Announcement

Collapse
No announcement yet.

Getuienis: My dankbaarheid.......

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Getuienis: My dankbaarheid.......

    Vandag gaan ek bietjie terug in die verlede........
    Datum 6 Februarie 2000......
    Wat 'n dag om te onthou - alhoewel ek niks kan onthou nie!!!!!
    Ek het van my perd afgeval en my kop het 'n klip getref.
    Ek het toe twee breinoperasies gehad. Na die eerste operasie kon die neurochirurg my nie onder narkose uithaal nie, aangesien die drukking op my brein te hoog was. Dit beteken dat die brein wil deurdruk na die kleinbrein, wat dan breindood kan veroorsaak. Dus is ek onder narkose (soos 'n koma) gehou. Met die val het my brein na die linkerkant toe gesweepslag, dus was daar swelling aan die linkerkant van my brein ook. Na die 2de operasie het ek eers verbeter. Daarna mag ek vir 2 maande nie bestuur het nie, en moes ook vir 3 maande epileptiese pille drink.

    Kyk, 'n brein is 'n ongelooflike orgaan. As 'n brein seer het, dan is dit asof jou brein vir jou liggaam se : "luister ou pel, ek is nou moeg en jy moet dit nou maar ook rustig vat!!!!!" Ek sal daardie doodse moegheid nooit in my lewe vergeet nie. Ek is 'n baie aktiewe mens, en ek weet hoe voel dit as jy moeg gewerk is, en jou liggaam wil net rus. Dit is 'n heel ander moegheid as die brein beseer is.

    Die Here was my so genadig, en ek het volkome herstel!!!! Dinge kon so anders gewees het. Verseker het dit 'n impak op my Christelike lewe gehad, sowel as op die van my naaste familie.

    Wat dit my ook in die lewe geleer het, is dat as 'n mens terugkyk na swaar tye in jou lewe, dan besef jy eintlik dit was goed so, en dan kyk jy eintlik met dankbaarheid terug, en sien dan God se onverdiende goedheid daarin.

    So, vir die van julle wat vandag hartseer, gebroke, ongelukkig, verbitter is, onthou net : Al voel jy so alleen en eensaam, weet net dat Jesus altyd daar by jou is - reg langs jou. Kruis jou arms en sit jou hande op jou skouers, maak toe jou oe en voel Jesus se liefde deur jou spoel. Of strek jou arms bo jou kop uit, kyk op na die hemel en haal diep asem. Sien die grootheid van die hemel, en voel Sy grootheid aan in jou hart.
    Ek doen dit altyd as ek vertroostig nodig het, en vir my werk dit!!!

    Met positiewe en entoesiastiese vreugdevolle groete,
    Anel

  • #2
    Hi Anel

    Welkom hier by ons op Lighuis, ons is baie bly om jou hier te he en vir jou getuienis wat jy hier met ons gedeel het.

    Ek lig jou net in dat ek hierdie draad van jou skuif na die Gebed Getuienis en Bediening forum toe, ons maak alle drade oop binne in die sub-forums wat jy kan sien wat Gesprek oor die eindtye en aktuele sake, Gebed, getuienis en bediening, Vrae en menings oor die Bybel ens. Alle plasings word binne daardie forums gemaak, die plasings hier onderaan op die hoof-forum is slegs aankondigings en sulke tipe goed wat die moderators van die forum maak van tyd tot tyd en is nie vir bespreking of so nie, so daarom skuif ek die draad, wou jou net inlig

    Groete en baie sterkte
    Phil

    Comment

    • #3
      Dankie

      Baie dankie Phil, ek leer maar nog, hoor!!!!!

      Comment

      • #4
        Dankie vir jou getuienis Anel. Lyk my ek en Phil het so op dieselfde tyd gereageer op jou plasing. Jy sal vinnig leer hoe werk ons forum en ons probeer deurentyd om plasings te skuif na die regte forums daarvoor en ook om almal op hoogte te hou so vÍr moontlik, wat betref ons reŽls en bloot om alles so vriendelik en ordelik te laat verloop.
        The Rapture

        My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
        but I must confess, donít worry
        the rapture is not before the Great Tribulation
        itís before Godís wrath!!!

        Because His wrath is not meant for you
        itís for all the people in the zoo
        think about it and refreshÖ
        you will see thereís no way out of here, in the flesh

        If you really believe, you will see
        the rapture is for you and me
        when we decide to leave from here
        that very day, oh! God adhereÖ

        Comment

        • #5
          Hi Anel,

          Baie welkom by ons forum! Ek weet sommer jy gaan dit baie geniet!

          Wat 'n kragtige getuie! Ek en my man gaan deur so moeilike tyd, en jou getuie het die wÍreld vir my beteken! Ek het sommer begin huil, en dis goed hoor!

          Weereens baie dankie!

          Comment

          • #6
            Baie welkom Anel, Dit is 'n pragtige getuie. Prys die Heer vir dit.

            Comment

            • #7
              My dierbare Sonia, doen jouself 'n guns, en gaan vanaand na buite as dit donker is, en kyk op na die sterre, en lig jou arms na bo, jou kop na bo gerig. As die sterre so helder skyn, dan bring dit vir my altyd baie vertroosting. Jy kan dit maar elke dag doen. En chat met Jesus - daar is geen Vriend soos Hy nie. Ek ken nie jou swaarkry nie, maar ek weet niemand gaan deur die lewe sonder stampe en stote nie. Ek sal vir jou en jou man bid. Al wat ek wel weet is dat Jesus werklik is, en ek weet ook Sy tydsberekening is altyd perfek.
              Moenie moed verloor nie, want dit is waarvan die duiwel hou. Dit is sy manier om ons verhouding met Jesus te wil kelder. Ek weet dit is nie altyd maklik nie, maar hoe jou oe net op Jesus gerig. Elke oomblik van die dag.
              Sterkte daar, jong. En dankie dat jy storie met my gedeel het.

