Announcement

Collapse
No announcement yet.

Die Liefde

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Die Liefde

    In ons kerk word "Advent" gevier.

    Die kersfeeskrans met die vier wit kerse en een rooi kers in die middel, dit is 'n Advent-krans (Advent reef)
    Advent : the period beginning four Sundays before Christmas, observed in commemoration of the coming of Christ into the world. Thus Second Advent: the coming of Christ on Judgment Day.
    Dit is die eerste jaar wat ek werklik die boodskaap hoor wat tydens Advent gepreek word, ek weet nie hoekom nie...

    Die eerste Sondag was Hoop, Die Here kom!

    Tweede Sondag Vrede, Vrede kom na bekering

    Derde Sondag Joy, en Vandag Liefde, alhoewel die liedere meestal gegaan het oor 1Kor 13, het die preek gegaan oor Sagaria, die Vader van Johannes en Josef, aardse Vader van Jesus.

    Sagaria wat bewyse gesoek het van die boodskap van God af, en Josef wat nooit rrig 'n hoofrol in die blyspel gespeel het nie, maar wie se liefde alles in dade uitgekom het.... Hy het 'n boodskap van God af gekry, en gedoen wat van hom verwag was om te doen...

    Liefde vir 'n mens se kinders word uitgebeeld in die voorbeeld wat jy vir hulle stel hoe om te leef.

    Gehoorsaamheid .....
    * Wanneer aksies meer tel as woorde
    * om 'n leier van mense te wees, moet jy eers aan God gehoorsaam wees

    Gehoorsaamheid kom teen 'n koste, maar net ook so ongehoorsaamheid. Ongehoorsaamheid kan veroorsaak dat mens jou ingeriteit verloor

    Hoe ervaar jou kinders / man die liefde deur jou aksies??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

Working...
X