Announcement

Collapse
No announcement yet.

Maria of Martha

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Maria of Martha

    1. Wie is jy vrou?
    Is jy 'n Maria of is jy 'n Martha?

    2. Is jy gelukkig met jou keuse?
    Hoekom, hoekom nie?

    3. Kan jy verander as jy sou wou?
    Hoe gaan jy dit doen, verander, as jy sou wou/kon??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    1. Wie is jy vrou?
    Is jy 'n Maria of is jy 'n Martha?
    Ek dink vir nou is ek eers net Maria, ek wil by Jesus se voete sit, en so veel moontlik tyd met Hom spandeer as wat ek kan, as dit moontlik is wil ek alles van Hom te kenne kom.

    2. Is jy gelukkig met jou keuse?
    Hoekom, hoekom nie?
    Gelukkig met my keuse, ja absoluut. Ek dink dit is noodsaaklik om meer van Hom te weet, voordat ek aan die werk kan kom vir Hom, dus sal ek duidelikheid he van wat God wil he ek moet doen, hoe ek dit moet doen, en waar ek moet begin. Ek dink ook tog dat dit noodsaaklik sal wees dat ek tye moet werk soos Martha gedoen het, omdat daar ook 'n nood aan die buitekant is.

    3. Kan jy verander as jy sou wou?
    Hoe gaan jy dit doen, verander, as jy sou wou/kon??
    Ek is nie so seker of dit maklik sal wees om van 'n Maria figuur na 'n Martha te verander nie, want dis te heerlik net om in Sy teenwoordigheid te sit, maar as God wil he dat ek ook moet uitgaan om vir Hom te werk, sal ek moet bid dat God my sal help om te verander.............
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

    Comment


    • #3
      Dankie Linda, ek gaan nie nou iets sÍ nie, maar weet net dit........
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Lukas 10:38 En op hulle reis het Hy in 'n sekere dorp gekom, en 'n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.

        39 En sy het 'n suster gehad met die naam van Maria; diť het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.

        40 Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sÍ: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? SÍ dan vir haar dat sy my moet help.

        41 Maar Jesus antwoord en sÍ vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;
        42 maareen ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Aan die begin van 'n nuwe jaar, en meeste mense maak Nuwe Jaars wense ens.....

          Min het ek geweet waarvoor ek die draad begin het.....

          Daar was 'n stadium in my lewe wat ek 'n Perfeksionis was..... op elke vlak van my lewe ....... maar toe gebeur daar iets in my lewe, en die pendulum swaai...... kaplaks teen die ander kant was ..... ek het myself nie geken nie...

          So 'n paar oggende gelede toe lees ek die stukkie raak in Lukas, het dit al vantevore gelees, maar jy weet hoe dit is..... partykeer vat 'n stuk jou vas, so asof jy dit nog nooit vantevore gelees het nie. Ek plaas dit toe hier..... en miskien is dit oor dit vakansie gees is..... niemand wil byt nie EN vanoggend toe weet ek hoekom ek die onderwerp moes begin

          Dit is 'n nuwe jaar.... 'n nuwe begin, en ja,,,, tyd om te reflekteer en evalueer op verlede jaar, en tyd om my oŽ oop te maak en die pendulum kans te gee om in balans te kom

          Wat doen Martha??
          Wat doen Maria??

          Is wat Martha doen so verkeerd??
          Is wat Maria doen so reg, mag sy maar net sit? Sit sy rÍrig maar net??


          Oops ek sal later verder pos, die weer is baie swaar, dit klink soos hemelse vuurwerke
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            Jy het my nuuskurigheid aan die brand..............pos tog weer spoedig...lol
            Saved by Grace!

            Praying for Mieke and Charles
            Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


            My testimony
            http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

            Comment


            • #7
              Ek dink ek is n mengsel van Martha en Maria. Ek kan nie stil raak voor die Here as my huis nie in orde is nie. En ek bedoel nie perfeksionis -orde nie. Die blote daaglikse ononderhandelbare pligte van enige huisvrou. Dis vir my heerlik as hier mense kom en omdat ons ver van die dorp bly is dit vir my so n komplement as mense ons uitsoek om by te kom kuier . Al eet ons brood en konfyt, dis die gesindheid van opregte liefde waarmee ons dit gee wat saakmaak.
              Daarom die verskil tussen Martha en Maria: Ek glo die Here wil vir ons die verskil in hartsingesteldheid wys tussen die 2 sussies.Vir Maria kom Jesus so TOTAAL HEEL eerste dat sy nie eers dink dat daar liggaam en siel is om aan mekaar te hou nie. Ek glo Martha het ook gehunker om so by Jesus se voete te sit , maar daar was eers n paar praktiese dinge wat eers in orde gekry moes word om die huisvrou ook in staat te stel om by Jesus se voete te kon gaan sit. En daarom die frustrasie by Martha.

