Announcement

Collapse
No announcement yet.

Brood bak ....

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Brood bak ....

    Wie hier bak brood ? - dis nou die gewone, maar ordentlik gegisde ( nie geroerde bruismeel en soppakkie soort virri braai nie ) .... ouma se wit of bruines en dalkies ook die intersessante anderses ...

    manlief kom mos nou die dag met 'n pak broodmeel pleks van koekmeel van shoppoing af ..... ek kry toe gis met die volgende draai en siedaar, saam met ma se Kook en Geniet ruik die kombuis sommer soos ouma s'n .... maar die baksteen in die oond lyk alles behalwe soos haar sponslekkerte ....... !

    wie het wenke en idees ? ......

    ....m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

    Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

  • #2
    Re: Brood bak ....

    Ek bak ook graag ciabatta brood.Ons rooster die snye of braai effens in olyf olie en eet dan met fyn gesnyde tamatie gemeng met bietjie olyf olie,knoffel en pietersielie.My dogter gooi gerasperde kaas op die sny brood en gooi die tamatie op die kaas.Amper vergeet ek van sout en swart peper op die tamatie.

    Comment


    • #3
      Re: Brood bak ....

      nee man trudie man..... hoe kan jy ons van brood bak vertel sonder om die resep te deel


      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Re: Brood bak ....

        Originally posted by mari View Post
        Wie hier bak brood ? - dis nou die gewone, maar ordentlik gegisde ( nie geroerde bruismeel en soppakkie soort virri braai nie ) .... ouma se wit of bruines en dalkies ook die intersessante anderses ...

        manlief kom mos nou die dag met 'n pak broodmeel pleks van koekmeel van shoppoing af ..... ek kry toe gis met die volgende draai en siedaar, saam met ma se Kook en Geniet ruik die kombuis sommer soos ouma s'n .... maar die baksteen in die oond lyk alles behalwe soos haar sponslekkerte ....... !

        wie het wenke en idees ? ......

        ....m


        Groot geheim

        Die gis moet nie in direkte aanraking met sout of suiker kom nie

        Roer die sout en suiker in die meel in, en dan kan jy die gis in die meel inmeng...

        Ek is mal oor brood bak, dit is my soos 'n terapie sessie om die deeg te bewerk...

        Ek doen graag 'fancy' brode

        Soos wanneer jy die brood-deeg uitrol en met gersperder kaas bestrooi en dan soos 'n rolkoek oprol, in 'n broodpan pak en bak.... of om kaneelsuiker oor te strooi, ipv kaas...... en as jy regtig lus is vir bak en brou, dan pos ek vir jou 'n Cinnabon resep
        The LORD is my Miracle

        G_d was gracious He has shown favor


        Hope is a seed
        God plants in our hearts
        to remind us
        there are better things ahead.
        -Holley Gerth

        Comment


        • #5
          Re: Brood bak ....

          mari.... gaan kyk hier....Anchor het 'n webtuiste, OOPS!! ek sien hulle basies brood deeg maak gebruik van koek-meel....
          The LORD is my Miracle

          G_d was gracious He has shown favor


          Hope is a seed
          God plants in our hearts
          to remind us
          there are better things ahead.
          -Holley Gerth

          Comment


          • #6
            Re: Brood bak ....

            Gewone Wit brood

            1 Kg Wit brood meel
            15 ml sout
            10 ml suiker
            10 g (1 pakkie) Anchor Instant dry yeast
            25 g/ml margarien
            625 ml louwarm water

            Meng die meel sout en suiker saam.
            Voeg die gis by en meng deur.

            vryf die margarien in die meelmengsel in totdat al die magarien in die meel opgeneem is.

            voeg water biki vir biki by om 'n sagte deeg te vorm.

            knie deeg goed vir 10 minute tot die deeg sag en elsaties is, dit maak sulke papier-dun blasies op die oppervlak van die deeg.

            maak die deeg liggies toe met 'n gesmeerde plastiek en laat rus vir +- 15 minute
            (ek gebruik sommer 'n oopgeknipte inkopiesak wat ek met spray-and-cook spuit. )

            knie die deeg af , verdeel in twee dele en vorm 'n broodji, plaas in gesmeerde brood-pan (2 X 1,5L pannetjies)

            Laat rys tot dubbel die volume (ek sit weer die plastiek oor en onder 'n kombers) vir omtrent 45 minute...hang af van hoe warm dit is

            Borsel bo-op met water en bak vir 35 minute in oond van 200C (400F) alhowel ek eerder bak by 180C... die brood klink hol as jy bo-op klop en dit is gaar...
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Re: Brood bak ....

