Announcement

Collapse
No announcement yet.

God se apteek.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • God se apteek.

    Besef ons altyd hoe God met Sy skepping vir ons wil sorg ? Ek het al baie gewonder hoeveel van ons siekttes en kwale eerder met ons lewenstyl te doen het as ander faktore. Mens kry deesdae 'n pilletjie vir alles, meestal chemies van aard en met een of ander newe-effek, maar wat van natuurlike alternatiewe ?

    Van my gunstelinge wat ek al raak gelees het, met skakels na artikels oor waarvoor elkeen help. (Die lys van kwale wat hierdie produkte reg dokter is verstommend ! ) :

    Vis olies

    Knoffel

    Aloe Vera

    Kaneel

    Rooi wyn ( spesiaal vir die kapenaars ! )

    Natuurlike anti-inflamatoriese kosse

    Bogenoemde bronne is baie beperk en bespreek slegs kortliks en eenvoudig elke item, maar verdere navorsing kan erg fasinerend raak. As 'n voorbeeld dien knoffel as 'n natuurlike anti-biotika, maar selfs meer interesant bou die liggaam geen weerstand teen dit op soos wat gebeur met chemiese variante nie !

    Weet julle van nog sulke kosse of kossoorte ? Boere rate wat werk ? Deel bietjie !

  • #2
    Re: God se apteek.

    Daar is n draad oor Boererate erens op die forum wat goed hierby aansluit. Ek wil n paar noem.

    Rooipeper: Het n kragtige anti-suur werking vir mense wat sukkel met sooibrand. Vul lee kapsules daarmee en drink dit so of meng dit met heuning, en sluk so n mespuntjie af met koue water.

    Papaja: Het n ontgiftigings meganisme in gevalle waar jy bv by n funksie voedselvergiftiging opgedoen het. n Paar boere het hulle lewens hieraan te danke nadat hulle op die Nampo Oesdag vergiftiging op getel het. Moontlik vis of hoender? Tot die pitte kan jy afsluk met water en eet soveel daarvan as wat jy kan inkry.

    Brandewyn vir sonbrand. Ja, lag maar! As jy te snoep was met die son, smeer na jy gebad het n hand vol brandewyn op die gebrande dele. Smeer maar mildelik en die volgende dag is jy nie eers rooi nie! Ons het dit met suiwer alkohol probeer en dit het nie gewerk nie. So daar moet iets in die druif wees wat helend is.

    Borrie(tumeric) soos hierbo ook van gepraat is goed vir rumatiek of stywe gewrigte waar anti-inflamatoriese werking vereis word. Sluk met water af of sit dit ook in lee kapsules en drink dit so.

    Comment


    • #3
      Re: God se apteek.

      Niemand het nog die voor-die-hand-liggende suurlemoen genoem nie? Suurlemoensap is 'n goeie bron van vitamien C en bevat boonop die ensieme wat jy nodig het om suur in die liggaam te kan hanteer. Drink soggens die sap van 'n halwe suurlemoen met 'n lekker groot glas water om jig te te werk. (Jig is daai inflammasie wat mense wat te veel wildsbiltong eet kry. )

      Maak 'n warm drankie met 'n beker water, suurlemoensap en heuning om griep en verkoue hok te slaan.

      Comment


      • #4
        Re: God se apteek.

        SoS, mens meng heuning met gemmer en suurlemoen sap in 'n beker warm water Heerlik!! Net so voor slapenstyd
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Re: God se apteek.

          In plaas van strepsil vir keel seer suig 'n stukkie gemmer. Heuning op oop wonde help om letsel minder te maak en is ook 'n helper om (sukkel ek met die Afrikaans vanoggend) genesing aan te help.
          Ook 'n bietjie heuning in plaas van suiker, kan net beter wees...
          'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
          Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
          [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
          Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
          [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

          Bemidbar 6:24-26
          [Numbers 6:24-26]

          Comment


          • #6
            Re: God se apteek.

            Sonskyn!

            Mense soos ek wat heeltemal te veel tyd in die kantoor spandeer, se Vitamien D vlakke raak hier aan die einde van die winter maar laag. Dit kan 'n mens se gesondheid 'n lelike knou gee en 'n mens moet onthou om 'n bietjie uit te kom en 'n bietjie in die son te kom.