              Comment


              • #8
                Ek het nie vergeet nie..... ek bestudeer die nog
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Originally posted by ACCM View Post
                  Lukas 10:38 En op hulle reis het Hy in 'n sekere dorp gekom, en 'n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.

                  39 En sy het 'n suster gehad met die naam van Maria; diť het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.

                  40 Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sÍ: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? SÍ dan vir haar dat sy my moet help.

                  41 Maar Jesus antwoord en sÍ vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge;
                  42 maareen ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.
                  An....

                  my naam kom van albei....

                  jy kan Martha wees en SONDER OM JOU TE BESORG OOR ALLES ..... bedien en aan Jesus se voete sit.....

                  Miskien wou Maria haar sus juis nie help nie omdat haar moederhengeit hulle aandag afgetrek het van die lering, terwyl hulle eintlik gou alles kon regkry en terselfdertyd kon luister na Jesus ( ons vroumense kan mos lekker multitask, as ons net die komkommer uitskop !....

                  wat Martha verkeerd doen is nie die werk nie, maar die komkommer oor alles wat gedoen moet word, pleks van rustig raak ......

                  m.........
                  Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                  Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                  Comment


                  • #10
                    Ek kry so die idee dat Yeshua sÍ dat om na die Woord te luister, om in Sy teenwoordigheid te wees, belangrik genoeg is om dalk soms van ons daaglikse chores te mis deur so te doen

                    Martha was so besig om alles eksie perfeksie te hÍ vir haar gaste, en kon dit nie meer uitstaan om alleen te werk nie, toe kla sy sommer vir Maria aan by Yeshua

                    Miskien wou Martha 'n luukse ete voorsit, met baie skottelgoed ..... waar 'n eenvoudige maaltyd dalk net so goed sou werk

                    Maria wou eerder na Yeshua luister, 'n geleentheid wat hom nie weer sou voordoen nie.

                    Ek dink nie die storie wil die indruk los dat 'n lewe van besadigdheid beter is as 'n lewe van werke nie, maar dat 'n mens nie so besig moet wees met die dinge van die Here dat mens die Here van die dinge afskeep nie.

                    Dit laat my sommer nou ook dink aan ....Mattheus 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

                    Sien eers om na die Here van die dinge, en dan sal jy genoeg tyd hÍ om aan die dinge van die Here te bestee.

                    Dus , daar is niks verkeerd om hard te werk soos Martha nie, solank jy eers soos Maria by die Here se voete gesit het

                    Wees geseŽnd
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Ek loop so en dink vanmore..... die twee susters het seker altyd saam gewerk aan alles, soos dit maar gaan in 'n huishouding...... en die dag toe Maria besef dit is tyd om van die Lewende Water te drink, toe doen sy dit..... so ons moet die geleenthede om verfris te word herken en aangryp


                      Dit laat my dink aan toe ek nog 'n jong kind was by die huis, 3 susters en aandete se skottelgoed was ons werk...... die een wat borde skoon skraap moet skottelgoed wegpak, een was en die ander een droog af en vee die kombuis uit..... en as een nie op sy plek is om sy aak te verrig nie, dan gooi dit 'n spaander in die werke vir die ander.... si seker was die verhouding maar ook so in die huis van Martha en Maria...
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor


                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment


                      • #12
                        Hospitaliteit in OT dae inder die Jode was baie populÍr..... en dit wat jy vir jou gaste gedoen het, het soms selfs meer getel as die gaste self...... net soos wat ons vandag seker kan sÍ: Die dinge van die Here is soms vir sekere mense meer belangrik as die Here van die dinge.....
                        The LORD is my Miracle

                        G_d was gracious He has shown favor


                        Hope is a seed
                        God plants in our hearts
                        to remind us
                        there are better things ahead.
                        -Holley Gerth

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by ACCM View Post
                          Ek loop so en dink vanmore..... die twee susters het seker altyd saam gewerk aan alles, soos dit maar gaan in 'n huishouding...... en die dag toe Maria besef dit is tyd om van die Lewende Water te drink, toe doen sy dit..... so ons moet die geleenthede om verfris te word herken en aangryp


                          Dit laat my dink aan toe ek nog 'n jong kind was by die huis, 3 susters en aandete se skottelgoed was ons werk...... die een wat borde skoon skraap moet skottelgoed wegpak, een was en die ander een droog af en vee die kombuis uit..... en as een nie op sy plek is om sy aak te verrig nie, dan gooi dit 'n spaander in die werke vir die ander.... si seker was die verhouding maar ook so in die huis van Martha en Maria...
                          Hi Ta-An
                          Dit laat my presies onthou aan hoe dit in ons huishouding ook was. Ons is ook 3 dogters, en ja, as een nie gedoen het wat hulle moes nie was dit nag!

                          Ek dink ek is ook so mengsel van Martha en Maria, maar ek hou baie daarvan om meer Maria as Martha te wees.

                          Comment

                          Working...
                          X