              Ek het bietjie gesoek vir die Ciabatta resep om dit per hand te meng.Daar is so baie maar dit is almal basie die selfde.

              die resep wat ek gebruik word in 'menger aangemaak:

              4 koppies broodmeel
              1 pakkie gis
              2 teelepels sout
              2 koppies lou warm water

              meng alles in meng bag en gebruik die " Klem " van menger en klop vinnig vir so 10 minute ,totdat dit lyk of 'n bal begin vorm. Dit is 'n baie slapperige deeg.
              Laat rys tot dubbel die volume.
              Verhit oond tot 200 grade celsius
              Keer die deeg om in 'n pan sonder om te meng ,vorm dit net so effens met meel bedekte hande.
              Bak in oond vir so 25 tot 30 minute.

              Die brood lyk soos 'n pantoffel en ek het gelees daar word ook verwys na "slipper bread".
              Daar is baie van die resepte op die internet.Ek sal voorstel om eers een te koop en kyk of die mense daarvan hou

              Comment


              • #8
                Re: Brood bak ....

                Baie Dankie Trudie!!! Ek gaan definitief bak...

                EDIT :


                Heerlik!!
                Last edited by Ta-An; Dec 10th 2011, 05:49 PM.
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment


                • #9
                  Re: Brood bak ....

                  mari... hier is 'n lekker resep. die link wil nie werk nie http://www.rapport.co.za/MyTyd/Nuus/...n-arm-20110209 maar die vat so laaaaaank, maar klink lekker
                  S maak jy:
                  Gee tyd vir die bereiding – begin die vorige middag al. Jy het ’n oondvaste bak met ’n deksel nodig vir die bak. Ek gebruik een van my platboomysterpotte. Dit is toe te skryf aan die toe, warm pot dat die brood ’n heerlike kors ontwikkel. Met gewone brode plaas jy gewoonlik ’n bak met water onder in die oond, wat dan stoom ontwikkel vir ’n krakerige kors.
                  Die Franse bak hul baguettes in ’n spesiale stoom-broodoond en as ek in Frank-ryk kom, is my verhemelte altyd die eerste drie dae rou van die behoorlike korse aan hul brood.
                  Daar is net een stukkie lastigheid rondom die resep: om die deeg in die pot te kry. Maar ek sal verduidelik.
                  Hierdie resep pas jy aan by die grootte van jou pot – dink aan die hoeveelheid meel en dan die helfte van die volume in water met so ’n knertsie ekstra by.
                  Vir my pot gebruik ek vyf koppies meel en die pot hou drie liter water.

                  Bestanddele:
                  5 koppies broodmeel
                  teelepel kitsgis
                  2 koppies louwarm water
                  1 teelepel suiker (ek gebruik heuning)
                  sout

                  Gebruik ’n groot mengbak en meng die meel en sout (en suiker, as jy dit gebruik) daarin.
                  Los die gis en heuning in die lou water op en laat staan vir tien minute – net om die gis aan die gang te skop.
                  Voeg die water by die meelmengsel en roer met ’n houtlepel tot alles deeglik gemeng is. Die deeg sal baie taai en slap wees.
                  Maak die bak met kleefplastiek toe en laat die deeg rustig sy ding doen teen kamertemperatuur, vir minstens 12 uur, maar liefs tot 18 uur lank. Ek steek my hande (natterig) van tyd tot tyd in die deeg om dit om te keer. Teen di tyd sal die deegmengsel vol borrels en mooi uitgerys wees.
                  Nou moet die deeg uitgelig word, maar wees versigtig. Ek gebruik een van my baie dun kerfblaaie van plastiek en sprinkel dit deeglik met meel. Plaas die deeg op die meelbedekte plaat en vorm dit liggies in ’n balvorm. (Iemand s hy gebruik ’n meelbestrooide vadoek, maar dit werk nie vir my nie. Die slap deeg bly vassit aan die lap, selfs met meel daarop.)
                  Maak die deeg met ’n lap toe en laat dit weer vir 2 uur rys. As jy jou vinger liggies in die deeg druk en die deeg spring weer terug, het dit genoeg gerys.
                  Sit jou pot of oondbak ’n halfuur voordat die deeg uitgerys is in die oond teen 220C. Die pot moet baie warm word.
                  Dop die deeg versigtig om in die warm houer en moenie skrik as dit lyk asof dit ’n treinsmesj is nie. Skud net die pot liggies, sit die deksel op en plaas weer in oond.
                  Bak vir 30 minute, verwyder deksel en bak vir nog 15 tot 30 minute tot bruin. Soos alle brode moet die uitgekeerde brood hol klink as jy op die boom daarvan klop. Die kraakvars kors is te danke aan die stoom wat in die pot gevorm word. Vir oop brode plaas ons ’n bak met kookwater in die oond wat dan stoom afgee.
                  Sny en geniet en laat die komplimente inrol.

                  En nog ene:
                  lyk ook lekker
                  roerbrood

                  Min tyd vir brood bak deesdae. So die laaste paar weke bak ek meestal my go-to roerbrood, eenvoudig en vinnig. Vier koppies meel (wat ook al jy ingooi, myne is gewoonlik 'n kombinasie van broodmeel, volgraanmeel, en semels), 'n pakkie kitsgis, 'n eetlepel sout, en 'n eetlepel suiker. Voeg genoeg louwarm water by om 'n natterige deeg te maak, roer om seker te maak als is deeglik gemeng. Laat rys, en bak wanneer die deeg verdubbel het.

