Announcement

Collapse
No announcement yet.

Nuwe boek wat ek raak geloop het!!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Nuwe boek wat ek raak geloop het!!

    Wanneer vriende vir mekaar bid Nina Smit
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Het julle al die boek Die Shack gelees?

    Comment


    • #3
      Ja dis PRAGTIG! AL dink baie teoloe nie so nie.... Die Kersvakansie van 2007 het omtrent elke 3e persoon op die strande die boek gele en lees.Vorm jou eie opinie en kom vertel ons.

      Comment


      • #4
        Hi An, ek het al Stormie Omartian se boek met dieselfde naam gesien. My vriendin het die boek gehad en ek het dit so vinnig gescan maar nog nie gekry en gelees nie. Dalk moet ek 'n plannetjie maak.

        Marinda & Protea,

        Ek dink ek moet maar gaan sit en 'n resensie op skrif sit oor die Shack, want ek moet vir julle s as jy die Shack lees met jou Bybel langsaan om op te meet, dan is daar baie verkeerd met daardie boek.
        The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

        Comment


        • #5
          Ja nee wat, ek dink ook die boek is pragtig, maar vir heel party mense is die boek te swaar. Vir my het dit gevoel of die hele Evangelie in die boek saam gevat is, so Lanie ek kan nie verstaan dat jy dit nie aan die Bybel kan meet nie. Miskien moet jy 'n resensie op skrif stel dat ons daaroor kan gesels, dis baie interesant.

          Comment


          • #6
            Die groot geveg gaan maar eintlik daaroor dat God soos n vrou voorgestel word. En natuurlik is dit NIE skriftuurlik nie, maar Mac het SO n swak verhouding met sy aardse pa gehad dat hy hom nie met n liefdevolle hemelse Vader sou kon vereenselwig nie. Eers wanneer Mac sy pa vergewe en die aardse vader/seun-verhouding herstel het, verander die 'geslag' van God in die boek weer na ons Vader toe soos dit hoort. Moet egter nie die kind met die badwater weggooi en die ander DIEP-DIEP waarhede in die boek mislees nie.

            Comment


            • #7
              Ai Protea, wens ek kon jou persoonlik ontmoet het, glo ons sou kon lekker kuier het, dink jy moet kom kuier. Dis presies hoe ek dit verstaan het, en dis weereens waar, daar is diep - diep waarhede in die boek, heelwat mense waarvan ek weet het die boek gelees en daar was net 1 persoon wat die boek terug gebring het sonder om dit klaar te maak. 1 Paartjie het die boek gebruik vir 'n Bybelstudie. Wat vir my besonders was, die liefde wat God vir ons het, en toe hy op die water wou loop en gesink het, wat Jesus vir hom gese het, ons kan niks doen sonder Hul nie, anders sink ons ook, sodra ons - ons oog van Hom afhaal, Sy hand los, dan faal ons.

              Comment


              • #8
                Originally posted by Lanie View Post
                Hi An, ek het al Stormie Omartian se boek met dieselfde naam gesien. My vriendin het die boek gehad en ek het dit so vinnig gescan maar nog nie gekry en gelees nie. Dalk moet ek 'n plannetjie maak.

                Marinda & Protea,

                Ek dink ek moet maar gaan sit en 'n resensie op skrif sit oor die Shack, want ek moet vir julle s as jy die Shack lees met jou Bybel langsaan om op te meet, dan is daar baie verkeerd met daardie boek.
                Lanie , jy kan dit met liefde doen. Plaas net die bladsye se nommers ook by sodat ons lekker kan saamgesels. Ons sien uit na jou resensie!

                Comment


                • #9
                  Ek dink tog 'n mens kan Die Shack lees en daaruit neem wat waarde het. Daar is baie in die boek wat sin maak. Die Bybel sal altyd ons enigste en ware Woord van God wees, maar vir my as ma wat ook verdriet gesmaak het, (the great sadness) kon ek my verlustig in sy 'gesprekke' met ons Vader.

                  Op bykans die laaste bladsye van die boek onder After Word beskryf hy hoedat "The Great Sadness is gone and he experiences most days with a profound sense of joy." Ek glo vir mense wat verlies gesmaak het, kan die boek 'n ander uitkyk gee en hoop dat die 'seisoen van verdriet' verby sal gaan.

                  Comment

                  Working...
                  X