Announcement

Collapse
No announcement yet.

Skillie se 'face lift'.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Skillie se 'face lift'.

    Ons bure se seun is n vee-arts in China en een van sy kliente het sy troetel waterskilpad ingebring kliniek toe en let wel nie vir n kosmetiese operasie nie! Hierdie Red Ear Terrapin het ingekom met n lipoma( kanker van die vetselle) onder sy keel. Met jare se irritasie het dit net groter en groter geword en begin 'ulcers' maak soos die skilpad dit getrek het oor die grond. Hy kon ook later nie meer swem nie want die gewas het hom van balans af gegooi in die water. Skillie is onder algemene narkose gesit en die die gewas is toe verwyder d.m.v. n 'lumpectomy'. Baie steke is ingesit wat vir 8 weke moes inbly. Honde en katte s'n bly gewoonlik net 7 tot 10 dae in. Dis darem seker die mees dramatiese 'before' en 'after' fotos wat ek al ooit gesien het!
    Attached Files

  • #2
    Wat 'n groot sny vir 'n "lumpectomy"

    Siestog.... darm is frustrasie ook verlig...

    Dikvellige ou diertjie...8 weke??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Die ander vraag is hoe op dees aarde word mens 'n veearts in China van alle plekke ?

      Comment


      • #4
        ...Vra nie vrae nie en jy sallie liegstories hoorie....

        Comment


        • #5
          Originally posted by Die Filadelfieer View Post
          Die ander vraag is hoe op dees aarde word mens 'n veearts in China van alle plekke ?
          Sou ek ook graag wou weet, veral na die program nou die dag oor die wreedhede teenoor honde en katte. Ek dink dit was 50/50? Of was dit Carte Blanche, in ieder geval was ek so ontsteld ek kan nie eers onthou watter kanaal was dit nie.

          Comment

          Working...
          X