                  (Heerlik vars, ook besonder lekker as roosterbrood, met bele cheddar, en rooibostee.)
                  The LORD is my Miracle

                  G_d was gracious He has shown favor


                  Hope is a seed
                  God plants in our hearts
                  to remind us
                  there are better things ahead.
                  -Holley Gerth

                  Comment


                  • #10
                    Re: Brood bak ....

                    Ta An, hoekom moet die sout en suiker nie in direkte kontak met die gis kom nie? Sout steriliseer, dit kan ek verstaan, maar suiker word gebruik in die gistingsproses en JUIS gooi jy n teelepel suiker by jou gis en lou water om 'in te suur'. Ek 'suur in' om die gis 'wakker' te maak. Het al te veel onaktiewe suurdeeg mee moes sukkel.

                    Insuur:
                    Gooi 4 eetlepels meel en gis in n beker en voeg n groot teelepel suiker by. Daarna lou watertjies om n slap degie te vorm. Los sommer die houtlepel in die tuit van die beker en plaas n piering bo-op om n 'oondjie' te vorm. Plaas die beker in n groter beker met sterker warm water (Hou sy 'boudjies' warm...). Gou begin die degie borrel en vermeerder sodat jy hom moet afroer. Jy sal sien jou gis is nou heeltemal opgelos en nie meer sigbaar of voelbaar(korreltjie) nie .

                    Wanneer jy dit die tweede keer moet afroer, voeg jy dit by jou meelmengsel wat die sout bevat. Knie nou met die byvoeging van lou water soos benodig. So het myse Hubby my leer brood bak. My skoonmammie het elke dag van haar lewe behalwe Sondae brood gebak op die ou familieplaas en sy het geKEN van. So boeta moes die kennis mos optel....

                    Comment


                    • #11
                      Re: Brood bak ....

                      Pakkies kitsgis is waarna ek verwys, gebruik jy nie koekies suurdeeg nie?
                      The LORD is my Miracle

                      G_d was gracious He has shown favor


                      Hope is a seed
                      God plants in our hearts
                      to remind us
                      there are better things ahead.
                      -Holley Gerth

                      Comment


                      • #12
                        Re: Brood bak ....

                        Ja , ek bak ook met kitsgis maar 'suur in' daarmee omdat ek al so baie 'duds' gekry het . Kry mens nog koekie suurdeeg?

                        Comment


                        • #13
                          Re: Brood bak ....

                          Originally posted by protea View Post
                          Ja , ek bak ook met kitsgis maar 'suur in' daarmee omdat ek al so baie 'duds' gekry het . Kry mens nog koekie suurdeeg?
                          Ja, ons SuperSpar het koekie suurdeeg. Insuurmetode... dit vat laaaank ek wil vinnig bak .
                          The LORD is my Miracle

                          G_d was gracious He has shown favor


                          Hope is a seed
                          God plants in our hearts
                          to remind us
                          there are better things ahead.
                          -Holley Gerth

                          Comment


                          • #14
                            Re: Brood bak ....

                            Hi julle - gaan dit nog goed met almal? Ek was maar lanklaas hier maar is nou met vakansie en kom kuier 'n bietjie.

                            Ek wil net se ek bak altyd my eie brood, maar ek bak dit in 'n broodmasjien. Mens gooi net die bestanddele in, programmeer dit en drie ure later haal jy die heerlikste varsgebakte brood uit die pannetjie. (Ek gebruik droe gis in my resep.) Ek kan die masjientjie regtig aanbeveel - dis maklik en heerlik.

                            Blessings
                            B
                            Jeremiah 29:11
                            "For I know the plans that I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

                            Comment


                            • #15
                              Re: Brood bak ....

                              Originally posted by paidforinfull View Post
                              Hi julle - gaan dit nog goed met almal? Ek was maar lanklaas hier maar is nou met vakansie en kom kuier 'n bietjie.

                              Ek wil net se ek bak altyd my eie brood, maar ek bak dit in 'n broodmasjien. Mens gooi net die bestanddele in, programmeer dit en drie ure later haal jy die heerlikste varsgebakte brood uit die pannetjie. (Ek gebruik droe gis in my resep.) Ek kan die masjientjie regtig aanbeveel - dis maklik en heerlik.

                              Blessings
                              B
                              Jaaaa,,, ek het ook ene, maar die broodjie is so klein... wel eintlik genoeg om altyd vars brood te h
                              The LORD is my Miracle

                              G_d was gracious He has shown favor


                              Hope is a seed
                              God plants in our hearts
                              to remind us
                              there are better things ahead.
                              -Holley Gerth

                              Comment

                              Working...
                              X