            Comment


            • #7
              Re: God se apteek.

              Nog iets oor sonskyn: Sonlig bevorder ook die afskeiding van seratonien in die brein wat n natuurlike antidepressant is.

              Blaasontsteking: Drink Cranberry sap of Cranberry Complex. Die werking van Cranberries is: Dit verhoed dat die kiem wat blaasontsteking veroorsaak , aanhegting aan die blaaswand kan kry.

              Comment


              • #8
                Re: God se apteek.

                Dankie Fila. Oulike links.
                Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

                Comment


                • #9
                  Re: God se apteek.

                  Originally posted by protea View Post
                  Nog iets oor sonskyn: Sonlig bevorder ook die afskeiding van seratonien in die brein wat n natuurlike antidepressant is.

                  Blaasontsteking: Drink Cranberry sap of Cranberry Complex. Die werking van Cranberries is: Dit verhoed dat die kiem wat blaasontsteking veroorsaak , aanhegting aan die blaaswand kan kry.
                  Cranberry sap of eintlik appelsap help glo om nierstene af te breek.

                  Comment


                  • #10
                    Re: God se apteek.

                    Son, Cranberries is n bessiesoort. Hoe bring jy die appelsap by die Cranberries uit?

                    Comment


                    • #11
                      Re: God se apteek.

                      Originally posted by protea View Post
                      Son, Cranberries is n bessiesoort. Hoe bring jy die appelsap by die Cranberries uit?
                      Dorpsjapies !

                      Comment


                      • #12
                        Re: God se apteek.

                        ***Sug*** Hoe s hulle, 'n halwe begrip het 'n hele woord nodig (of so iets).

                        Die lang weergawe vir die met 'n halwe begrip:
                        Cranberrie sap (terwyl jy nou van Cranberries praat) help ook vir nierstene. Maar, die eintlike ding om te gebruik vir nierstene is eerder appelsap. Dit werk ng beter vir nierstene as cranberriesap. En as jy my nie glo nie, "Let Google be your friend"...

                        Capish?

                        Comment


                        • #13
                          Re: God se apteek.

                          Originally posted by Son of the South View Post
                          ***Sug*** Hoe s hulle, 'n halwe begrip het 'n hele woord nodig (of so iets).

                          Die lang weergawe vir die met 'n halwe begrip:
                          Cranberrie sap (terwyl jy nou van Cranberries praat) help ook vir nierstene. Maar, die eintlike ding om te gebruik vir nierstene is eerder appelsap. Dit werk ng beter vir nierstene as cranberriesap. En as jy my nie glo nie, "Let Google be your friend"...

                          Capish?
                          Ook maar goed ek het jou nie gevra wie jy sonskyn noem nie ...............


                          Sonskyn!

                          Comment


                          • #14
                            Re: God se apteek.

                            Originally posted by Francois Marais View Post
                            In plaas van strepsil vir keel seer suig 'n stukkie gemmer. Heuning op oop wonde help om letsel minder te maak en is ook 'n helper om (sukkel ek met die Afrikaans vanoggend) genesing aan te help.
                            Ook 'n bietjie heuning in plaas van suiker, kan net beter wees...
                            Heuning is 'n wonderlike ding. As ek dit reg verstaan is daar heuning in die grafkamers van 'n farao gevind wat nog eetbaar was... m.a.w. onder die regte omstandighede word dit nie sleg (vrot) nie !

                            Dit is ook anti-bakterieel en bevat anti-oksodante. (skakel)

                            Comment


                            • #15
                              Re: God se apteek.

                              Nou goed, luister mooi

                              Gebruik gemaalde sesame saad, en meng met heuning en pypkaneel,,,, en eet dit sommer met 'n teelepel

                              Dit help dat jou klere weer mooi pas
                              The LORD is my Miracle

                              G_d was gracious He has shown favor


                              Hope is a seed
                              God plants in our hearts
                              to remind us
                              there are better things ahead.
                              -Holley Gerth

                              Comment

                              Working...
                              X