Announcement

Collapse
No announcement yet.

Het jy kos saamgebring vandag ?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Het jy kos saamgebring vandag ?

    Ek noem glad nie name en plekke nie, maar die volgende storie word vir my vertel die naweek, en dit het my geruk soos wat ek lanklaas geruk was. My vrou sÍ so 'n storie ruk sommer jou hart uit jou bors uit. Ek ken die mense betrokke persoonlik, en kan julle verseker die pap word nie dik aangemaak nie. Dit is doodeenvoudig soos wat dit is.

    Jufrou stop Vrydagoggend by haar skool. Dit is 'n klein privaat Vrystaatskooltjie, min kinders, en die onderwysers daar is eintlik almal afgetree. Omtrent geen van die ouers betaal skoolfonds nie, daar is doodeenvoudig net nie geld daarvoor nie, met die gevolg dat die personeel meer as die helfte van die tyd nie 'n salaris het nie. Ek vermoed hulle het klaar engelvlerkies, maar steek dit net goed weg.

    Daar is presies 2 kinders in die graad een klas, 'n seuntjie en 'n dogtertjie, en dit is die dogtertjie wat by die parkeerplek rond drentel, iets wat sy nooit doen nie. Jufrou klim uit haar motor, en groet die meisie, maar sien onmiddelik daar is groot fout.

    "More Jufrou " , groet sy terug , en rammel af in dieselfde sin, asof sy al heeloggend staan en oefen : " Het Jufrou kos saamgebring vandag want ek het nie kos saamgebring nie. "

    Dit vat oorredingsvermoŽ, maar uiteindelik kom die waarheid uit : Daar is niks in die huis nie, en sy het Woensdag laas ge-eet.

    Lang storie kort, dek die graad een jufrou impromptu 'n tafeltjie in die klas, en hulle maak ontbyt, kamtig as deel van die dag se klaswerk, om die bietjie selfrespek wat nog in daardie lyfie is te probeer behou, skryf tot 'n toets daaroor.

    Ons weet al geruime tyd van die swaarkry op die dorpie, en 'n paar manne het bymekaar gekom en is besig met 'n plan : 'n Reuse groentetuin wat vir 'n klomp mense gaan kos gee, en 'n lappie geskenkte mielies om bietjie vondse in te samel. Daar kort nog 'n borg of twee maar ek twyfel nie aan die sukses van die projek nie. Dit is die Here se werk hierdie, so dit gaan werk.


    As ek een of ander teologiese antwoord moet gee vir hoekom daar sulke swaarkry in die wÍreld is dan kan ek sommer woerts warts iets aframmel. Dit-het-te-doen-met-die-sondeval-ons-lewe-in-'n-gebroke-wÍreld-alles-in-een-asempie-en-sinnetjie tipe van ding. Julle ken dit mos.
    Dit maak dit egter nog nie reg 'of beter nie. Dit maak dit nog nie beter dat 'n 6 jarige dogtertjie moet planne beraam op haar eie om kos te probeer kry nie, maar nog steeds te skaam is om dit reguit te vra....en dit so met 'n onbeholpe ompad doen nie. Ek verstaan skielik Christus se woord 1000 maal beter :

    Mat 12:7 Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hÍ en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie;

    Kry julle ook soms die gevoel dat ons, as gesante van Christus, nie genoeg doen vir Hom nie ? My hart is seer oor hierdie storie, maar my hart is ook seer omdat daar partykeer hand en tand baklei word deur mense om NIKS te doen nie. As ons die geleentheid het om iemand te help, en ons doen dit nie, wat dink die Here van ons ? Dit is inderdaad so dat ons in 'n gebroke wÍreld lewe, maar doen ons altyd die regte ding om dit draagliker te maak vir on naastes ?




    (Jammer ouens, ek moet net bietjie afpak, en ek voel gemaklik genoeg met my Lighuis boeties en sussies om dit hier te kan doen....dankie julle.)

  • #2
    Shoe, dis nogal 'n storie. Ons besef nie altyd wat ons het in vergelyking met ander nie.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

    Comment


    • #3
      Ai Fila
      Ek het sommer 'n naar kol op my maag en trane in my oe nadat ek jou storie gelees het. Kan jy dink daardie kleine ou dogtertjie, Woensdag laas ge-eet!!!

      Vergewe my asb. my Here dat ek soms kla omdat ek nie skoene het nie, maar U wys vir my hulle wat nie eers voete het nie!! Maak my hart en oe oop vir die nood van ander sodat ek U Wil kan doen. Dankie vir 'n pragtige juffrou wat met soveel insig en liefde na U kinders omsien.

      Dankie Fila, dat jy dit met ons gedeel het. Dit maak dat ek hierdie week met ander oe na al my seeninge kyk.

      Groete
      Mia

      Comment


      • #4
        Wat n aangrypende verhaaltjie! Mens moet voorwaar n hart van klip he as dit jou nie raak nie. Dit bevestig net hoekom die boom van ons kerk se noodspens ALTYD sigbaar is. Die nood orals is so oorweldigend.Daar kom net nie genoeg voorraad in om eers n bietjie van n voorsprong te he nie.

        Die ander dag het ek die ontstellende statistiek gehoor dat van die 1.8 tot 2 miljoen Blankes wat in ons land oor is nadat so veel ge-emigreer het, by die 400 000 broodsgebrek het. Tussen n kwart en n vyfde as my somme reg is. Dis nie net swart en bruin mense wat swaar kry nie , maar ons eie mense ook. My hart breek vir almal wat so swaar kry ....

        Comment


        • #5
          Fila,

          Dit is nooit aangenaam om sulke stories te lees of van te hoor nie, maar een positiewe punt hierin is dat geen pÍrel sonder pyn in die wÍreld kan kom nie..., pÍrels word immers in pyn gebore.
          The Rapture

          My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
          but I must confess, donít worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          itís before Godís wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          itís for all the people in the zoo
          think about it and refreshÖ
          you will see thereís no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhereÖ


          Comment


          • #6

            Ek het dieselfde gesien die naweek by 'n kerk. Dit was in Pretoria gewees in een van die plekke waar armoede die streek erg raak.

            Wat my geraak het is dat van die kinders steeds lag en speel al kan mens die honger op hulle gesigte sien.

            Ek het gister vir my een neef gesÍ hy moet danbaar wees dat sy mamma en pappa vir hom kos gee en om gee. Ek het 'n baie sagte plekkie vir kinders, maar my hart breek as ek 'n honger kind sien of enige honger persoon, want ek weet hoe dit voel om nie kos in die huis te hÍ nie. Ek weet hoe dit voel om honger te gaan slaap en honger op te staan. Ek was daar en dit het my sterk gemaak. Ek het net 'n probleem met trots gehad en wou myself nie verneder om ander mense te vra vir kos nie.

            Dankie vir die post. Dit laat met net weer sien wat die Here in my lewe gedoen het. GOD IS GOED!
            'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
            Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
            [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
            Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
            [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

            Bemidbar 6:24-26
            [Numbers 6:24-26]

            Comment


            • #7
              Dankie Fila!

              eendag sal ek graag wil hoor:"Ek was honger en julle het My kos gegee, Ek was dors en julle het My iets te drinke gegee...."

              Hoekom is dit net in stories dat die gemeentes sulke goed begin doen? En hoekom so min wat opdaag as dit wel gebeur?
              Dis alles net genade -Ma Grace
              "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

              Comment

              Working...
              X