Lees die ander dag op News 24 van die geval waar 'n Ma skryf na een van die hulp/raad rubrieke oor wat sy moet doen aangesien haar 15 jarige dogter besluit het om seksueel aktief te wees. Sy beskou dit positief dat haar dogter nie probeer het om dit te ontken toe sy haar gekonfronteer het nie, maar dit erken het.
Die rubriekskrywer antwoord dat dit nie sal help om gedane sake ongedaan te maak nie, maar dat jy saam met jou tiener die saak moet bestuur sodat sy nie onnodig aan siektes of ongewenste swangerskap blootgestel word nie. Dit is dus "reg" om voort te gaan, doen dit net verantwoordelik.
Iemand reageer toe dat dit snert is. Indien sy tiener sou besluit sy is volwasse genoeg om seksueel aktief te wees, dan moet sy die verantwoordelikheid daarvan neem. Sy moet dus of ophou of haar eie potjie gaan krap, want sy is mos nou volwasse.
Wat sê julle, is daar 'n Bybelse benadering tot bogenoemde situasie en wat kan mens doen om dit te voorkom?

Comment