Announcement

Collapse
No announcement yet.

Hoe dissiplineer jy jou kinders?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Hoe dissiplineer jy jou kinders?

    Ek sal graag wil hoor hoe en waarvoor mense hulle kinders dissiplineer. Gebruik jy verskillende dissipline tegnieke vir verskillende oortredings? Wat werk vir verskillende ouderdomme? Hoe voel jy daaroor wanneer ander mense jou kind voor jou teregwys? Het jy al jou stem dik gemaak vir iemand anders se kinders in hulle teenwoordigheid?
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  • #2
    Originally posted by Lanie View Post
    Ek sal graag wil hoor hoe en waarvoor mense hulle kinders dissiplineer. Gebruik jy verskillende dissipline tegnieke vir verskillende oortredings? Wat werk vir verskillende ouderdomme? Hoe voel jy daaroor wanneer ander mense jou kind voor jou teregwys? Het jy al jou stem dik gemaak vir iemand anders se kinders in hulle teenwoordigheid?
    Daar is seker niks so sleg soos wanneer ander mense se kinders by jou huis hulle wangedra en die ouers sit net so sonder om hulle kinders tereg te wys nie. Mens weet nie altyd lekker hoe om dit te hanteer nie. Kyk, as dit nog gaan net oor die ander kind, dan laat begaan mens maar: as sy ouers hom nie kan/wil opvoed nie, dit bly nog uit eindelik hulle verantwoordelikheid.

    Sodra 'n ander kind byvoorbeeld myne afknou, dan moet ek maar op my hande sit. My kind moet ook maar leer om verdraagsaam, mededeelsaam, ens. te wees en om self sy sake uit te sorteer. Ek trek die streep by waar my kind erg afgeknou word en die ander kind waarskynlik ouer of groter is en my kind homself nie kan handhaaf en/of verweer nie. Dan sal ek die ander kind aanpraat (of selfs pakslae gee as sy ouers hom in my sorg gelaat het - alhoewel ek nog amper nooit moes nie). Hierdie ander mense se kinders aanpraat ding het al 'n groot ongemaklikheid tussen my en skoonsus gebring, maar iemand moet tog aan my kind se kant wees. As ek nie as ouer vir hom is nie, na wie toe sal hy homself kan wend?

    My kinders kry baie min pakslae, maar 'n pak op sy tyd is soos brood en konfyt. Dan speel ons nie, ek voeter hulle hard met 'n paplepel op die boude. Hulle skuif sommer op hulle agterstewetjies op die vloer, want dit BRAND! Sies, jy mishandel die arme bloedjies! Nee, ek kom my plig om hulle op te voed na. As jy tik-tik aan 'n kind, dan pluk jy 'n lat vir jouself en jy maak jou kind opstandig. Min pakslae, op sy tyd en ordentlik uitgevoer is baie meer effektief.

    Comment


    • #3
      Hi Lanie.......wel ek is kinderloos maar is darem maar vreeslik lief vir kindertjies........ek dink hulle is waaragtig die grootste geskenk wat God aan 'n ouer kan gee...

      Ek het eendag 'n storie gehoor van 'n man wat 'n alkolis was en by die gereeld by die kroeg gaan sit het........Deur die sneeu het hy vanaf sy huis kroeg toe geloop en die gereelde bestel......Kort daarna het hy iemand gevoel aan sy broekspyp trek terwyl hy op sy stoel sit en drink. Met sy verbasing toe hy afkyk het hy sy ses jarige seun langs hom sien staan. Hy het aan sy seun gevra "hoe het jy hier gekom" en die ou seuntjie het geantwoord "ek het pappa se voetspore gevolg".

      Ek dink wat ek hier wil s is dat ouers hulle kinders se mentor is, en dat hulle doen wat hulle ouers doen. Daardie gesegde van "maak soos ek s, en moet nie maak soos ek maak nie" werk nie altyd nie. Kinders volg beslis hulle ouers se voetspore menigmale....... dus is ek oortuig dat dit nie 'n buitestaanders se plig is om jou kinders straf toe te dien nie....God het immers die kind aan die ouer gegee, met rede.

      Daar is seker niks verkeerd as iemand anders jou kind teregwys en rigting en leiding gee nie, soos byvoorbeeld onderwysers,mits dit in die regte gesindheid gedoen word, en dat jy die kind waarlik net wil leer en beskerm, maar ek is van mening dat dit 'n ouer se plig bly, van hoe en waar hy hom wil straf.....

      Ek is nie so seker of pakslae altyd werk nie, maar ek dink dat wanneer jy 'n kind met liefde nader, dat jy veel meer met so 'n kind uitgerig kan kry. Ek is beslis geen kenner op hierdie gebied nie, maar dit is natuurlik hoe ek sou te werk gaan.........
      Saved by Grace!

