Announcement

Collapse
No announcement yet.

Wees onderdanig...

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Wees onderdanig...

    Ek wil julle dames vra... kom ons gesels bietjie oor wat onderdanigheid aan ons mans behels.

    Ek word gereeld skeef aangekyk oor my uitlatings aangaande vroue se onderdanigheid aan hulle mans. Ek lei af dat die meeste vroue vandag voel dat dit 'n outydse uitgediende konsep is en nie 'n Bybelse konsep nie...
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  • #2
    Lanie, hierdie is maar een van daardie taai biltong onderwerpe. Om onderdanig aan my man te wees is natuurlik 'n Bybelse konsep maar beslis een van die moeilikste dinge om soms toe te pas. Ek dink soms dat mans ook hierdie woordjie misgis, of selfs party maal misbruik. Daar is 'n definitiewe verskil tussen onder iemand se gesag te staan, of om jou hele menswees te manipuleer en te verander omdat dit hulle pas. Soms is dit juis hierdie feit wat onderdanigheid moeilik maak.........

    Ek dink net as jou man weergebore is en beslis die wil van God in sy lewe soek, dat dit makliker is om hom onderdanig te wees, maar wat dan van die man wat nie God se wil soek nie? As hy verkeerde besluite maak en neem, hoe is dit moontlik om hom dan onderdanig te wees as jy weet dat om hom dan onderdanig te wees tot groot nadeel kan strek?
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

    Comment


    • #3
      Hi Linda....

      Dis great om weer van jou te hoor! Dankie vir die saam gesels. Dis juis omdat hierdie so 'n taai toffie is en daar soveel maars aan gekoppel word dat ek voel dat dit goed sal wees as ons Lighuis-vroutjies so bietjie daaroor sal gesels en mekaar sal help om dit beter te verstaan en toe te pas in ons huwelike.

      En daar is baie maars....

      ....maar my man is nie gered nie.
      ....maar ek wil nie my identiteit verloor nie.
      ....maar my man is lelik met my en respekteer my nie.
      ....maar dis so outyds.
      ....maar hy neem sulke idiotiese besluite of tree op soos 'n swaap.
      ....maar hy neem nie die geestelik leiding nie.

      Dis vir my verbasend hoe ons almal, my inkluis voorwaardes wil stel aan 'n opdrag wat God ons gegee het. God het nie ges.. wees jou man onderdanig as....................nie.
      The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

      Comment


      • #4
        Lol.....Lanie ek dink ek het nog 'n hele paar bladsye maars wat ek kan byvoeg..... Ek is beslis skuldig om nie altyd my man onderdanig te wees nie, en sal graag die draad wil volg as daar enige manier is waar ek aan my tekortkominge kan werk.

        Een vraag wat ek beslis het, is wanneer jy dink dat jy vir God iets moet doen, maar jou man nie daarmee ooreeenstem nie, en ja, wat as hy nie wedergebore is nie, hoe dan gemaak? Een ding wat ek wel geleer het, is dit in meeste huise die vrou wat die bidwerk vir die gesin en hulle huis doen. Onderdanigheid is dus 'n woordjie waarna ek so min as moontlik verwys, juis omdat ek altyd net my hart volg en probeer doen wat reg is.......
        Saved by Grace!

        Praying for Mieke and Charles
        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


        My testimony
        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

        Comment


        • #5
          Ek wil die onderwerp nog verder kompliseer : Wat as die Here s JA en jou man (n Christen) s NEE. Hier kom outoriteit ter sprake. Is my man die hoof van ons huis of die Here. Natuurlik is die Here God van alles ,maar in die praktyk is jou man tog hoof van julle huis. En wie gehoorsaam jy nou? Wie het ges dat 'grys' onderwerpe se vrae maklike antwoorde het?

          Comment


          • #6
            MY eerste dag gewerk, nou vang ek gou op met ons kuiers.
            Wat beteken onderdanig? Neem hy al die besluite? Moet ek toestemming kry vir alles wat ek doen? Moet hy my ken in besluite wat hy neem? Defineer onderdanig asb. Ek dink ek het dit verloor.

            Comment


            • #7
              Julle het interessante vrae en kommentaar..... moet asseblief nie dink ek het al die antwoorde (of enige antwoorde for that matter nie...) Ek wil regtig h ons moet hierdie ding bietjie dissekteer. Hoekom? Want ek glo dat wanneer die orde in ons huwelike en in ons huise reg is sal baie ander dinge in plek val. Ek bedoel nie al ons probleme sal verdwyn nie, maar daar sal balans is ons lewens kom.

