Announcement

Collapse
No announcement yet.

Gedig: Welk 'n vriend het ons in Jesus

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Gedig: Welk 'n vriend het ons in Jesus

    Hierdie is een van die mooiste liedere wat ek al gehoor het. Dit was op 'n begrafnis en ek kon van die woorde nie uitkry nie omdat my hart so verskiriklik in beroering was oor die woorde van die lied:

    Welk 'n Vriend het ons in Jesus,
    wat ons sondestraf wou dra,
    wat 'n voorreg dat ons alles
    in gebed van God kan vra;
    O, hoe dikwels mis ons vrede,
    as daar pyn en kommer kwel,
    oor ons nie gelowig alles
    in gebed aan God vertel.

    Ons beproewings en versoekings,
    wat ons moeilikheid mag wees,
    kan ons altyd maar vrymoedig
    tot ons God bring sonder vrees,
    trouer vriend was nooit gewees nie,
    in ons droefheid neem Hy deel.
    As ons swakheid en gebreke
    in gebed aan Hom meedeel.

    As ons onder sorg gebuk gaan,
    as ons laste word te swaar,
    is ons toevlug maar tot Jesus,
    ons gebed verhoor Hy daar;
    as ons vriende ons verlaat het,
    dra ons hul op aan die Heer,
    in Sy arms is ons veilig,
    Hy vertroos ons keer op keer.

  • #2
    Die woorde is werklik treffend, en elke woord is waar. Daar is geen beter vriend as Jesus nie!
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

    Comment

    Working...
    X