      Praying for Mieke and Charles
      Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


      My testimony
      http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

      Comment


      • #4
        'n interessante en baie belangrike draad, dankie Lanie...


        ( hiermee 'n paar basis idees, elk kan seker sy eie bespreking bring ) ...


        * MercyC raak 'n belangrike punt aan ........... :
        woorde help nie soveel as dit nie met voorbeeld gevolg word nie...... " maak soos ek se, moenie maak soos ek maak nie " werk net nie ....

        Min ouers besef dat hulle kleingoed baie beter verstaan wat hulle sien as dit wat hulle hoor..... dink bietjie : dit neem ten minste 2 jaar vir basiese taal om verstaanbaar te raak vir 'n kind, maar van 'n paar weke af neem hulle reeds die gedrag van ouers waar..... hulle eerste kommunikasie is immers gebasseer op die reaksie wat hulle aksies van hul versorges kry - huil bring kos, giggel bring glimlaggies, ens.......


        * 'n kind se verstandtjie werk eenvoudig baie beter met aksie / reaksie response as verduideliking / aksie insig ...... 'n kind sal aanhou met 'n optrede totdat die reakie verander van dit waarna hy soek na dit wat hy nie wil he nie....... as huil kos bring, kan tantrums mos lekkergoed bring ens........ as stout wees meer aandag bring as soet wees, sal sy hunkering na aandag die vrees vir straf oorskadu.......



        * ouers kan hule eie gedrag eerder in ag neem as die woorde of metodes hoe 'n kind in lyn gehou word...... 'n kind reageer baie beter as hy weet ( uit voorbeeld ) hoe om op te tree om die regte response te kry as wat hy na jou dissiplineerende verduideliking kan luister......
        bv : 'n kind behandel sy ma soos sy pa haar behandel en pa soos ma hom hanteer..... respek word in 'n kinderhart aangeleer uit die optrede van volwassenes teenoor mekaar ..... ( dis 'n bespreking op sy eie ! )



        ..................


        ons omstandighede is bietjie anders as die "average" gesin aangesien ons glad nie 'n pak slae kan gebruik nie, en nog minder 'n preek....... ons outjie is hiper intellegent, maar ook hiper sensitief met boonop 'n kommunikasieprobleem ( autime ) ...... elke dag is 'n challenge van moenie doen wat jy nie wil he hy moet na-aap nie....... wys eerder hoe iets gedoen moet word as "nee, los" ens........ maar ek het al gesien dat "normale" kinders ook met bietjie sensitiviteit beter reageer as slegs en alleenlik met 'n "ferm hand" .....


        groete
        m
        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

        Comment


        • #5
          Hi Linda,

          ja die voorbeeld... dis soms moeilik, maar laat dit net een keer gebeur waar hulle verkeerde ding by jou leer uit wat jy doen en ke belowe jou, dit spook alewig in jou agterkop as jy rustig is, as jy gejaagd is dan vergeet mens baie keer. Maar die teendeel is ook waar, doen moeite met die regte voorbeelde en geduld en dit verrig wondere.

          O en daar kom 'n tyd dat jy die bloedjies wil slaat dat die bloedstrepe oor die boude sit,( selfs al het jy 5 jaar gesukkel en gesweet om pa te word) en dis dan wat jy besef dat jy die volwasse een is en moet verantwoordelik wees en moet nooit slaan omdat jy emosioneel is nie ( miskien hoekom ek persoonlik dink dis beter dat pa's die pak werk moet doen en ma's die trooswerk ), as ons dit as job van pa wees kan sien i.p.v nou gaan ek jou leer. Soms is dit al wat werk en letterlik lewens noodsaaklik om die boodskap dat die kragprop ( met al die kiddie protexctors ens ) nie iets is om mee te speel nie ( taal is nie 'n opsie nie, want dit bestaan nog nie ) of dat skerp goed eina maak ( het maar mes /vurk gevat en in hand/vinger gedruk sodat die ervaring daar is - geen vel breek nie, net die ongemak van die eina wat begin was genoeg )

          O en my ma het ook in baie wysheid gese, neem die aandag weg van die verkeerde ding en vervang met iets anders. Dit werk BAIE goed tot op sekere stadium ( sien hierbo ) SO as sussa besig is met breekgoed, dan tel ek haar op en sit haar by tydskrifte en wys haar prente.

