Announcement

Collapse
No announcement yet.

Lekker Sjokoladekoek

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Lekker Sjokoladekoek

    Lekker Sjokoladekoek

    60 ml Kakao
    125 ml kookwater
    3 eiers
    220 ml suiker
    60 ml olie
    250 ml koekmeel
    10 ml bakpoeier
    2 ml sout
    5 ml vanilla geursel

    STROOP
    200 ml suiker
    250 ml water
    15 ml Rum geursel

    Versiersel
    1 blik karamelkondensmelk
    styf geklopte room vir versiering
    Flake-sjokolade

    Stel oond op 180 grade Celsius.

    Beslag:
    1. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.
    2. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
    3. Sif res van dro bestanddele by en meng goed.
    4. Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20-25 min. of tot toetspen skoon uitkom.( hang af van di pan wat jy gebruik, ek bak sommer in 'n Glasbak )


    Stroop:
    1. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg geursel by. Roer goed. .
    2. Prik koek met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.

    Versier:
    1. Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor.
    2. Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak). Dis 'n heerlike klam koek wat lekker klam bly.


    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Ta-An!!! MOET jy ons so in die versoeking lei...?

    Comment


    • #3
      Grootmaat resepte

      Ta-An
      Dankie vir hierdie heerlike resep. Ek was lankal opsoek na 'n besondere sjokoladekoek resep. Maar soos Protea se dis vreeslike 'versoeking' na alle kante.

      Het iemand dalk vir my lekker maklike grootmaat resepte (35 mense). Ek raak somtyds bietjie moeg vir die kos wat ons elke dag vir ons mense moet maak. Sover kon ek niks op die Internet opspoor nie. Soek dalk op die verkeerde plek.

      Dankie.
      Mia

      Comment


      • #4
        Ta An

        Wanneer bak jy weer???? Ek belowe ek sal daar om kom om te kom eet....lol!!!!!!
        Saved by Grace!

        Praying for Mieke and Charles
        Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


        My testimony
        http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

        Comment


        • #5
          Originally posted by MercyChild View Post
          Ta An

          Wanneer bak jy weer???? Ek belowe ek sal daar om kom om te kom eet....lol!!!!!!
          Dis vir Maandag by die dans ...
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            OK variasie oppie resep

            Spar verkoop "Long life" room... wat die beste styklop room op die mark is

            IEO om die kondensmelk oor die koek te smeer en met room te bedien, klits jy room styf en klits die blikkie karamel kondensmelk daarby in en smeer oor die koek.....
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Originally posted by Ta-An View Post
              Dis vir Maandag by die dans ...
              Kan ons ook kom dans ....EN 'afterparty' hou...?

              Comment


              • #8
                Originally posted by protea View Post
                Kan ons ook kom dans ....EN 'afterparty' hou...?
                Jy is welkom!!
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment

                Working...
                X