              Die eerste ding wat ek vir myself moes erken, is dat wanneer God van die huwelik praat in Sy Woord gaan dit altyd gepaard met orde. God het 'n bepaalde orde vir die huwelik, en dit is dat die man die hoof van die huis is en dat die vrou onderdanig moet wees aan hom.

              God verwag van ons om onderdanig te wees, en ons wil tog bo alles gehoorsaam wees aan God se wil, of hoe?
              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

              Comment


              • #8
                Ek glo dat onderdanigheid ook n hartsingesteldheid is. En daarmee bedoel ek nie vrouens moet 'ja-en-amen-Annies' wees om deur hulle mans as pionne rondgeskuif te word nie. Ons Vader kyk tot diep binne-in ons harte of daar n begeerte is om te manipuleer en of die hart van n dienskneg teenwoordig is. M.a.w. wil jou hart heers of wil hy dien?

                Comment


                • #9
                  Toemaar Fila , ons sal jou nie te lyf gaan nie , al 'stir' jy dan so lekker......

                  Comment


                  • #10
                    Lig loop Fila,

                    VERSTAAN JY JOU VROU ?

                    Dit is vir mans baie belangrik om te besef dat namate vrouens ouer word, hulle dit moeiliker vind om dieselfde kwaliteit van huishouding te handhaaf as toe hulle jonger was. Wanneer 'n man dit agterkom moet hy probeer om nie te skreeu nie..... Laat ek julle inlig hoe ek dit hanteer.

                    Toe ek 'n tyd gelede my werk as Verkeersbeampte verloor het, het ek 'n afleggingspakket vir "vroe aftrede" ontvang. Dit was toe nodig dat Katryn 'n permanente werk moes aanvaar, nie net om die pot aan die kook te hou nie, maar ons het dit ook nodig gehad vir die mediese fonds-voordele.

                    Sy was 'n opgeleide Bankklerk toe ons 27 jaar gelede ontmoet het en sy was baie gelukkig om nou weer 'n soortgelyke werk te kry. Kort nadat sy weer begin werk het, het ek agtergekom dat haar ouderdom haar inhaal.


                    Ek kom gewoonlik vanaf my visvang of klub dieselfde tyd huis toe as wat sy van die werk af kom. Alhoewel sy weet dat ek dan honger is, sal sy amper altyd s dat sy dan moeg is en eers 'n halfuur of so moet rus voordat sy begin om die aandete voor te berei. Ek probeer nie om haar te vermaan wanneer dit gebeur nie. Inteendeel, s ek vir haar sy kan maar haar tyd gebruik. Ek verstaan dat sy nie meer so jonk as vantevore is nie. Ek vra haar net om my wakker te maak wanneer die kos op die tafel is.

                    Vroer het sy die skottelgoed onmiddellik na ete gewas. Dit is nou egter nie meer altyd die geval nie en somtyds is die skottelgoed nog vir ure na ete op die tafel. Ek bring ook my kant deur haar telkemale gedurende die aand te herinner dat die borde nie hulleself sal was nie. Ek weet dat sy dit waardeer, aangesien ek sien dat dit werk en dat sy tog die skottelgoed voor slapenstyd was.

                    Ons wasmasjien en dror is onder in die kelder. Toe sy jonger was, kon Katryn verskeie kere per dag die trappe op en af klim sonder om moeg te word. Noudat sy ouer is, lyk dit of sy sommer baie gouer moeg word.
                    Partykeer s sy vir my dat sy net nie nog een keer die trap op en af kan klim nie. Ek maak nie 'n groot ding daarvan as sy so s nie. Solank sy net die wasgoed voor die volgende aand gereed het, sal ek dit oorsien.
                    As ek intussen dalk iets nodig het wat voor Maandagaand se snoekerspel of Woensdagaand en Vrydagaand se pokerspel of Dinsdag en Donderdag se rolbal gestryk moet word, sal ek vir haar s dat sy net moet stryk wat ek benodig en dat sy die res van die strykgoed kan laat tot die volgende aand. Dit gee haar dan so 'n bietjie meer tyd om die los werkies, soos die was van die honde, stofsuig of afstof te kan doen. Ook as ek 'n goeie dag by die viswaters gehad het, het sy dan daardie bietjie meer tyd om die vis se skubbe te krap en teen 'n gemaklike tempo te vlek.

                    Katryn begin so nou en dan te kla en murmureer, nie te dikwels nie, maar net genoeg sodat ek dit kan agterkom. 'n Voorbeeld hiervan is dat sy sal s dat sy nie genoeg tyd gedurende haar etensuur het om al die maandelikse rekeninge te betaal nie. Ten spyte van haar klagtes gee ek haar ondersteuning en aanmoediging. Ek s vir haar sy kan die betalings oor twee of selfs drie dae versprei. Deur dit te doen hoef sy nie so te jaag nie en verder herinner ek haar ook daaraan dat om nou en dan 'n middagete oor te slaan haar glad nie skade sal doen nie.(As julle snap wat ek bedoel)

                    Wanneer sy eenvoudige werkies doen, begin sy dink dat sy meer rusperiodes as voorheen, nodig het.

