Satanisme net skadelose ou-vrou stories ?
Bfn se 666-nes
2012-05-30 07:05
Jana van der Merwe
’n Bende met die naam 666 teiken meisies so jonk as nege jaar in die Vrystaat as seksslawe.
Dié bende het reeds sy tentakels diep in skole in die provinsie ingeslaan en gebruik die okkulte, soos satanisme, om te roof, te moor en te verkrag.
Ná ’n skokkende voorval waarin ’n 15-jarige Bloemfonteinse meisie haarself begin sny het en in ’n hospitaal aan die okkulte blootgestel is, het dit aan die lig gekom daar is ’n enorme okkultiese krisis in die provinsie.
Kapt. Rulene Kühn, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n taakspan van die Valke ondersoek die toename in bendemisdade wat aan okkultiese bedrywighede gekoppel word.
Volksblad verneem die krisis is nie beperk tot sekere woonbuurte nie. Die polisie het reeds in verskeie vooraanstaande skole in Bloemfontein tekens van okkultiese bedrywighede in badkamers en in boeke van leerlinge gekry.
Johan de Beer, hoof van Auksano, ’n professionele Christelike organisasie wat in die holistiese hantering van slagoffers van destruktiewe okkultiese aktiwiteite spesialiseer, sê slegs verlede maand is 84 okkultiese gevalle by Auksano aangemeld.
De Beer gee tans berading aan die 15-jarige meisie wat in die beweerde voorval by M-Care Optima betrokke was en het ook berading aan die Welkomse grafmoordenaar Chané van Heerden gegee.
Hy sê okkultiese bedrywighede onder tieners in die Vrystaat het tien maande gelede ’n skrikwekkende toename begin toon.
Die meeste hiervan is verwant aan die 666-bende. Lede word ingelyf met ’n brandmerk (666 of drie kolle) op die arm.
Dit blyk daar is verskillende bendes wat onder die 666-bende val. De Beer sê die bende se geloof van duiwelaanbidding spruit uit Westerse satanisme en heksery uit Afrika.
Die ma van ’n 12-jarige meisie het gister by haar werkgewer se huis in Dan Pienaar gewys hoe haar dogter deur die bende, die International Junior Portuguese (IJP), met die IJP-teken en drie kolle gebrandmerk is.
’n Kol wat op die kind se voorkop gebrand is, brandmerk haar as dié bende se seksslaaf of prostituut. Verhitte rubber, skoenpolitoer en naalde is gebruik.
Die kind het aan haar ma gesê meisies wat só gebrandmerk is, is deur 20 bendelede, meestal skoolseuns, om die beurt verkrag.
Meisies word geteiken om deel te word aangesien dit ’n bende se mag versterk. Sy sê haar dogter is net betyds gered.
Ao. Robbie van Huyssteen van die Valke sê die afgelope jaar ondersoek hy daagliks gevalle van vreesbevange tieners wat uit die greep van dié okkultiese bendes wil kom.
Misdaad word gebruik om die bendes te finansier. Dit sluit roof, verkragting en moord in.
Diegene wat gehelp word, is diegene wat na vore kom. Dit is egter nie so maklik nie omdat van die kinders en jong mense vasgevang is in die bendes in hul gemeenskappe en skole.

Comment