Announcement

Collapse
No announcement yet.

Tee

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Tee

    Hoe drink jy jou tee??

    Ek drink deesdae heelike warm Heuningbos tee (Cyclopia spp.), met vrugte sappe.
    Rooi Druiwe sap meng lekker saam met die tee, en Appel sap en Granaatsap.... maar oooweee net nie Pomelosap nie
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Dis interessant om al die verskillende teesoorte te probeer. Daar is so baie lekkeres. Ek hou ook van Heuningbos tee.......... in my Royal Albert koppie (net nie in 'n beker nie ) sonder melk met ekstra heuning.

    Ek besef nou-eers ek het nognie teetyd gehad vanoggend nie!! Cheers .........

    Comment


    • #3
      Originally posted by Son of the South
      En as ek my staalpunt veiligheidskoene politoer gee, sal dit dan aanvaarbaar wees vir die teeklub? Ek lig darem my pinkie as ek teedrink...

      Kyk, Rooibos tee moet kook. As ek nou regtig lekker Rooibos wil maak, dan sal ek my Carmién rooibos in my (LW myne) vlekvrye staal teepotjie op die stoofplaat maak. As ek nou gaste het wat so bietjie haastiger is, dan sal ek dit in 'n glas teepot maak en darem net so bietjie in die mikrogolf laat tiekiedraai voor ek skink...nie heeltemal dieselfde nie, maar dit is vinniger.

      Kondensmelk is vir koffie. Of jy kan 'n knertsie vanielje geursel bygooi. Of kitskoffie gemeng met warm sjokolade...

      My vroulief gooi doodgewone koue melk in die gewone moerkoffie beker (plunjer) en wiks dit dan so paar keer op en af - siedaar skuimmelk soos by die kêffie. Sprinkel warm sjokolade poeier bo-oor vir fênsiegeid. Dit doen niks vir my nie, maar my vrou is mal daaroor.
      Sos ....

      ..... jy's jou nou tusse die pienk slippers begewe ... vertel nou.... kan jy darem tee maak ???? ......

      wat jy van praat is menseltee- rooibos en ingelse tee ( ja dit moet nogal daai romantiese 5 rose wees ... die Joko jive werk nie dieselfde nie .... ) saam in die potjie .... my man is ook mal daaroor, maar met so 'n knertsie kondensmelk .......

      gewone rooibos is lekker, maar dit maak my vreeslik honger ..... gebeur dit met iemand anders hier ook ? .....

      .... m
      Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

      Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

      Comment


      • #4
        mari, jy's reg, hulle gee aan die anoreksie-pasiente Rooibos tee om hulle eetlus aan te wakker
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment

        Working...
        X