Announcement

Collapse
No announcement yet.

Kort getuienis vir alle mammas en oumas...

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Kort getuienis vir alle mammas en oumas...

    Ek wil net gou met julle iets deel.

    Gisteroggend staan my kleintjie op met waterige ogies... ons dink toe maar dis 'n allergie of iets en ons gaan kerk toe. Teen die middag is haar ogies rooi en dit wil nie ophou traan nie. Haar neusie het ook begin loop. Ek s toe vir Marius ek dink dis die begin van 'n verkoue. Ek dwing haar toe om 'n middagslapie te vat en toe sy opstaan voel sy nog steeds nie lekker nie. Ons maak gereed vir kerk en toe ons by die kerk instap s sy vir my sy is baie naar. Terug by die huis het ek haar gedokter met wat ek tot my beskikking het. Sy het redelik goed geslaap. Vanoggend toe sy opstaan is haar keeltjie baie seer en sy kan nie ophou hoes nie en die ogies traan vreeslik. En sy wil met alle geweld dokter toe want sy voel nie lekker nie. Nou, ons kan haar nie dokter toe vat of medisyne gaan koop nie want ons skraap op die oomblik bymekaar net om kos in hulle magies te kry.... so die beste wat ons kan doen is bid...... en op hierdie oomblik hardloop sy rond en speel met haar sussie en voel sommer stukke beter.... Dankie Here!
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  • #2
    Hi Lanie,

    Wat 'n wonderlike getuienis! Gebed dra krag, en dis net great om te weet dat die Here ons ultimate geneesheer is!

    Comment


    • #3
      Ek dink nou aan (ek dink ) Fila-hulle se babaseuntjie wat toe hy so n paar mde oud was ook baie olik was. Hulle het ook toe uit pure radeloosheid van nie weet wat die probleem was nie , baie ernstig vir hom gebid en hy was soos in DADELIK beter. Die Here wil die siekes aanraak en gesondmaak , maar Hy is so n gentleman , wat Hom nie aan jou sal opdring nie. Hy wil net gevra word sodat al die eer na Hom toe sal gaan. Want Hy is almagtig , groots, ons sterke God , ons Ewige Vader, ons hemelse Geneesheer, Verlosser en Heer. Hy wag dat jy tot Hom nader sodat Hy tot jou kan nader.

      Comment

      Working...
      X