Announcement

Collapse
No announcement yet.

Waterpokkies

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Waterpokkies

    Hi julle

    Wie van julle is experts op kindersiektes en kan my meer vertel van waterpokkies?

  • #2
    Ag aarde, dis nou vir jou 'n gagga siekte. Kry maar baie calamine lotion, allergex, altwee help vir die jeuk, en baie geduld en liefde. My poppe het dit altwee amper gelyk gehad. Ek dink dis die ergste van al die kindersiektes. "Probeer" maar dat hulle nie krap nie want dit maar lelike merke. Maar as daar merke is na die tyd verrig Bio-oil wonderwerke.
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

    Comment


    • #3
      Ek weet net dat dit hoogs aansteeklik is so hou hulle weg van swanger vrouens, babatjies,,,,,, spons af met koue water help ook vir die gejeuk...en soos Lanie sę, Calamine lotion en 'n antihistamien (Allergex) help ook vir die gejeuk.

      My Ma het altyd gesę om mense met waterpokkies ver weg te hou van mense wat asma het....
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment


      • #4
        Baie dankie vir julle hulp! Ek het die lotion gaan koop en Allergex gekry en ek dokter maar die ou dingetjie.

        Comment


        • #5
          Sonia...

          die probleem met waterpokkies is nie net die aansteeklikheid daarvan nie, maar ook dat, as die blasies stukkend gekrap word, die maklik ontsteek van enigiets in die omgewing.....

          dis raadsaam om die kleingoed van ander af weg te hou totdat die blasies genees - vir hulle eie voordeel....... laat hulle ook gereeld handewas, liewer nie met troeteldiere speel nie ( aai tog ! ) en nie IN DIE NEUS KRAP terwyl die gejeuk pla nie - die bakteriee in die neus is gif vir die blasies en kan lelike merke veroorsaak....

          Alcare se aleo gel werk vir die jeuk en die genesing van die vel ..... nie net vir watepokkies nie, maar enige velaandoening.... deesdae by meeste apteke besikbaar....

          hou ook 'n botteltjie "tee tree" handig vir ontsteekte blasies..... dit stink bietjie, maar werk... ook by apteke...

          as pa as kind nie waterpokkies gehad het nie, moeilik soos dit klink, probeer hom weghou van die kleingoed, wat soos meeste kindersiektes, is dit 'n deurmekaarspul van 'n ander aard as 'n volwasse man dit kry.......

          groetnis
          ( ex-creche antie )
          mari
          Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

          Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

          Comment


          • #6
            Baie dankie vir al julle raad! Mag hy bad? My tannie het gesę nee, maar ek kry die kind jammer omdat hy nie kan bad nie (veral nie sy haartjies kan was nie) - en ek voel ook nie gerus om hom net in die aand af te vee nie want hy is 'n woelige 3 jarige - en dis 'n misie om daai voetjies skoon te kry!

            Ek is bang vir sy sussie. Sy is volgende week 'n jaar. Is dit op die ouderdom gevaarlik vir haar?

            Dankie tog ek en pappa het dit al gehad! Anders weet ek nie wat sou die arme dingetjie sonder sy pa gedoen het nie want sy pa is sy alles!

            Comment


            • #7
              Sonia, ek dink dis 'n ou-vrou storie, met respek gesę! Ek het my doggies gebad en hulle het niks oorgekom nie. Inteendeel die water het gehelp vir die gejeuk. Dis nie gevaarlik vir jou dogtertjie nie, dis eintlik beter as hulle dit kry as hulle kleiner is want dit word erger soos hulle ouer word. My oudste het dit baie erger gehad as kleinsus.
              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

              Comment


              • #8
                Hi Lanie
                Ek het nie van die goedjies vergeet van die lofprysing nie...

                Ek het ook nogal gewonder oor die bad storie want my tannie het gesę dit gee die seuntjies kalbassies (askies dis wat sy gesę het)...

                Ek weet nie meer nie...

                Comment


                • #9
                  Sallie weetie.... ek het net dogtertjies! Dalk moet jy net jou dokter bel en seker maak.
                  The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                  Comment


                  • #10
                    Met enige kindersiekte wat volwassenes kry moet gewaak word teen verwaarlosing. Daar is al meer as een sterfte aangemeld van volwassenes wat kindersiektes opdoen en nie ernstig genoeg opgeneem het nie. Dis beslis nie kinderspeletjies nie! n Man wat ek geken het is dood van komplikasies nadat hy die simptome van waterpokkies of pampoentjies geignoreer het en n koue gekry het toe hy gaan swem het. Wat die tannie met die 'kalbassies' bedoel het is : Verwaarlooste waterpokkies by volwasse mans kan lei tot steriliteit.

                    Comment


                    • #11
                      Hi Julle

                      Jong julle my kop is nou skoon deurmekaar, hoe gesels mens hier????

                      Comment


                      • #12
                        Hi Yolandi,
                        Baie welkom ! Om saam te klets, kliek jy net op 'Post Reply' of 'Quote' en dan laat waai jy! En as jy jou paragraaf wil pos , kliek jy net 'Submit Reply' en ons lees AL jou hartsgeheime...

                        Comment


                        • #13
                          AI, DANKIE PROTEA, DIT HET NET NIE VIR MY SO MAKLIK GELYK AS WAT HULLE WIL VOORGEE NIE, SO EK PROBEER MAAR. LYK MY DIE GESELSIE OOR WATERPOKKIES IS OOK GISTER AL VERBY lol!!!

                          Comment


                          • #14
                            Yolandi,
                            Heel bo links op jou rekenaar is daar n pyltjie wat links wys. Kliek op hom tot jy op die hoof forum kom . Daar is n Engelse deel en ook n Afrikaanse Lighuis deel waar net Afr poste gepos word. Nou sal jy sien daar is 8 hoof dele waaruit die Lighuis bestaan. Kliek op een van hulle en dan skop dit weer vir jou n menigte drade of onderwerpe uit waaraan jy kan deelneem. Ester se Koffiehuis is maar net een van die 8 hoof groeperinge.Speel maar rond , jy sal gou regkom.

                            Comment

                            Working...
                            X