Announcement

Collapse
No announcement yet.

Vroue in die Bybel

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Vroue in die Bybel

    Van al die vroue wat genoem word in die Bybel, wie sou jy graag wou ontmoet, en hoekom?
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Dis seker die obvious antwoord, maar ek moet nogsteeds s dit sal loshande, Maria, Jesus se moeder, wees. Sy is die persoon op aarde wat Hom die langste geken het en seker die meeste van Hom geweet het.
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

    Comment


    • #3
      Ja, Lanie, ek kan net dink hoe sy moes voel om as jong vrou swanger te raak, en hoe sy moes voel toe Josef haar wou los, en dit terwyl sy onskuldig was.... en daarna die joy en die pyn ...
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Originally posted by Ta-An View Post
        Van al die vroue wat genoem word in die Bybel, wie sou jy graag wou ontmoet, en hoekom?
        Nou dit is darem nie 'n moeilike vraag nie......... Ek het twee keuses, maar hierdie slag gaan ek iemand anders kies.

        Tamar, die dogter van Koning David. Ek sou haar graag ontmoet na die voorval van haar broer Amnon, sodat ek kan weet hoe sy staande gebly het, en sommer dan ook om haar die grootste en warmste drukkie te gee, sodat sy mag weet dat daar tog ander is wat omgee!
        Saved by Grace!

        Praying for Mieke and Charles
        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


        My testimony
        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

        Comment


        • #5
          Originally posted by MercyChild View Post
          Nou dit is darem nie 'n moeilike vraag nie......... Ek het twee keuses, maar hierdie slag gaan ek iemand anders kies.

          Tamar, die dogter van Koning David. Ek sou haar graag ontmoet na die voorval van haar broer Amnon, sodat ek kan weet hoe sy staande gebly het, en sommer dan ook om haar die grootste en warmste drukkie te gee, sodat sy mag weet dat daar tog ander is wat omgee!
          Nou kom ek gee ook vir jou 'n drukkie
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            'n VROUE profeet wat Jesus se koms aanskou het :

            Lukas 2:36 En daar was Anna, 'n profetes, die dogter van Fnuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;
            37 en sy was 'n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.
            38 En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het.
            Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

            Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

            Comment


            • #7
              Batseba

              Ek het nounet n fiksieboek oor die lewe van Batseba deur Francine Rivers klaargelees. Dit was nie in Dawid se huishouding onbekend dat Batseba sy gunsteling vrou was nie. Dink net aan haar eensaamheid in die vroue harem. Almal was jaloers op haar omdat sy die koning se guns geniet het. Al sy ander vroue wou hulle eie kinders voorstoot om eendag Dawid se troonopvolger te wees terwyl daardie eer aan een van Batseba se seuns belowe is. Die gevolg : NOG meer afguns jeens Baseba. Haar oupa Agitofel het haar dit nooit vergewe dat sy hulle familie se naam so deur die modder gesleep het nie en het in sy later lewe in n komplot teen Dawid gedraai. Ek wonder baie dae of sy nie later ook gewonder het nie: Was my en koning Dawid se straf op die owerspel nie die ergste ding wat ooit met hulle gebeur het nie ,want dit het die hele res van hulle lewens hulle bygebly en be-invloed .Was die kool die sous werd? Een nag van passie wat hulle lewens daarna onherroeplik sou verander... Wonder maar net...

              Comment


              • #8
                Ja, Protea ,,,,,,

                ..... en tog was Batseba later die moeder van Salemo ......... !

                ... God se wee is nie ons wee nie ......
                Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                Comment


                • #9
                  Jy is reg Mari. Die rede waarom ons van Batseba, Tamar, Ragab en ander vroue in die Bybel lees , is omdat hulle almal in die bloedlyn van Christus is. Hoe onwaarskynlik hulle keuses ook al in ons mense se oe is, het God bepaal dat hulle in Sy Seun se voorgeslag sou wees. Dis wonderlik om die goue draad van Jesus se familie so deur die Bybel te volg.

                  Comment


                  • #10
                    Protea, dis van die draad af, maar het jy al Francine Rivers se Redeeming Love en Atonement Child gelees? Dis twee van haar boeke wat ek net nie kon neersit nie.
                    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                    Comment


                    • #11
                      Ja , ALMAL van hulle. Die Lion Series het ek weer die meeste geniet. My nights are heavily 'booked'.

