Announcement

Collapse
No announcement yet.

Here maak my sommer net 'n "houspyp"

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Here maak my sommer net 'n "houspyp"


    Here, maak my vandag (soos ons kleintyd ges het) 'n 'houspyp'. Sommer net 'n ordinre 'houspyp', Here, wat gereed l in U tuin .
    Weerhou my daarvan om ambisieus te strewe na die aansien van 'n kristalkraffie - wat mooi, maar snobisties-suinig bietjies water in delikate klein glasies skink, maar nooit 'n groot dors les nie.
    Weerhou my van die versamelwaarde van 'n kunstige erdekruik - wat, al hou hy die water heerlik koel, 'n bodem het. Leeg raak. Gewoonlik te gou . Want selfs die waardevolste kruik wat leeg is, bied geen verweer teen die venyn van 'n dro wind nie!
    Nee, Here, maak my sommer net 'n 'houspyp' - wat tevrede is om dag na dro dag net 'n kanaal te wees vir U strome van lewende water. (Wat, vreemd genoeg, mr blink uit 'n 'houspyp' as in kristal.)
    En, Here God, maak my o oop vir verwelkte mense wat verskroei in die wind!

    Amen


    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Re: Here maak my sommer net 'n "houspyp"

    Dis my bede ook en daarmee is ek nou ook nou amptelik lid van die 'houspyp brigade'. Ons as Christenne fokus so op wat ons vir die Here kan DOEN in plaas van n
    houspyp te wees waardeur Sy genade en liefde en barmhartigheid kan vloei na n mensdom in nood. Of jy nou n grend koperpyp, n kommin platiekpyp, n asbespyp of n
    vlekvrye staal pyp is maak nie saak nie. Dis wat daardeur vloei wat van belang is! En hoe baie mense is in die nood vir God se helende water en Woord. Hoe meer
    pype daar is hoe vinniger kan die helende water by diegene in nood uitkom. So, koppel jou pyp aan die hemelse Bron en sien hoe word n gebroke mensdom weer heel!

    Comment


    • #3
      Re: Here maak my sommer net 'n "houspyp"

      Ek het onlangs so 'n verlenging aan my houspyp gesit ,maar dit is bietjie van 'n sagte pyp en as hy 'n knak kry loop die water nie so sterk nie.Gelukkig kan God ook al is ons nie meer so 'n nuwe houspyp nie, ook gebruik net waar dit nodig is.

      Comment


      • #4
        Re: Here maak my sommer net 'n "houspyp"

        Hoe meer
        pype daar is hoe vinniger kan die helende water by diegene in nood uitkom. So, koppel jou pyp aan die hemelse Bron en sien hoe word n gebroke mensdom weer heel!
        Net so my liewe mensevriendin!!
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Re: Here maak my sommer net 'n "houspyp"

          trudie, daar waar die pyp geknak is en water lek... daar groei ook mooi blommetjies
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment

          Working...
          X