                    'n Paar weke gelede het sy, nog voordat die grasperk halfpad gesny was, ges dat sy 'n ruskans nodig het. Ek ignoreer sulke aanmerkings aangesien ek weet dat dit maar net die ouderdom is wat praat. Trouens, ek probeer om haar nie te embarrasseer wanneer sy hierdie ruskanse wil h nie. Ek s sy kan gerus vir haar 'n lekker glas koue lemoensap gaan uitdruk en 'n rukkie sit...soms bied ek selfs aan om 'n glas sap saam met haar te drink, aangesien sy terselftertyd vir my ook 'n glas vol kan uitdruk. Sy kan dan haar ruskansie kry deur daar by die hangmat te sit en met my te gesels tot ek aan die slaap raak. So kan ek aangaan, maar ek dink dat julle teen hierdie tyd al agtergekom het dat ek soos 'n engel uit die hemel is, soos wat ek vir Katryn op 'n daaglikse basis ondersteun.

                    Ek wil nie beweer dat dit maklik is om soveel verdraagsaamheid aan die dag te l nie. Baie mans sal dit moeilik vind....party selfs onmoontlik.

                    Niemand weet beter as ek hoe frustrerend vrouens kan wees namate hulle ouer word nie. Die doel met hierdie skrywe van my is eenvoudig om julle te versoek om 'n poging aan te wend om so verdraagsaam soos ek te wees.
                    Om dieselfde vlak van verdraagsaamheid as ek te bereik, sit egter nie in elke man se broek nie. Wel, deur dalk net 'n bietjie minder met julle vrouens te raas nadat julle hierdie brief gelees het, het ek in my doel geslaag en was dit die moeite werd om hierdie brief te skryf!

                    Groete,
                    Frikkie



                    (Nota van die redakteur: Frikkie se begrafnis was voorverlede Saterdag.
                    Katryn is Maandag vry gespreek.)

                    Comment


                    • #11
                      Spreuke 31 ..........

                      10 Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.
                      11 Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.

                      12 Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.

                      13 Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.

                      14 He. Sy is soos die skepe van 'n handelaar--van ver af bring sy haar brood in.

                      15 Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.

                      16 Sajin. Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy 'n wingerd.

                      17 Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.

                      18 Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.

                      19 Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.

                      20 Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.

                      21 Lamed. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanwe die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof.

                      22 Mem. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper.

                      23 Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.

                      24 Samek. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars.

                      25 Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.

                      26 Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.

                      27 Sade. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.

                      28 Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:

                      29 Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.

                      30 Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.

                      31 Tau. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poort.




                      Nou ...... hoe pas dit in met die onderdanigheid storie..... ??

                      .... as die deurgsame vrou se man haar vertrou, moet sy alle besluite met hom bespreek ?

                      .... moet die deugsame vrou vir alle inkopies eers budget bakhandjie staan by manlief, of kan sy self besluit watter specials belangriker as sy golfballetjies is ??

                      .... mag die deugsame vrou regtig eiendom koop en verkoop sonder manlief se toestemming ?? ...

                      .... mag sy 'n beroep beoefen en 'n eie inkomste he waaroor sy self kan besluit ? .....

                      ... moet sy dan nie 'n bediende he om met huiswerk te help, oor wie sy self in beheer is, as sy self 'n beroep beoefen nie ? ....


                      ... mag sy haar man met wysheid terregwys as hy onnadenkend optee ? ...

                      .... as manlief daarop aandring dat sy stupid is en niks weet nie, mag sy God se Woord, wat haar as meer as 'n oorwinnar beskou, bo sy oordeel plaas ? .....

                      ... moet sy dalk vergoeding kry vir haar huiswerk - ietsie wat hare is en nie in die gesin se budget bereken word nie ? ....


                      ens...ens.....


                      so, wat ek op afstuur ... lees die manne ook Spr 31 van hulle kant af ? ....

                      buitendien, dit is die woorde van die Koning se ma waarmee sy haar seun vermaan .... en sowaar nie net 'n preek aan vroue nie .....

                      ....
                      Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                      Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                      Comment


                      • #12
                        Originally posted by mari View Post
                        Nou ...... hoe pas dit in met die onderdanigheid storie..... ??

                        .... as die deurgsame vrou se man haar vertrou, moet sy alle besluite met hom bespreek ?

