Announcement

Collapse
No announcement yet.

Gedigte: Getuig met jou eie Gedigte

Collapse
This is a sticky topic.
X
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #31
    Drome van gister................

    Drome van gister

    Drome verpletter, drome vernietig
    Tyding soos ‘n slegte nuus berig
    Verbrokkel in duisend stukke wat jou vlenters sny
    Is daar heling by die Lewende Fontein te kry?

    Aan elkeen van ons was daar ‘n belofte gegee
    Reeds het Hy betaal vir die ellende, die pyn en die seer
    Die dag van gister is reeds verby
    Ek gee oor sodat Hy die stryd vir my moet stry.
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

    Comment


    • #32
      My wandelpad met Jesus

      Nou en dan, gaan my gedagtes weer,
      na waar my pad begin het met U, O Heer.

      In duisternis vasgeklem, verlam, bevrees,
      was ek afgetaklel in my gees.

      Elke aand was dit so, keer op keer.
      Teen hierdie ongesiene mag kon ek myself nie weer.

      Tot een mooi dag, toe iemand my vertel
      van Jesus, die Een wie oor duisternis het al die bevel.

      Een aand, bevrees in my bed,
      vra ek Hom baie mooi om te help, in gebed.

      In 'n oomblik was die vrees vervang
      met vreugde, en ek was nie meer bang.

      Van toe af het die Gees my gelei,
      en inderdaad my vir my roeping begin voorberei.

      'N mooi pad het Hy met my geloop,
      inderdaad Jesus het my vrygekoop.

      Elke keer as ek naby die afgrond sou kom,
      het sy beskermende hand van liefde my laat blom.

      Ek weet Hy's lief vir my,
      hoekom dan anders beskerm Hy my?

      Na al die jare besef ek wel,
      al het dit gevoel of beweeg ek deur hel,
      Sy liefde omvou my wel.

      En inderdaad, na al die jare het ek my roeping gevind,
      En dit is om te help dat die vyand ander nie verslind.

      Soos pragtige bloeisels wat bot,
      groei hulle, glorie aan God.

      Comment


      • #33
        Originally posted by MercyChild View Post
        Drome van gister

        Drome verpletter, drome vernietig
        Tyding soos ‘n slegte nuus berig
        Verbrokkel in duisend stukke wat jou vlenters sny
        Is daar heling by die Lewende Fontein te kry?

        Aan elkeen van ons was daar ‘n belofte gegee
        Reeds het Hy betaal vir die ellende, die pyn en die seer
        Die dag van gister is reeds verby
        Ek gee oor sodat Hy die stryd vir my moet stry.
        Ek het in 2006 'n gedig geskryf wat baie dieselfde strekking het as joune Linda. Ek hoop jy hou daarvan...

        Ek droom in die son want ek kon

        Ek het baie gedroom maar dit nooit bereik
        hulle't vervaag soos mis voor die son
        genoeg van my drome het ek wel bereik, dank die Heer,
        nou droom ek nog want ek kon

        Ek het baie gebid maar net niks wou gebeur
        ek het gewag op die Heer se son
        genoeg het Hy tog antwoorde gegee,
        nou bid ek nog want ek kon

        Ek het mense vertrou wat my hart gebreek
        ek het alleen gestaan in die son
        genoeg mense kan ek nog vertrou
        nou vertrou ek nog want ek kon

        Ek het saadjies gesaai deur die wind verwaai,
        vir voëls om te eet in die son
        genoeg het gegroei om my hart te verkwik
        nou saai ek nog want ek kon

        Ek het gedrink uit die beker van hartseer en pyn
        baie dae sonder musiek in die son
        genoeg nektar het ek tog gesmaak,
        nou leef ek nog want ek kon!


        F. Alberts, 23 September 2006, 9:49
        The Rapture

        My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
        but I must confess, don’t worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        it’s before God’s wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        it’s for all the people in the zoo
        think about it and refresh…
        you will see there’s no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhere…


        Comment


        • #34
          Originally posted by AndreHa View Post
          Nou en dan, gaan my gedagtes weer,
          na waar my pad begin het met U, O Heer.

          In duisternis vasgeklem, verlam, bevrees,
          was ek afgetaklel in my gees.

          Elke aand was dit so, keer op keer.
          Teen hierdie ongesiene mag kon ek myself nie weer.

          Tot een mooi dag, toe iemand my vertel
          van Jesus, die Een wie oor duisternis het al die bevel.

          Een aand, bevrees in my bed,
          vra ek Hom baie mooi om te help, in gebed.

          In 'n oomblik was die vrees vervang
          met vreugde, en ek was nie meer bang.

          Van toe af het die Gees my gelei,
          en inderdaad my vir my roeping begin voorberei.

          'N mooi pad het Hy met my geloop,
          inderdaad Jesus het my vrygekoop.

          Elke keer as ek naby die afgrond sou kom,
          het sy beskermende hand van liefde my laat blom.

          Ek weet Hy's lief vir my,
          hoekom dan anders beskerm Hy my?

          Na al die jare besef ek wel,
          al het dit gevoel of beweeg ek deur hel,
          Sy liefde omvou my wel.

          En inderdaad, na al die jare het ek my roeping gevind,
          En dit is om te help dat die vyand ander nie verslind.

          Soos pragtige bloeisels wat bot,
          groei hulle, glorie aan God.
          Hi André,

          Dis altyd lekker om 'n gedig te sien wat feitlik dieselfde sê as een wat jyself gedig het. Hier is een wat baie dieselfde as joune sê...


          My Eerste Ontmoeting

          Ek onthou ‘n donker nag
          toe ek in geestelike bankrotskap trag
          dit was iewers in negentien-sewe-en-tagtig
          waar U my aangeraak het, so kragtig

          Ek was so verlig na vele maande
          van ander-mense-hartseertrane
          Hierdie is my laaste gedig
          my toekomsplanne ingewig
          - U sielsverlore aarde -

          F. Alberts, 25 April 2002, 3:00
          The Rapture

          My dearest friends, I’m so sorry… so sorry
          but I must confess, don’t worry
          the rapture is not before the Great Tribulation
          it’s before God’s wrath!!!

          Because His wrath is not meant for you
          it’s for all the people in the zoo
          think about it and refresh…
          you will see there’s no way out of here, in the flesh

          If you really believe, you will see
          the rapture is for you and me
          when we decide to leave from here
          that very day, oh! God adhere…


          Comment


          • #35
            Ja nee - dit is nogal. Daardie gediggie is my heel eerste gedig. Ek het net hierdie golf van inspirasie gekry en gedink ek beter dit neerskryf.

            Comment


            • #36
              Re: Gedigte: Getuig met jou eie Gedigte

              Hemelliggame

              Die westelig kwyn,
              die nag verloor sy skyn.
              Broers staan rug teen rug - oos
              in ons val,
              niks anders as boos.

              Sou dit dan anders,
              anders kan as voorheen?
              Voor alles wat nou
              geword het wat ons wou?

              Hartseer, hartseer kyk hy neer
              sou ons met die terugkeer, weer 'n keer?
              Kies vir kennis van goed en kwaad -
              die aantrek van die rooi gewaad.

              Standvastig en ver,
              baan hy sy weg met elke ster.
              Sonder sy lig,
              op die horison geen sig.

              Soms in sy volheid,
              kyk ons op - Sy verlossingsbeleid!
              In die stilte van die nag
              hou Hy oor ons die wag.

              Elkeen weg sy eie baan,
              'n liggaam soos die son en maan.
              Maar kyk ons op - verder as die straal se strek,
              dit wat wag is wat ons is -
              Hemelliggame.

              Comment

              Working...
              X