Announcement

Collapse
No announcement yet.

2 Korinthiers 1:3

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • 2 Korinthiers 1:3

    2 Korinthiers 1:3 Gesend is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting,

    My seun (27) ... het huis gekoop, en omdat hy voorheen gehuur het, het hy maar min aardse besittings, en daarom het hy nie nodig gehad om 'n trok te huur om mee te trek nie, hy het so daagliks 'n paar los goeters na ons huis toe gebring, sodat sy plek leeg kon raak en dan hiervandaan na sy huis toe....

    Tussen die goed sien ek 'n bekende item uitsteek.... Sy Telly-quak
    Kinders het mos altyd 'n sagte kombersie, die wat 'n satynlint om het ... waarmee hulle van hou om mee te gaan slaap.... en dit is juis hoe Telly-quak 'ontstaan' het, toe ons met vakansie gegaan het, en "bersie" by die huis vergete gebly het... . Die ding l so tussen alles, en ek kon net smile...

    Vanoggend toe ek die stukkie uit 2 Kor lees, kom die prentjie weer by my op.... net soos wat daardie speelding in sy kleuterjare sy Vertroosting was,,,,, net so is die Here my Vertroosting (Vertrooster)

    Net soos in die liedjie...
    Want HY is myne, en ek is Syne




    .. !!
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

Working...
X