Announcement

Collapse
No announcement yet.

Moord in die gemsbokkamp.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Moord in die gemsbokkamp.

    Vriende van ons in die Noord -Kaap het so 8 gemsbokooie wat hulle hou vir biltong maak innie winter en soms vir jag as die getalle te veel raak. Hulle het een gemsbokram wat dan die nageslag moet verseker.

    So n paar jaar gelede kom hulle na die Kersvakansie van die see af en sien dat die bul daar dood le met n enkel steekmerk deur sy hart. Hulle verdink toe onmiddelik die een-horing-ooi en op n gelee tyd skiet hulle haar toe vir biltong. Toe die ooie weer gedek moet word, koop die boer weer n ram en net toe al die ooie klaar gedek was , toe vind hulle weer n 'oorle' ram. (Baie 'polite' van Daisy De Melker om eers te wag tot al die ooie gedek is... ) Maar blykbaar was die een-horing-ooi nie die moordenares nie en hulle dink: Ag, dit was seker maar net n ongeluk, en sal nie weer gebeur nie. En so koop hy nog 5 ramme met dieselfde scenario : Net sodra al die ooie gedek is, dan is dit koebaai ram. Die moorde het eers opgehou toe al die ou ooie uitgeskiet is. So , een van die ou ooie was die moordenares. Die groot vraag is egter : Hoekom sou die ooi die ramme doodmaak? Het sy te sterk matriagale eienskappe en het sy nie gehou van oorheersing deur die ramme nie? Ek het nie die vaagste idee hoekom so-iets sou gebeur het nie. Weet een van julle nie dalk nie?

  • #2
    Miskien het hulle by die knopiespinnekop loop leer
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Dit het my ook laat dink aan ons Matriek Biologie oor die voortplanting van die skerpioen waar jy dieselfde scenario kry...

      Comment


      • #4
        Protea,
        Ek het nou jou storie so geniet. Weet niks van sulke goed af nie, maar dit klink so na 'n reeksmoordenares. Vreeslik!!!!!

        Geen wonder ek is so bang vir skerpioene en spinnekope. Het skoon 'n fobie oor die goed en hier op die plaas is so baie.

        Comment


        • #5
          Originally posted by protea View Post
          Ek het nie die vaagste idee hoekom so-iets sou gebeur het nie. Weet een van julle nie dalk nie?
          Hehehe, die eerste gedagte wat ek aan kon dink was dat 'n gemsbok nie wapens moet besit, as hulle van die vroulike geslag is nie. Is hulle koeie of ooie of dames?
          The Rapture

          My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
          but I must confess, don’t worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          it’s before God’s wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          it’s for all the people in the zoo
          think about it and refresh…
          you will see there’s no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhere…


          Comment


          • #6
            Ek was self onseker oor die terminologie. Praat ons van gemsbok-koeie en gemsbok-bulle of bly hulle ramme en ooie?

            Ferdie, hier het ons te doen met 'wapens' waarmee die gemsbokke 'uitgekom' het..... En menige jagter het al n 'njef' weg van daardie skerp horings.... Maar ek stem saam : n Wapen in enige onverantwoordelike se hande bly maar n riskante sitasie.

            Comment


            • #7
              Issue...

              Ek dink nou aan my man toe ek skryf van 'gemsbokke wat met hulle horings uitgekom het'.Verlede jaar het ek eers uitgevind wat my man se lugmag bynaam was . nl. Issue. Daar was blykbaar nie nr 12 stewels vir hom beskikbaar nie , want daar was lanklaas iemand wat met sulke groot voete ge-'issue' is dat hulle die stewels eers van elders moes bestel. So Issue se plaas-vellies is vir baie weke op menige paradegronde gesien....

              Comment


              • #8
                Originally posted by protea View Post
                Ek dink nou aan my man toe ek skryf van 'gemsbokke wat met hulle horings uitgekom het'.Verlede jaar het ek eers uitgevind wat my man se lugmag bynaam was . nl. Issue. Daar was blykbaar nie nr 12 stewels vir hom beskikbaar nie , want daar was lanklaas iemand wat met sulke groot voete ge-'issue' is dat hulle die stewels eers van elders moes bestel. So Issue se plaas-vellies is vir baie weke op menige paradegronde gesien....
                Ek is maar bly my seun is nie weermag toe nie, hy dra 'n nr 14 skoen!!
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Gelukkig is hy een van die 'standvastiges' op aarde. n Vriend van ons dra n nommer 18!!! en toe hulle destyds in Engeland was , bel hy op n dag baie opgewonde SA toe en vertel dat hy n no 22 tekkie daar raakgeloop het wat te GROOT was vir hom . Sulke weeldes kom nie elke dag op sy pad nie!

                  Comment

                  Working...
                  X