Announcement

Collapse
No announcement yet.

Nog brood!

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Nog brood!

    Lekker brood!!

    My seun het Maandag aand kom kuier, en die lekkerste garnaal kerrie gemaak...... met 'n lang room sous!!

    "Ma, die kerrie soek Naan brood"

    ...en toe ontdek ek die lekkerste vinnigste brood wat mens bo-op die stoof in 'n braai-pan gaarmaak!!

    Jy kan gerus probeer

    Meng 10g (1 pakkie) Kits suurdeeg met 250ml (1K) warm water en laat staan vir 10 min (Die het my aan 'protea' laat dink)
    Meng 540g banket meelblom (koekmeel) met 60ml suiker, 1ml sout (bietjie min na my smaak, maar ek het agterna growwe sout oorgemaal)
    Klits 1 eier saam met 45ml melk en roer saam met die suurdeeg in die meelmengsel in om 'n sagte deeg te maak.
    Knie vir 10 minute en laat die deeg rus vir 1H.
    Knie deeg af, en maak golfbal grootte balletjies, laat dit rys vir 30 minute.
    Ek het 'n pot-yster pan met riffeltjies warm gemaak op die stoof en dit met Spray-and-Cook gespuit.
    Rol die deeg balletjies in dun skywe, (Ek het die helfte so dik soos plaatkoekies uitgerol, en die ander helfte so dun soos pannekoek,,, maar verkies die plaatkoekie dikte)
    Die pan was groot genoeg vir 2 ovaal-vormige broodjies op 'n slag, dus het ek net 2 op 'n slag uitgerol
    Smelt 60ml botter saam met 'n gekneusde knoffelhuisie
    Die broodjie maak fluffy-bubble rys-blasies aan die ongebakte kant, smeer die ongebakte kant met die gesmelte botter, draai dit om, en smeer die gebakte-kant met die gesmelte knoffel-botter.
    Hou so aan tot al die broodjies gebak is...
    Soos ek ges het, ek het Rock-salt oor gemaal....

    Die broodjies is HEERLIK saam met 'n souserige iets... soos die kerrie-garnale
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  • #2
    Re: Nog brood!

    Ek kan my heeltemal daarmee vereenselwig dat Jesus die Brood van die Lewe is
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment


    • #3
      Re: Nog brood!

      Wanneer mens nou so stukkie van die plat broodjie in Olyfolie druk en dan in Za'atar (Zatar) dan is dit heerlik, as jy nou van oreganum en kruie hou
      'n Vreindin kom nou net van Israel af terug en het vir my 2 houers vol Zatar gebring !!
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Re: Nog brood!

        Ta - An , dit klink HEERLIK! EK kry Woensdagaand braai-kuiermense en gaan dit definitief probeer. Mens kan seker rosyntjies ook byvoeg vir weer heeltemal n ander smaak? Met brood kan jy waarlik n weermag kosgee!

        Comment


        • #5
          Re: Nog brood!

          Ek het onlangs gedroogde olywe gesien en dink ook net lekker wees.Ek kan net nie onthou waar nie.

          Comment


          • #6
            Re: Nog brood!

            Ek sal stem vir Olywe ja, rosyne dalks biki te soet ?
            Maar laat weet hoe dit proe

            Ek maak vandag saam met kerrieskaapvleis
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Re: Nog brood!

              Kan ek kom saam eet.Hou baie van kerrie.

              Comment


              • #8
                Re: Nog brood!

                Originally posted by trudie View Post
                Kan ek kom saam eet.Hou baie van kerrie.
                Jy is welkom, daar sal genoeg wees
                The LORD is my Miracle

                G_d was gracious He has shown favor


                Hope is a seed
                God plants in our hearts
                to remind us
                there are better things ahead.
                -Holley Gerth

                Comment

                Working...
                X