Announcement

Collapse
No announcement yet.

"Mighty Men Ďdra by tot geweld in die huis"

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • "Mighty Men Ďdra by tot geweld in die huis"

    Ek kan amper nie glo wat ek lees nie. Hopelik neem niemand hierdie vrou te ernstig op nie ...............


    .
    .

    Patriargie en die gewilde Mighty Men-saamtrekke was gister in die spervuur tydens ín sessie oor huishoudelike geweld op die teologiese Lentekonferensie in Pretoria.

    Dr. Elize Morkel, Wes-Kaapse sielkundige, het patriargale denke as een van die probleme uitgesonder wat tot huishoudelike geweld bydra.

    ín Kenmerk van diť soort denke is die oortuiging dat manlike oorheersing die manier is waarop die samelewing behoort te werk.

    Uit ín godsdienstige raamwerk wat dit ondersteun, word gemeen huishoudelike geweld is ín verbrokkeling van God se hiŽrargie van die man se hoofskap oor sy vrou en kinders.

    Om dit te herstel, word dan geredeneer, moet die man herstel word as hoof van die huis en die vrou moet op haar plek gesit word.

    Morkel het gesÍ die Mighty Men-beweging gaan van diť sienings uit.

    Volgens haar is een van die eien­skappe van patriargie dat vroue as objekte beskou en behandel word.

    Nog ín eienskap van patriargie is dat vroue as mans se besittings gesien word.

    Dit kry ín mens selfs in die Bybel, wat in patriargale taal geskryf is. Sy het verwys na die tien gebooie wat onder meer sÍ dat iemand nie sy naaste se vrou mag begeer nie en dan word die vrou in dieselfde asem as die bees en donkie genoem.

    Selfs in die tradisionele ritueel van die troue, waar die pa met sy dogter instap en haar aan die bruidegom oorhandig, sit daar nog iets daarvan.

    Sy het patriargie gestel teenoor gelykheid, waar ín man en vrou as vennote in ín huwelik ingaan, mekaar respekteer, vertrou en ondersteun, verantwoordelikhede deel en saam besluite neem.

  • #2
    Re: "Mighty Men Ďdra by tot geweld in die huis"

    Die vrou het duidelik nie Genesis 2 en 3 mooi gelees nie, want dit is die bloudruk van hoe die man en vrou teenoor mekaar staan. Dis eenvoudig en prakties waarneembaar ook. My tyd beperk my net, maar daar is iets wat ek baie graag al wou deel in ander drade ook, wat juis oor hierdie deel in die Bybel handel en my eie verstaan is dat as mens Genesis 2 en 3 reg verstaan, verstaan mens veel meer ook reg, soos die verhouding man teenoor vrou, die verbond se detail met Abraham, die kruisiging van Christus en hoe alles in mekaar pas. Sonder Gen 2 & 3 kan mens nooit perspektief hÍ oor die manlikheid alleen wat eers herstel moes word, om die volheid te bewerk van die mens nie.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment

    Working...
    X