Announcement

Collapse
No announcement yet.

Detox dieet.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Detox dieet.

    n Genetiese mollige tiener se ouer het hierdie dieet vir haar uitgewerk vir detox en ook om haar metabolisme te laat 'inskop'. Jy moet 2 liter water n dag drink en jy mag maaltye binne n dag omruil maar nie dae nie. Dit klink of dit nie noodwendig hoeveelhede is wat belangrik is nie ,maar kombinasies van wat jy eet.
    Here goes!

    Dag 1 : Ontbyt : Swart en bitter koffie.
    Middag : 2 Gekookte eiers en spinasie soveel jy wil
    Aand : Grilled steak en GROEN slaai soveel jy wil

    Dag 2 : Ontbyt : Volgraan brood met MIN botter soveel jy
    wil en swart koffie.
    Middag : Grilled steak en slaai en vars vrugte so
    veel jy wil
    Aand : Piekniekham (blikkie) soveel jy wil

    Dag 3: Ontbyt : Volgraan brood en bitter swart koffie
    soveel jy wil.
    Middag : 2 gekookte eiers, tamatie slaai, groen
    bone. Tamaties en bone soveel jy wil.
    Aand : Ham en groen slaai soveel jy wil

    Dag 4 : Ontbyt ; Volgraan brood en koffie
    Middag : Gekookte /gaar wortels en kaas soveel jy
    wil . Cottage cheese lekker hierby.
    Aand : Vars vrugte en ongegeurde Yoghurt

    Dag 5 : Ontbyt : Wortels met suurlemoensap oor en koffie
    Middag : Grilled fish en rou tamatie so veel jy wil.
    Aand : Grilled steak en groen slaai soveel jy wil.

    Dag 6 : Ontbyt : Koffie en volgraan brood
    Middag : Grilled chicken soveel jy wil.
    Aand : 2 hardgekookte eiers en wortels

    Dag 7 : Ontbyt : Lemon tea.
    Middag : Grilled steak en enige vars vrugte.
    Aand : ENIGIETS

    Op dag 8 begin jy weer met dag een en herhaal die week nog net een keer. M.a.w. hierdie 14 dae dieet mag net een keer per jaar ge-eet word!!

    Sterkte en laat weet GOEIE nuus!

  • #2
    Koffie???????????????????
    Dit verhard die vetselle.... ??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Ja wel, ek wou nou nie eintlik 'n eier l nie, maar die detox plan wat ek het s mens moet kafine heeltemal uitsny... Dis mos eintlik ook gif waarvan jou liggaam ontslae moet raak...
      The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

      Comment


      • #4
        Mmmm, dit is vreemd. My gesonde verstand se vir my dat rooibostee en heuningbostee waarmee ons o.a. boer meer antioksidante bevat as koffie. Maar dis die dieet wat ek het. Hoe verskil hy verder van die wat julle het?

        Comment


        • #5
          Maar het ek nou die kat aan die stert beet..... Antioksidante is juis gesond, hoe meer hoe beter, daarom mag jy bv rooibostee en ander kruietees drink as jy detoks maar nie gewone tee of koffie wat hoog in kafiene is nie...

          Ek sal mre die detoksplan wat ek het gaan uitkrap maar dis nie jou maatjie nie, hoor!
          The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

          Comment


          • #6
            2L water in die somer is maklik......
            Vars vrugte an groente, Geen brood nie....maar ek is nou te lui om te gaan kyk, sal later die detox pos wat ek het.....

            Ek het al my verlore Kg opgespoor, dit het mos in die vrugte koeke en poeding en klein koekies weggekruip nou kan ek skaars ordentlik loop, en dans is moeilik......
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Ja nee, die dae van 'high living' hier oor die Kerstyd moet die een of ander tyd verby kom ne?
              Iets wat vir my interessant lyk is die gebrek of beheerde inname van koolhidrate in baie van jou dieete , so asof party mense se metabolismes nie in staat is om dit te verteer nie m.a.w. n intoleransie daarvoor het in n mindere of meerdere mate.
              Nog iets wat in hierdie dieet uitkom , is die feit dat jy nie jou koolhidrate en proteine saam in dieselfde maaltyd moet eet nie omdat verskillende ensiemes in die maag vir die vertering verantwoordelik is. M.a.w. nie skaaptjoppies en braaibroodjies in dieselfde maaltyd nie. Interressant....

              Comment


              • #8
                Hoekom wil julle Detox? Ek het 'n hoe proteine detox wat deur 'n dr voorgeskryf is, maar word nie langer as 'n paar weke sonder vitamine pille voorgestel nie. As julle belangstel, sit ek dit vir julle op, basis net vleis en vleis en vleis. Dit werk as jy wil vasstel watter voedsel soort nie goed is vir jou nie, en dan maak dit jou MAEEEER!!!!! As julle belangstel sal ek more vir julle dit pos.

                Comment


                • #9
                  Ek het gewoonlik redelik aanmoediging nodig om dierlike proteine te eet maar na dese sal ek nie ween as ek nooit weer biefstuk hoef te eet nie. Daarvoor is my behoefte aan 'groenvoer' te sterk!

                  Comment


                  • #10
                    Ek ontvang toe vandag die detox dieet in my pos:

                    BREAKFAST
                    1 Grapefruit
                    1 slice wholemeal toast
                    1 cup skimmed milk

                    LUNCH
                    1 small portion lean, steamed chicken with a cup of spinach
                    1 cup herbal tea

                    1 biscuit


                    AFTERNOON TEA
                    The rest of the biscuits from the packet
                    1 tub of Gino Ginelli ice cream with chocolate topping

                    DINNER
                    4 bottles of wine (red or white)
                    2 loaves garlic bread
                    1 family size Supreme pizza
                    3 chocolate bars

                    LATE NIGHT SNACK
                    1 whole cheesecake (eaten directly from the freezer)

                    REMEMBER :
                    'stressed' spelled backwards is 'desserts'




                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Accm, Ek gaan beslis daardie detox dieet volg, die ander klink vir my te veel na hongerly.

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by marline View Post
                        Accm, Ek gaan beslis daardie detox dieet volg, die ander klink vir my te veel na hongerly.
                        Absoluut..... en onthou, gekondenseerde melk in koffie saam met die kaaskoek..... en die res wanneer jy gaan slaap
                        The LORD is my Miracle

                        G_d was gracious He has shown favor


                        Hope is a seed
                        God plants in our hearts
                        to remind us
                        there are better things ahead.
                        -Holley Gerth

                        Comment

                        Working...
                        X