                      Comment


                      • #12
                        Dis nou 'n baie interesante draad, ek kom by. Ek stem saam haar boeke is fantasties, net jammer dat sy so stadig skryf. In verband met die vroue, daar is so baie. Moses se vrou, terug gaan na 'n vreemde volk, en nog saam hul trek, Miriam, om my broer se vrou te probeer aanvaar. Naomi en Rut. En sies tog Job se vrou, om haar kinders en al's te verloor en sien hoe jou man sukkel om sens te probeer maak van al's. Petrus se vrou, was sy saam met Jesus se ma en die ander vroue wat saam met Jesus hul rond gegaan het? Maria Magdalena, ek sou ook bitter graag Jesus se voete wou gewas en gesalf het.

                        Comment


                        • #13
                          Maria Magdalena.

                          Ja Marinda , ek kan self nie ophou lees aan haar boeke as ek eers begin het nie. Dan kry my man nie kos in hierdie huis nie! Ek dink net nie dis so maklik om agtergrondinligting oor die minder bekende vroue in die Bybel te bekom nie bv Petrus se vrou , Lidia die purperverkoopster ens.

                          Een van die aangrypendste insidente in die Bybel bly vir my die gedeelte in Johannes 20 waar Jesus nadat Hy uit die graf uit opgestaan het aan Maria Magdalena verskyn het. Sy is SO hartseer dat sy haar Meester nie erken deur al haar trane en ontsteltenis deur nie. Vers 16 se " Maria!" spreek boekdele! Sy word letterlik deur daardie woord tot die werklikheid teruggeruk en dan eers erken sy haar Jesus vir wie sy SO lief was. Die feit dat Jesus eerste aan n vrou verskyn het na Sy opstanding ,maak nie dat ek nou n Women's Libber wil word nie. Maar in die Bybelse tyd was n vrou se waarde n fraksie meer as n objek sodat met hierdie uitreik van Jesus na n vrou vir my oneindig baie vertel van Sy siening en waardering van die vrou. Jesus sien nie net mans raak nie ,maar sien ook ook tot diep binne -in n vrou se hart. Werklik n juweeltjie in die Bybel!

                          Comment


                          • #14
                            Ek stem saam saam met jou. Toe hul Jesus gevang het, het al Sy disipels gevlug, buiten Johannes wat Jesus op 'n afstand gevolg het. En ek glo dat toe Jesus se ma daarvan gehoor was sy onmiddelik in Sy nabyheid met al die vrouens wat saam met hul rond gegaan het. Kyk ek is ook nie 'n vroue aktivis nie, ken my plek, en dit is langs my man se sy, maar hul kan nie sonder ons nie, enige man wat iets in die lewe geword het, het 'n vrou wat 100% agter hom staan. En ek glo in Jesus se tyd het die vroue maar ook vir baie gesorg, waarvan ons nie lees nie. Wonder net hoekom is daar nie in die Ou Testament melding gemaak van vroue wat moes stil bly nie, en nie Predikers mag wees nie, maar Paulus haal dit op. Het Miriam nie ook 'n groot rol gespeel met die groot trek nie. Alhoewel sy ook maar baie klaerig was, het vir Aaron lekker opgesweep en vir Moses al sy hel gegee, maar ek glo buiten dit al's was sy 'n groot steunpilaar gewees. Se maar net.

                            Comment


                            • #15
                              Originally posted by Marinda View Post
                              .... Het Miriam nie ook 'n groot rol gespeel met die groot trek nie. Alhoewel sy ook maar baie klaerig was, het vir Aaron lekker opgesweep en vir Moses al sy hel gegee, maar ek glo buiten dit al's was sy 'n groot steunpilaar gewees. Se maar net.
                              Arme Mirriam.... Sy het vi Moses in die mandjie opgepas, en nou moet sy vir hom luister....
                              Alhowel sy het darm ook op haar tamboryn gespeel en gedans
                              The LORD is my Miracle

                              G_d was gracious He has shown favor


                              Hope is a seed
                              God plants in our hearts
                              to remind us
                              there are better things ahead.
                              -Holley Gerth

                              Comment

                              Working...
                              X