          O en die ding oor kinders wat kuier, wees blatant en se dis die reels van die huis vir die kinders en by-pass die ouers direk met hulle wat daar staan! As hulle ongelukkig is met die reels kan hulle iets se , maar ons is mos maar 'n ordentlike nasie wat nie onmanierlik wil wees nie en snaaks genoeg die kinders verkies om te weet waar hulle staan en dit gee ook gevoel van sekuriteit vir hulle
          Dis alles net genade -Ma Grace
          "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

          Comment


          • #6
            Originally posted by Willem View Post
            ..... die kinders verkies om te weet waar hulle staan en dit gee ook gevoel van sekuriteit vir hulle
            ... lyk my Willem praat uit ondervinding...... ..

            ja, verseker .... wat gebeur as ander kinders kom kuier, het juis te doen met daardie grense beproef..... kinders voel baie meer gemaklik as hulle weet wat die reels is in 'n vreemde omgewing..... as hulle gedrag toon wat jou geduld beproef, sien dit juis as dit - onsekerheid - en hanteer dit deur rustig te verduidelik hoe dinge hier in hierdie huis werk...... bv, as hulle rondhardloop en jou huis is nie daarvoor ingerig nie, verduidelik dat hulle ornamente gaan breek of op die matte gaan gly ens.... en wys hulle dan waar hulle mag hardloop ( buite ! ) ....

            ... jou eie kleingoed mag onseker voel in die vreemde omstandighede ( iemand anders in die huis ) en ook julle gewone reels beproef...... dit mag dalk help om voor die besoek 'n geselsie te he en reels neer te le, met alternatiewe waar nodig - help jou kinders om "in beheer" te voel in hulle eie omgewing deur te weet wat mag en wat mag nie , dan voel hulle veilig en sal nie jou teen die mure uit dryf nie ....

            groetnis
            m
            Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

            Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

            Comment


            • #7
              Originally posted by MercyChild View Post
              Ek is nie so seker of pakslae altyd werk nie, maar ek dink dat wanneer jy 'n kind met liefde nader, dat jy veel meer met so 'n kind uitgerig kan kry. Ek is beslis geen kenner op hierdie gebied nie, maar dit is natuurlik hoe ek sou te werk gaan.........
              Linda, soms is dit nodig om hulle van onder af warm te maak sodat jy die wasaanpaksel uit hulle ore kan kry.
              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

              Comment


              • #8
                Originally posted by Lanie View Post
                Ek sal graag wil hoor hoe en waarvoor mense hulle kinders dissiplineer. Gebruik jy verskillende dissipline tegnieke vir verskillende oortredings? Wat werk vir verskillende ouderdomme? Hoe voel jy daaroor wanneer ander mense jou kind voor jou teregwys? Het jy al jou stem dik gemaak vir iemand anders se kinders in hulle teenwoordigheid?
                Haai Lanie - ek glo slegs ouers, onderwysers en aangestelde toesighouers behoort kinders te dissiplineer. Ander mense het geen reg of (hopelik) geen rede om met ander mense se kinders te raas nie.

                Ek wil net hier bylas dat ek al met kinders te doene gekry het wat vreeslik ongedissiplineerd was, en dan het ek al vir hulle dinge gese soos 'moenie daaraan raak nie' of 'oppas jy gaan seerkry' of so iets. Met hulle raas? Nooit nie (behalwe in die klas as hulle lawaaierig is, maar dis 'n ander storie).

                PS: ek het ook al met ouers gaan praat en hulle gevra om hulle kinders te beheer as hulle hande uitruk. Dit help nogal. (Net jammer dit moet op daardie punt kom - mens sou dink alle ouers het darem 'n bietjie meer breins as om hulle kinders te laat wild raak).
                Jeremiah 29:11
                "For I know the plans that I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

                Comment


                • #9
                  Originally posted by Lanie View Post
                  Linda, soms is dit nodig om hulle van onder af warm te maak sodat jy die wasaanpaksel uit hulle ore kan kry.
                  Lanie... mag ek vra.... vir watter oorterdings dien jy 'n pak slae toe en hoe ( jy het genoem die paplepel ? ) ...
                  Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                  Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                  Comment


                  • #10
                    Hierdie tannie het duidelik nie kinders nie. As sy gehad het, sou sy nie dinge kwyt geraak het soos " n Onderwyser wat waardes by kinders wil tuisbring, kan sy boodskap die beste tuisbring deur n goeie voorbeeld te stel. Dit sluit in om betyds en voorbereid te wees vir klasse. "

                    Jaaaaa reg tannie. Dit werk miskien vir graad eentjies, maar probeer biejie hierdie manier van "disipline" by tieners dan kyk ons hoe ver jy vorder.

                    Ek self het absoluut geen probleem met 'n oordentlike pak-slae op sy tyd nie. Ek het wel 'n probleem daarmee as 'n ouer uit woede sy of haar kind slaan. Dit is nie hoekom 'n kind veronderstel is om pak te kry nie. (My eie seuntjie het al 'n paar rapse in sy lewe gehad, van beide mamma en pappa af.) Meeste van die tyd het 'n streng stemtoon presies dieselfde uitwerking as 'n raps op die boud vir hom.

