Announcement

Collapse
No announcement yet.

Kindertuinkonserte.

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Kindertuinkonserte.

    Kindertuinkonserte is iets wat ek vir NIKS mis nie. So 2 jr gelede het die kindertuingroep by ons laerskool in hulle Kerskonsert van n klein ponie gebruik gemaak en 'moeder Maria' kom toe die saal van agter ingery op die 'donkie' . Die opgewondenheid van die kinders moes die ponie seker aangevoel het want die 'onvermydelike' gebeur toe REG VOOR DIE INSPEKTEUR wat langs die skoolhoof sit in die voorste ry. Maar die kindertuindepartement is vir alles gerat en vanuit die niet verskyn hulle met n plankie en n skoppie en verwyder die 'onvermydelike' en siedaar , die konsert kan aangaan!

    My eie 'verhoogloopbaan' in die kindertuin was redelik vervelig ,want ek was DRIE KEER N KOEI.... Liewe aarde , ek het mos ook n binneste... Ek was gelukkig al drie keer die voorste deel van die koei ( ek kon sien ,maar die 'agterste deel' van die koei nie!) en die pret wat ons gehad het deur die kinders te jaag trappe op en trappe af van die verhoog af as die onderwysereresse nog nie daar was nie. Aan die arme 'agterste deel' van die koei het ek nie gedink nie...

  • #2
    Ahhhh dit klink so lekkerrrrrrrrrrrrrrr ek sal wat wil gee om al ouma te word vir so 'n kinder konsert
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth

    Comment

    Working...
    X