Julle ken seker die Jan Fiskaal voeltjies ook as die Laksmanne omdat hulle hulle prooi so aan die hakiesdrade 'ophang' (veral sprinkane) Hier is n hele paar broeipare op die werf en elke paar het sy eie gebied . Hulle jaag veral die spreeus weg want dis HULLE area. Hulle lyk kompleet soos 2 vliegtuigies wat n 'in-vlug-herbunkering' doen en die spreeus laaik dit NIKS...
Verlede jaar het hulle ons n les in kinderopvoeding gegee want jongboet(of sus) het hier op die wasgoedpale gesit en skreeu: BRING VIR MY KOS! Maar moeder en vader fiskaal het met sulke stywe ruggies syyyyyntoe gekyk, die skreeuende 'tiener' n ignore gekap en met skrefiesoe oor die vlakte getuur.... Hulle hele houding het gese : Maar boeta, jy is nou mooi groot om jou eie potjie te krap. Na n week se geskree was boeta se keel of te seer of hy was te honger en toe het hy nie meer op die paal sit en skree nie....
Vanoggend hoor ek die Jan Fiskale is so ontsteld en toe ek uitkyk , toe sien ek daar is n boomslang wat te smaaklik die een Jan Fiskaal nessie se eiers in die Norfolk den opeet. Jy sien behoorlik die bobbeltjies soos die eiertjies afbeweeg in die slang se lyf .Maar die Jan Fiskaal en n pel verklaar oorlog en duik af op die slang en herhaaldelik pik hulle na sy kop soveel so dat die slang letterlik verdryf is oor die grasperk tot in die kampie langs die huis se lang gras.
Dit het my so laat dink hoe wonderlik die Vader die natuur geskape het met elke diertjie se instink en sy manier van oorlog maak . As die Vader so sorg vir die natuur , hoeveel te meer nie vir ons wat die kroon van sy skepping is nie!

Comment