Daar is vele gedeeltes alreeds gepos oor die wêreld wat evolusie betref dat dit tot vandag nog steeds nie sy reg tot die samelewing gevind het nie. Die enigste persoon wat homself wend tot sulke bedrog is die afvallige of ateïs wat God nie in erkentenis neem nie. Waarom moet daar getwis word oor die waarheid wat alreeds neergelê is in die Bybel wat ook as kanoniek aanvaar word as die woord van God. Iemand wat twis oor die skepping is gewoonlik dwaas en het n sieklike sug na twisvrae en woordestryd omdat so n persoon gewoonlik geen kennis of geloof in God besit nie. Evolusie is in die eerste plek geskep deur die Jesuits, daarom weet ons dat alle oorsprong van die Satan self is. Geen christen verbind die kennis van die Bybel met enige sogenaamde leerstelling van die wêreld nie. Ons kan nie in God glo en later weer Sy woord betwyfel omdat n dwaas daarteen in opstand gekom het nie. Die boek van Henog is uit die Bybel geneem omdat dit die evolusie leer verpletter. Waarom sal ek my besig hou met die skepping om te probeer uitvind hoe God dit gemaak het as Hy dit alreeds vir my gesê het in die boek van Genesis. Waarom twyfel ek as kind van God aan die skepping as ek n verhouding met God het en Hom my Vader noem. Vandag sit ons met dieselfde probleem as wat Eva gehad het toe sy die kennis begeer wat haar weerhou was in die tuin van Eden. Baie sit met die idee God steek vir ons iets weg omdat alles nie aan ons geopenbaar is nie. Die wetenskaplikes het nog geen sukses in die wêreld behaal om die mens reg te leer oor die skepping van God nie, omdat hulle alles op hulle manier aan die mensdom wil vertoon. Ek sien nie regtig die goeie wat hulle ontdek het nie, omrede alles wat hulle ontdek word weer van die mens ontneem. As ons byvoorbeeld kyk na die sogenaamde kragprobleme waarmee ons sit. Ons tegnologie is alreeds sover gevorder as ek kyk na die vegvliegtuie wat kamstig aliens is dan vra ek waarom is die mens so vol bedrog en leuens dat hulle nie die tegnologie wil openbaar aan die volk nie. Ek wil my dood lag vir die grapjas wat in aliens glo. As daar dan nou aliens is wat die wêreld beheer of wil oorneem waarom is hulle bang vir die christene. Ha ha ha
Nou ja, laat ons maar eerder ernstige dinge bespreek wat sin maak.
Liefde Samaritaan

Liefde Samaritaan
Comment