Hoekom hierdie forum ?
Ek dink dit is ‘n belangrike vraag om te vra.
As die Bybel nie ’n wetenskaphandleiding is nie, hoekom is dit nodig om wetenskap en die Bybel met mekaar te konnekteer ?
Die antwoord is heel eenvoudig :
Baie wetenskappe word beoefen met sekondêre redes. Bo en behalwe die soeke na nuwe kennis wil dit voorkom asof daar ’n daadwerklike poging is om God in die oë van mense dood te maak. Die boodskap word op kinders af-forseer by skole. As mens die TV aansit is daar ’n program oor evolusie wat vir ons spesifiek vertel hoe onmoontlik dit is vir God om die skepping tot stant te gebring het...en dit is juis hier waar die probleem lê.
Die probleem is nie met die wetenskap van evolusie per se’ nie, maar die manier hoe dit opgedis word aan die mense : ’n daadwerklike teenpool van die Bybelse skeppingsverhaal, en die Meganisme en metodiek van die skepping.
Hierdie forum dien mynsinsiens as ’n teenvoeter vir hierdie pogings, ’n plek waar mense sal sien dat Christen wees en die wetenskap nie noodwendig teenoor mekaar hoef te staan nie, en waar Christene kan sien dat daar wel ’n alternatief is vir sekulêre wetenskappe se “antwoorde”.
Daar bestaan ’n miskonsepsie onder veral aanhangers van sekulêre wetenskappe dat Christene sekere basiese feite negeer om hulle argumente te laat water dra. Verskillende dissiplines binne die uiters gekompliseerde veld van genetika is maar een so ’n voorbeeld. Hierdie forum gaan wys dat dit inderdaad nie die geval is nie. Die feit dat ons as Christene die bestaande teorië anders interpreteer, en nie goedmoeds inkoop op ’n idee waar God nie alles tot stand gebring het nie, is iets wat duidelik aan die lig sal kom, vir almal wat belang stel om te sien.
Dalk kan ons dit so uitbrei dat ouers en hulle kinders hierna verwys kan word vir alternatiewe antwoorde vir dit waarmee hulle daagliks gebombardeer word ? So ‘n uitkoms hang net van onself af, die lede van hierdie forum, en ek weet sommer ons gaan Lighuis NOG groter en gewilder maak as wat dit reeds is met die besluit om hierdie forum te begin.
Groete !

Comment