryk van Israel en het al die dele in die Bybel geskryf waar God as Elohim voorgestel word.
- D het volgens hierdie hipotese die meeste van die boek Deuterenomium geskryf en heel waarskynlik verwys dit volgens hierdie ongegronde veronderstelling, na die boek soos gevind in 2Kon 22:8, ongeveer 621 voor Christus.
- P veronderstel om 'n Priester (of priesters) voor te stel wat tydens die ballingskap in Babilon geleef het en volgens bewering 'n kode opgestel het oor heiligheid vir die mense.
- Verskeie outeurs R (van die Duitse Redakteur) het bogenoemde alles skynbaar saamgestel.
Die eerste spore dat verskeie beweerde skrywers betrokke was by die opstel van hierdie boeke, was voorgehou deur 'n Fransman, Jean Astruc in 1753. Dit is dan ook hierdie boek ("Conjectures on the original documents that Moses appears to have used in composing the Book of Genesis. With remarks that support or throw light upon these conjectures.) wat hy in 1753 bekend gestel het, wat hom bekend gemaak het, soos hier gelees kan word. Astruc was net vir interessantheid die seun van 'n Protestantse predikant, maar hy het oorgegaan na Rooms Katolisisme toe. Tog was die eintlike verklaarder of eksponent van die JEDP teorie, Julius Wellhausen gewees. Hy het beweer dat die dele in die Ou Testament wat met bepaalde gesofistikeerde leerstellings handel, nie leerstellings was wat deur die lewende God openbaar was/is nie. Skynbaar was dit leerstellinge wat op 'n laer vlak van denke weergegee is en hou verband met, politeïsme (veelgodery), spiritisme, voorvader-geesaanbidding ensomeer. Oor hierdie rede was dit nodig gevind om latere skrywers te fabriseer en een van die hoof-argumente was dat die skryfkuns nog nie bestaan het in die tyd van Moses nie.
Die JEDP teorie of Dokumentêre Hipotese, ondermyn dus die gesag van die skepping in Genesis, die sondeval en die vloed gebeure, asook die hele patriargale geskiedenis van Israel. Dit veronderstel dat die Ou Testament in wese een enorme letterkundige bedrogspul is en bervraagteken nie net Moses nie, maar ook die geloofwaardigheid en godheid van Jesus Christus. Die 5 eerste boeke van die Bybel gaan in wese oor Jesus Christus en vele parallelle kan getrek word, soos byvoorbeeld;
Presies 3uur die middag is die paaslam geslag en het die Israeliete die bloed aan die deurkosyne gesmeer. Presies op die 3de dag het hulle deur die Rooisee getrek en 50 dae later het hulle die wet van Moses op die berg Sinai ontvang. In lyn hiermee het Jesus, ons paaslam wat vir ons geslag is, 3uur die middag gesterf en op die 3de dag opgestaan. Vyftig dae later was die Heilge Gees uitgestort en het presies gebeur, soos die skaduwee van Christus in die Pentateug reeds aangedui het.
Die doel van hierdie draad is uit en uit om te bepaal of die Bybel aantoon dat Moses die skrywer van die eerste 5 boeke of Pentateug was en of die Bybel enigsins aantoon dat daar ander skrywers was. Vervolgens sal daar dan ook gekyk word of Moses een van die skrywers kan wees, naamlik, J, E, D, P of R en ook waar in die Skrif word bevestig dat Moses wel die outeur was, van die Pentateug. Hierdie bewyse wat die Skrif self uitwys, sal ook toets of die anonieme skim skrywers van die JEDP teorie, enigsins ernstig opgeneem kan word.
Comment