Wat op dees aarde gaan in die land se skole aan ?
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afr...t-MIV-20130314
Skoksyfers: Byna derde van skoolmeisies het MIV
2013-03-14 09:00
Johannesburg – Minstens 28% van skoolmeisies in Suid-Afrika het MIV terwyl slegs 4% van skoolseuns met dié virus besmet is, het die Sowetan Donderdag berig.
Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die syfers by Woensdag by 'n vergadering van die Nasionale Raad van Provinsies in Carolina, Mpumalanga, vrygestel.
"Dit is duidelik dat dit nie jong seuns is wat met hierdie meisies slaap nie. Dit is ouer mans. Ons moet standpunt inneem teen vroetelpappies [sugar daddies] want dit is hulle wat ons kinders verwoes," het Motsoaledi gesê.
Hy het bygevoeg dat 94 000 skoolmeisies in 2011 swanger was.
"Sowat 77 000 meisies het aborsies by openbare fasiliteite gehad. Ons kan nie meer so lewe nie. Dit moet einde kry."
Sommige van die meisies wat swanger geword het – en positief getoets het vir MIV – was tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar oud.

Comment