Announcement

Collapse
No announcement yet.

Vertel: - Wat doen God vir jou?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Vertel: - Wat doen God vir jou?

    Ek dank die Here dat ek getuienisse kan gee oor hoe groot Hy is en dat Hy werklik in beheer is - dit alleen is al reeds 'n voorreg en groot genade. Ekself verdien my inkomste uit die volstruisbedryf en dinge lyk maar nie goed nie. My kontantvloei is nie gesond nie, maar wonder bo wonder, week na week, voorsien die Here op maniere en wyses wat my baie klein laat voel, maar ook baie dankbaar.

    Ek moet Maandag aankope gaan doen en daar was net nie genoeg geld daarvoor nie. Ek moes vanoggend ontdek hoe iemand geld vooruit inbetaal het, wat ek nie eers gevra het nie, hy het nie eers my bank besonderhede nie, maar die geld is in my rekening en Maandag kan die aankope gedoen word!

    Ek voel skuldig dat mens nie die ander 501 kere ook noem nie, maar mag hierdie ťťn aan ander ook wys wie God is. Dan sÍ mense nog God leef nie, inteendeel Hy bestaan nie!

    Dankie Here, dankie Jesus, baie dankie!
    Last edited by CFJ; Aug 18 2007, 01:52 PM.
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ



  • #2
    Mense hou gewoonlik van, of onthou gewoonlik net die groot dinge. By my is dit nie werklik belangrik hoe groot iets is nie, maar dat ek kan sien God leef. Tog sal ek iets vertel wat groot is, omdat dit so groot is!

    Die volstruisbedryf is al geruime tyd nie gesond nie en mens probeer maar aan die een kant al jou mense wat vir jou werk, nie dat hulle dit werklik waardeer nie, maar mens probeer maar vir hulle ook sekuriteit bied en aan die anderkant moet mens maar glo dat dinge kan regkom en daarom hou mens maar aan. Dit beÔnvloed egter mens se kontantvloei, want jou uitgawes en inkomstes korreleer nie met mekaar nie. So kom daar uit die bloute 'n JordaniŽr by my aan wat eierdoppe soek. Hy soek 3000 en ek vertel hom dat daar nie nou doppe beskikbaar is nie. "Dit is reg", sÍ hy en so paar dae later bring hy R112 000 in note en plak dit voor my neer. Ek sÍ vir hom, "maar ek het nie doppe nie". Hy sÍ, "dit is reg so, ek kan maar die geld hou en as ek eendag doppe het, dan kan ek dit aanstuur JordaniŽ toe". "Huh, is jy seker", vra ek, "yes, I trust you", sÍ hy in gebroke Engels en dring aan dat hy nie die geld wil hÍ nie. Ek het wel van die doppe al gelewer, maar hierdie man het die Here op my pad gestuur om my te help in tye waar daar net geen manier is, om 'n gesonde besigheid wat meer as 10 jaar oud is, aan die gang te hou nie. Hoe al die doppe tot my beskikking kom is net so ongelooflik!

    So kan mens aangaan en aangaan... Hoe groot en wonderlik is die Here nie, dankie Jesus, is al wat ek kan sÍ?!
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3

      Hallelujah!!!!

      Woensadg het ek uitgevind dat die Hebreeuse woord vir 'vlerk' en 'einde van 'n kledingstuk' dieselfde woord is.

      DUS waar Psalm 91 praat van beskerming onder Sy vlerke Psalms 91:4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is 'n skild en pantser.


      en Maleagi praat van vleuels Engels (wings) Maleagi 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees;

      En in Matteus die soom van Sy kleed .... alles dieselfde Hebreeuse woord

      Mattheus 9:21 Want sy het by haarself gesÍ: As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word.

      Mattheus 14:36 en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.

      Ek het nog altyd probleme gehad on G_d met vlerke voor te stel...en nou.... sien ek hoe HY my onder sy Tallit toevou,,,

      Hallelujah !!!
      The LORD is my Miracle

      G_d was gracious He has shown favor


      Hope is a seed
      God plants in our hearts
      to remind us
      there are better things ahead.
      -Holley Gerth

      Comment

      Working...
      X