                        .... moet die deugsame vrou vir alle inkopies eers budget bakhandjie staan by manlief, of kan sy self besluit watter specials belangriker as sy golfballetjies is ??

                        .... mag die deugsame vrou regtig eiendom koop en verkoop sonder manlief se toestemming ?? ...

                        .... mag sy 'n beroep beoefen en 'n eie inkomste he waaroor sy self kan besluit ? .....

                        ... moet sy dan nie 'n bediende he om met huiswerk te help, oor wie sy self in beheer is, as sy self 'n beroep beoefen nie ? ....


                        ... mag sy haar man met wysheid terregwys as hy onnadenkend optee ? ...

                        .... as manlief daarop aandring dat sy stupid is en niks weet nie, mag sy God se Woord, wat haar as meer as 'n oorwinnar beskou, bo sy oordeel plaas ? .....

                        ... moet sy dalk vergoeding kry vir haar huiswerk - ietsie wat hare is en nie in die gesin se budget bereken word nie ? ....


                        ens...ens.....


                        so, wat ek op afstuur ... lees die manne ook Spr 31 van hulle kant af ? ....

                        buitendien, dit is die woorde van die Koning se ma waarmee sy haar seun vermaan .... en sowaar nie net 'n preek aan vroue nie .....

                        ....
                        Mari.....

                        Onderdanigheid is nie 'n storie nie. Dis 'n opdrag van God en God weerspreek Homself nooit nie.

                        Spreuke 31 ondermyn nie die man se gesag oor sy vrou nie, dit wys uit dat jy as vrou nogsteeds 'n deugsame vrou kan wees onder die gesag van jou man.

                        Spreuke 31 gaan oor om jonger vroue te leer hoe om hulself in hul roepings of beroepe uit te leef onder die gesag van hulle mans. Dit is nie vir mans geskryf soseer as om die lof te besing van 'n vrou wat steeds onder die gesag van haar man 'n voorbeeld in haar gemeenskap is nie. Konteks, Mari, konteks......

                        Ek wil graag 'n uidaging rig Mari.....

                        Bring Spreuke 31 in konteks met die norm van die tyd, in konteks met die spreuke, vergelykend met die res van die Woord en hoe dit op ons vandag van toepassing is?
                        The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                        Comment


                        • #13
                          Originally posted by Lanie View Post
                          Ek wil graag 'n uidaging rig Mari.....

                          Bring Spreuke 31 in konteks met die norm van die tyd, in konteks met die spreuke, vergelykend met die res van die Woord en hoe dit op ons vandag van toepassing is?
                          ag, daar oeps ek alweer...... ek bedoel die storie rondom onderdanigheid ( ek weet van vroue wat misbruik deur hul mans "aanvaar" uit s.g. orderdanigheid - dis nie wat die Woord impliseer nie ) ......

                          Lanie, ek weet watter blessing dit is om jou man se gesag te aanvaar, self as jy dink hy's verkeerd, en om dit aan die Vader se voete te le in onderdanigheid aan Hom ...

                          anyways..... jy't my kop nou in 'n rondomtale gegooi met 'n hedendaagse toepassing van Spr 31 .... dis nou op my soort werk - ek is mos al as " pragmaties " gelaibel ..... :


                          .... sy steek haar hande in die gries en haar palms hou die spenners stewig vas ...
                          .... sy oorweeg nuwe modelle en koop dit aan ....
                          .... sy bring haar bikes uit verre oosterse lande en sit hulle behoorlik aanmekaar ...
                          ... sy maak seker daar is spares vir alle ongevalle ...
                          ... sy omgort haar overall met krag ..... etc....etc....

                          nee, nee.... dis net so erenstig as wat dis dalkies snaaks is..... dis presies hoe ek ( meestal ) doen ! ... sal bietjie daaraan werk ....

                          ... en met absulute respek bedoel, moet a.s.b. nie dink ek spot met die Woord nie ....

                          ... m
                          Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                          Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                          Comment


                          • #14
                            Hi Mari...

                            Of jy maak 'n grappie en ek's te blond om dit te vang, of jy verstaan glad nie wat ek gevra het nie.

                            Wat is die implikasie van die teks (binne konteks) op vandag se vrou onder die gesag van haar man?
                            The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by Lanie View Post
                              Hi Mari...

                              Of jy maak 'n grappie en ek's te blond om dit te vang, of jy verstaan glad nie wat ek gevra het nie.
                              Liewe Lanie.... ek's 'n rooikop ( organic, nie bottled nie ) .... sooooo ....

                              ( maar werk aan die regte konteks... sal 'n rukkie vat .... )


                              .....
                              Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                              Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                              Comment

                              Working...
                              X