Announcement

Collapse
No announcement yet.

Ons brei alweer :)

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Ons brei alweer :)

    Liewe mens...kom brei saam

    Toedraai-kombersie breipatroon
    vir ’n Dierbare Vriendin.


    Benodighede:
    Bolle en bolle van die mooiste bloedrooi
    Bolle en bolle van die mooiste suiwerste wit
    Bolle en bolle van die mooiste helderste groen
    Een pen van hoop en een pen van geloof

    Grootte: Onbeperk

    Spanning: Geen spanning vir hierdie kombersie nie.
    Patroonsteek: net reg(s). Aweregs is nie geskik vir hierdie kombersie.

    Aantal steke: 365 – onthou om met skrikkeljaar liewer een steek
    te vermeerder as om te verminder

    Metode:
    Een hele ry met die mooiste bloedrooi.
    Een hele ry met die mooiste liefdeswit.
    Een hele ry met die mooiste genadegroen.

    Afwerking:
    Rye en rye gebed
    Alle benodighede is verkrygbaar by Jesus in oorvloed en verniet.
    Raad is beskikbaar van die Heilige Gees.
    (Dankie Heer vir sulke wonderlike gebedsvriende.
    Sonder hulle sou ons lewe arm gewees het).

    Nood Telefoonnommer:
    Hierdie telefoonnommers is baie beter as 911.

    Wanneer:-
    Jy bedroef is, skakel – Johannes 14
    Jy gesondig het, skakel – Psalm 51
    Jy bekommerd is, skakel – Mattheus 8:19-34
    Jy in gevaar verkeer, skakel – Psalm 91
    Mense jou gefaal het, skakel – Psalm 27
    Dit vir jou voel asof God vr van jou is, skakel – Psalm 139
    Jy eensaam en bang is, skakel – Psalm 23
    Jy uitgeworpe voel, skakel – Romeine 8:31-39
    Hierdie nommers kan direk geskakel word, sonder die hulp van ‘n operateur.

    Alle lyne na die hemel is 24 uur per dag beskikbaar!
    Voed jou geloof, en twyfel sal van honger omkom![/quote]
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

Working...
X