Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Aarde vergaan

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die Aarde vergaan

    Ons glo in Vader God wat alles geskape het en dat Hy vir ons sorg. Ek glo dat dit ons plig is om na die skepping om te sien, uit respek vir die Skepper en omdat dit naasteliefe is om bv. nie jou rommel oral te strooi nie.

    Andere glo weer in moeder aarde en dat dit van die mensdom afhang om na haar om te sien. Dit moet seker vir hulle angswekkend wees om te sien hoe die aarde besig is om te vergaan. Boonop is daar diegene wat tekens van die aarde se agteruitgang uit verband ruk vir hulle eie politieke agenda.

    Hoe lank moet hierdie aarde in elk geval nog hou?
    Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas, waardeur die hemele deur vuur sal vergaan en die elemente sal brand en versmelt. Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.

    (2Pe 3:11-13)
    Is daar enige wetenskaplik waarneembare gronde vir aardverwarming (Wikipedia) en/of 'Peak Oil' (Wikipedia)?


  • #2
    Re: Die Aarde vergaan

    Hi SOS,

    nou die dag gelees, die son straal meer in sekere spektrums uit wat groot aandeel in verwarming het..
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

    Comment


    • #3
      Re: Die Aarde vergaan

      Well, ek glo dit is wel ons plig om na die aarde om tesien, maar nie ten koste van ander mense nie. ek glo in aardverwarming maar ek glo nie dat mense di veroorsaak nie. Ek et 1n baie interesante video gesien wat uit `n sekulÍre standpunt af kom wat wys dat die verwarming van die aarde `n natuurlike proses is wat oordryf word.Om die waarhied te sÍ hulle het selfs voorgetsel dat die gebrek aan CO2 dalk net so `n gevaar is vir die natuur (ongelukkig het ek geen idee waar om die video knipsel te kry nie). Daar is twee probleme wat vir my baie groter is, omdat dit `n groot effek op die armes sal hÍ:voedsel sekuriteit (veral wat vis aanbetref, wat vir baie mense belangrik is)), en die verwydering van bome wat lei tot die groei van woestyne.
      "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."


      in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.


      Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

      "Oh, taste and see that the Lord is good"

      Comment


      • #4
        Re: Die Aarde vergaan

        Ons weet olie gaan nie verewig hou nie ...maar wat is die implikasie van verdwynende oliebronne ?

        Piekolie is hier, volgens WikiLeaks .

        Woensdag, 09 Februarie 2011 08:43 praag .Die Amerikaners vrees dat Saoedi-ArabiŽ, die wÍreld se grootste ru-olie uitvoerder, dalk nie oor genoeg reserwes beskik om stygende oliepryse te keer nie, het vertroulike kommunikasie uit die ambassade in Riyadh gewys.
        Die kommunikasie, wat vrygestel is deur WikiLeaks, vra Washington om 'n waarskuwing ernstig op te neem van 'n senior amptenaar in die Saoedi-regering dat die koninkryk se ru-olie reserwes dalk oorbeklemtoon word met soveel as byna 40%.

        Diť opspraakwekkende feit kom terwyl die olieprys die hoogte ingeskiet het in die afgelope weke tot meer as $100 per vat agv globale vraag en spanning in die Midde-Ooste. Baie ontleders verwag dat Opul se kartelvennote meer olie sal pomp om stygende pryse die hoof te bied.

        Maar Sadad al-Husseini, 'n geoloog en voormalige hoof van eksplorasie by die Saoedi-oliemonopolie Aramco, het die Amerikaanse konsulgeneraal in Riyadh in November 2007 vertel dat Aramco nie die 12.5m per dag, die kapasiteit wat benodig word om pryse laag te hou, kon bereik nie.

        Volgens die kommunikasie tussen 2007-09, sÍ Husseini dat piekolie dalk so vroeg as 2012 die wÍreld sal tref.

        Husseini het gesÍ op daardie punt sal Aramco nie in staat wees om die styging in globale olie-pryse te keer nie aangesien die Saoedies voorheen hulle oliebronne oorbeklemtoon het om buitelandse beleggings te stimuleer. Hy het gesÍ dat Aramco die tyd wat nodig is om nuwe oliebrone te ontgin, erg onderskat het.

        Die Amerikaanse konsul waarsku Washington voorts: "Terwyl al-Husseini die Aramco-maatskappy basies weerspreek, is hy nie oordeelsdagteoretikus nie. Sy opvoeding, ondervinding en vooruitskattings maak dat sy voorspellings ernstig oorweeg behoort te word."

        In die afgelope twee jaar, het ander senior energie-ontleders Husseini gerugsteun. Fatih Birol, hoofekonoom van die Internasionale Energie-agentskap, het verlede jaar aan die Guardian, die linkse Britse koerant, gesÍ dat konvensionele ru-uitset in 2020 'n plato kan bereik, 'n ontwikkeling wat "nie goeie nuus" inhou vir 'n wÍreld nog baie afhanklik van petroleum nie.

        Jeremy Leggett, sameroeper van die Britse Taskforce on Peak Oil and Energy Security, het gesÍ: "Ons is aan die slaap agter die stuurwiel hier: Ons kies om 'n bedreiging vir die globale ekonomie wat so erg soos die kredietkrisis kan wees, en heel moontlik erger, te ignoreer. "
        BRON

        Comment


        • #5
          Re: Die Aarde vergaan

          Ek het 2 DVD's by die huis wat handel oor die saak......maar uit nie-gelowiges se standpunt. Selfs mense wat NIE in die Bybel glo nie, besef dat die aarde nie veel langer sal kan bestaan voordat bronne uitgeput is nie. Dit is egter God wat aan die werk is weet ons.

          The 11th Hour (2007)
          95 min - Documentary - 10 October 2007 (Philippines)
          A look at the state of the global environment including visionary and practical solutions for restoring the planet's ecosystems.



          Stars:Leonardo DiCaprio, Kenny Ausubel and Thom Hartmann

          Die ander een is van Al Gore. Nou ja soos die opskrif op die poster se: "A Farse" Weet nie of ons alles kan glo wat die ouens te se het oor "global warming" nie.

          Comment

          Working...
          X