Hoe voel julle daaroor...?
Ek lees die volgende aanhaling oor dit op 'n ander forum en plaas dit graag. Hier is my mening daaronder en soos ek glo die Here voel ons daaroor moet dink. Miskien mis ek iets, maar hier gaan dit...
Dis nogal 'n onderwerp wat veel meer aandag moet geniet as wat ek dink mens meesal besef. Ek glo persoonlik dat hoe mens na seks kyk en hoe mens daarmee omgaan, bepalend is van wat 'n beskawing op neerkom. As jy eervol met seks omgaan en derhalwe jou eie liggaam en 'n ander een se liggaam, sal dit ook die wyse wees waarop jy besigheid doen, met ander gesels ensovoorts.
'n Ouer wat kondome aan hulle kinders gee, vir watter rede ookal, legitimeer seks buite die huwelik en ook losbandigheid om mee te begin. Vêrder is dit 'n poging van die mens, om valslik dinge in die donker toe te laat, terwyl die waarheid eintlik nie iets moois is nie en waarvan sulke ouers bewus is. As die kind nie swanger word nie, is daar geen skande wat die kind betref nie en ook nie die ouers nie. Is dit die waarheid? Ek glo nie so nie.
Dis amper beter dat 'n kind wat met seks speel, hul vingers moet verbrand, want dan werk God met sulke mense en Hy weet hoekom daar eerder op hierdie aarde 'n prys te betaal is vir ons sondige leefwyses, as wat mens hier wegkom met slinkse dinge en dink jy het die prys vir sonde gefnuik. Gelukkig is diegene wat hul straf op aarde ontvang, teenoor die wat hul hele lewe lank met slinksheid elke straf en smaad vermy en dan voor God se regterstoel moet staan eendag en hulle hele lewe op daardie dag in een oomblik sien wegkwyn...

Op die kassie-sepie: "Sewendelaan" worstel Sonja nou met tienerswangerskap en ouers
wat net op hul eie eer gesteld is.
Wat dink julle, met vrye liefde aan die orde van die dag, is dit nie beter om jou kind van
kondome te voorsien nie, vir ingeval? Is dit nie beter as 'n ongewenste swangerskap nie?
Ons hoor graag julle denke hieroor. Kom deel asseblief!

Comment