Announcement

Collapse
No announcement yet.

Het bye 'tande'?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Het bye 'tande'?

    Aan die kuierkant van ons huis het ons werklik n probleem met n klein swermpie bye wat by n luggat onder die vloer ingekruip het en toe daar nes gemaak het. En verlede Saterdagaand 8uur toe al die bye 'gedoek' en 'gebottel' is toe verf ek om al die luggate om die huis en 'plak' n plastiekgaas op al die luggate en verf dit goed vas sodat dit kan droogword na Sondag. (Ek het gedink dis meer omgewingsvriendelik as gif!) Sondagoggend op pad kerk toe , toe sien ek my plan werk baie goed , maar onder kerktyd , moes hulle n manier gekry het om n GAT daarin te maak en toe ons tuis kom , toe in-en-uit hulle weer tog te gesellig ... Nou is my probleem nog nie opgelos nie.... Wie het raad daarvoor? My man se dat bye tot n gaatjie deur hout kan vreet in n korf waarvan die opening te klein is vir hom om deur te kruip. Moes ek die gaasgedeelte ook toegeverf het aanvanklik?

  • #2
    Protea,

    Kry 'n byeboer... Hulle kom na jou huis toe en lok die bye weg. Moet asseblief nie gif spuit nie....
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

    Comment


    • #3
      Lanie , omdat ek so allergies is vir bye, het ek vir Hubby gese dis nou een ding waarmee ek hom NIE op die plaas gaan help nie. Daarom het hy toe die bye deel aan n bye boer verhuur en die plaas is vol korwe. Die bye is al weggelok maar hulle kom net weer terug. En omdat dit so n klein swermpie is , het ek baie sinistere bedoelings met hulle... Dis nou hulle of ek...

      Comment


      • #4
        protea,

        Ek weet regtig nie of bye tande het nie, maar miskien kan jy iemand vra wat al 'n bekgeveg met 'n by gehad het, so een sal weet of 'n by kan byt...
        The Rapture

        My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
        but I must confess, don’t worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        it’s before God’s wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        it’s for all the people in the zoo
        think about it and refresh…
        you will see there’s no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhere…


        Comment


        • #5
          Toe ek klein was, was my beste vriend vir 'n lang ruk, 'n Damara, sy naam was Maleagi gewees. Hy het altyd vir my gesê dat 'n by byt en dan wys ek hom daarop 'n by steek, hy byt nie. "Nee", het hy dan bevestigend gesê, "'n by, hy byt!". Dan vra ek hom, nou hoe byt hy Maleagi? "Met die g.. sam", het hy geantwoord...
          The Rapture

          My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
          but I must confess, don’t worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          it’s before God’s wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          it’s for all the people in the zoo
          think about it and refresh…
          you will see there’s no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhere…


          Comment


          • #6
            Ek weet nie of bye WEET wie allergies is nie ,maar hulle soek my bloed en tussen n hele groep , het die een by die ander dag om die hoek kom zirts en my kom steek. Ek was glad nie eers die agitator met die blik gif innie hand nie...

            Comment


            • #7
              Ek het ook al gesien hoe 'n swerm bye deur hout, en selfs sement en bakstene 'n gat maak, so ek neem aan hulle het dalk baie skerp bekkies om dit mee te kan doen. Glo nie hulle het "tande" nie. Ek sal vir die Biologie onnie wat daar by my bly gaan vra.

              Comment


              • #8
                Volgens hierdie prentjies wil dit voorkom asof bye perdalks wel tande het :







                Comment


                • #9
                  Omdat bye mos gewoonlik in 'n kolonie is, het hulle nie spesifieke werkers wat die gat-grawe ding doen nie?

                  Comment


                  • #10
                    Dan was my vraag glad nie so vergesog soos ek gedink het nie... Fotos verskaf die wetenskaplike 'bewyse' dat bye tande het. Nou weet ons almal. Dankie Fila!

                    Comment

                    Working...
                    X