                    Comment


                    • #11
                      Originally posted by mari View Post
                      Lanie... mag ek vra.... vir watter oorterdings dien jy 'n pak slae toe en hoe ( jy het genoem die paplepel ? ) ...
                      Waar noem ek 'n paplepel?

                      My kinders kry pak wanneer hulle, hulle swak gedra, Mari.... gewoonlik wanneer hulle blatant ongehoorsaam of disrespekvol is, wanneer hulle iets aspris breek (dit gebeur darem nie meer noudat die kleuterfase verby is nie ), en wanneer hulle mekaar seermaak. Dis nonsens dat pak slae 'n kind traumatiseer. Dis agv hierdie humanistiese wreldse siening dat ons jeug vandag sit waar hulle sit. Geen respek vir hulle ouers of onderwysers nie en deurmekaar met goed is wat mens se hare laat rys. Want die arme bloedjies het ook regte en mag nie so mishandel word nie.. Asseblief!

                      My dominee het nou die dag iets baie treffends van die kansel afges... ons leef in 'n tyd van streng kinders en gehoorsame ouers. Ouers laat die kinders toe om te gaan en maak soos hulle wil want hulle soek nie "atmosfeer" in die huis nie......maar.... en hier het ek my Sondagoggend ontbyt weggeskrik.... jy het nie 'n "atmosfeer" in die huis nie... jy't 'n kind in die hel!!!! Daardie preek het my nogals baie gegee om oor introspeksie te hou.

                      My kinders het altwee baie sterk willetjies en daarom moet hulle, (veral my oudste wat 'n sterk persoonlikheid het wat selfs die kwaaiste volwassene kan ore aansit as sy toegelaat sou word...) weet waar die grense is en dat daar nagevolge gaan wees wanneer hulle daardie grense nie respekteer nie.

                      Ons slaan nie vir enige ding nie en gebruik ook ander dissipline tegnieke... twee wat baie effektief is, is uitputting en oorkorreksie.... vra maar as julle voorbeelde wil h oor hoe dit toegepas word... dit werk ook soos 'n bom!
                      The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                      Comment


                      • #12
                        ...... sorrie Lanie, dis SoS wat gepraat het van die paplepel ....


                        ekke is glad nie teen 'n pak slae nie ( dis net dat ek dit nie op myne kan gebruik nie, maar dis mos 'n ander storie ) ......

                        die pastoor by die kerkskool waar ek gewerk het het geglo in " the rod of correction on the seat of understanding " en dit het gewerk ....

                        ek vra maar net, want dis goed om rigtyne te kry van ouers wat dit effektief kan toepas .....

                        jy praat van uitputting en oorkorreksie.... vertel, vertel !!! .....

                        groete
                        m
                        Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

                        Ps 139 If I ascend up into heaven, thou art there: if I make my bed in hell, behold, thou art there. If I take the wings of the morning, and dwell in the uttermost parts of the sea; Even there shall thy hand lead me, and thy right hand shall hold me.

                        Comment


                        • #13
                          Uitputting is wanneer jou kind sekere gedrag onnatuurlik lank moet herhaal. Later word hulle so moeg daarvoor dat die wangedrag nie meer die moeite werd is nie. Carli kou haar naels tot in die lewe af. Toe verduidelik ons vir haar dat daar slegte kieme onder haar naels is en elke keer wat sy haar naels kou moes sy haar hande was, naels met borseltjie skrop en tande borsel om die kieme dood te maak. Die hele proses is so langdradig en naderhand raak dit vir haar so furstrerend dat sy eerder nie naels kou nie. 'n Ander voorbeeld is as jou kleintjie byt moet hy tien keer vir 5 sekondes hard in 'n handdoek byt.

                          Oorkorreksie is om die regte gedrag in te oefen. My kinders het selektiewe doofheid ontwikkel wanneer ek hulle roep. Dan moet hulle vir 'n s maar 10 keer agter mekaar na verskillende plekke in die huis gaan en dadelik kom wanneer ek roep.
                          The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Lanie View Post
                            'n Ander voorbeeld is as jou kleintjie byt moet hy tien keer vir 5 sekondes hard in 'n handdoek byt.
                            ...maar oefen dit nie net hulle kakebene om volgende keer harder te byt nie?

                            Comment


                            • #15
                              Seker, Fila! (Kyk hoe versigtig is hierdie pappa! ) Kleintjies raak gou moeg as hulle dieselfde ding oor en oor en oor en oor en oor moet doen....
                              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                              Comment

                              Working...
                              X