              Comment

              • #8
                Dankie Marline vir terugvoering. Ek is so dankbaar vir die God wat ons dien, want Hy is goed - altyd. Hy is lief vir ons -altyd. En Hy is altyd getrou.
                Groete

                Comment

                • #9
                  Baie dankie Anel

                  Comment

                  • #10

                    Die HEre is GROOT!!
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor

                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment

                    • #11
                      Originally posted by ACCM View Post

                      Die HEre is GROOT!!
                      O ja, verseker!!!!!! En daar is nog soveel dinge waaroor ek kan getuig..
                      En dankie vir jou terugvoering, ACCM.
                      Ek waardeer dit opreg.

                      Comment

                      • #12
                        Hartseer en onseker

                        Originally posted by Anel Frylinck View Post
                        Vandag gaan ek bietjie terug in die verlede........
                        Datum 6 Februarie 2000......
                        Wat 'n dag om te onthou - alhoewel ek niks kan onthou nie!!!!!
                        Ek het van my perd afgeval en my kop het 'n klip getref.
                        Ek het toe twee breinoperasies gehad. Na die eerste operasie kon die neurochirurg my nie onder narkose uithaal nie, aangesien die drukking op my brein te hoog was. Dit beteken dat die brein wil deurdruk na die kleinbrein, wat dan breindood kan veroorsaak. Dus is ek onder narkose (soos 'n koma) gehou. Met die val het my brein na die linkerkant toe gesweepslag, dus was daar swelling aan die linkerkant van my brein ook. Na die 2de operasie het ek eers verbeter. Daarna mag ek vir 2 maande nie bestuur het nie, en moes ook vir 3 maande epileptiese pille drink.

                        Kyk, 'n brein is 'n ongelooflike orgaan. As 'n brein seer het, dan is dit asof jou brein vir jou liggaam se : "luister ou pel, ek is nou moeg en jy moet dit nou maar ook rustig vat!!!!!" Ek sal daardie doodse moegheid nooit in my lewe vergeet nie. Ek is 'n baie aktiewe mens, en ek weet hoe voel dit as jy moeg gewerk is, en jou liggaam wil net rus. Dit is 'n heel ander moegheid as die brein beseer is.

                        Die Here was my so genadig, en ek het volkome herstel!!!! Dinge kon so anders gewees het. Verseker het dit 'n impak op my Christelike lewe gehad, sowel as op die van my naaste familie.

                        Wat dit my ook in die lewe geleer het, is dat as 'n mens terugkyk na swaar tye in jou lewe, dan besef jy eintlik dit was goed so, en dan kyk jy eintlik met dankbaarheid terug, en sien dan God se onverdiende goedheid daarin.

                        So, vir die van julle wat vandag hartseer, gebroke, ongelukkig, verbitter is, onthou net : Al voel jy so alleen en eensaam, weet net dat Jesus altyd daar by jou is - reg langs jou. Kruis jou arms en sit jou hande op jou skouers, maak toe jou oe en voel Jesus se liefde deur jou spoel. Of strek jou arms bo jou kop uit, kyk op na die hemel en haal diep asem. Sien die grootheid van die hemel, en voel Sy grootheid aan in jou hart.
                        Ek doen dit altyd as ek vertroostig nodig het, en vir my werk dit!!!

                        Met positiewe en entoesiastiese vreugdevolle groete,
                        Anel
                        Hi Anel,

                        Ek weet nie of jy vandag nog aan hierdie webtuiste behoort nie maar ek hoop so.

                        Ek is hartseer en onseker my boetie was die 19de September 2009 in 'n motorongeluk betrokke. Hy is uit die motor uit geslinger hy het net hoofbeserings opgedoen geen ander breuke nie. Gister was dit 'n maand terug wat die ongeluk gebeur het. Hy is nogsteed in ICU. Die dokters het maandag aan my ouers gesÍ dat my boetie baie siek is. Hy het 'n week na die ongeluk 'n long infeksie opgedoen en hul sukkel nou nog om daarvan onslae te raak.

                        Dit is baie onstellend om hom so te sien. Ons probeer positief bly maar soms kom dit tot 'n punt dat jy as mens net emosioneel moeg raak.

                        Ek soek eintlik maar net bietjie raad of sekerheid dat alles wel sal regkom met tyd.

                        Hoop dat jy nog betrokke is by die webtuiste en so bietjie emosionele raad kan gee.

                        Groete,

                        Linda

                        Comment

                        • #13
                          Hi Linda,

                          ek kan nie veel se oor breinbeserings nie, maar wat ek wel kan se is dat ek dink ons lighuisers sal vir jou boetie begin voorbidding doen. Ons Vader kan ALLES en al weet ek nie wat die uiteinde sal wees nie, weet ek Hy het jou en jou boetie lief.

                          So , dis nog iemand wat vir hom bid en vir jou en familie ook, want dit stroop jou van al jou krag.. onthou, dis in ons swakheid wat Sy krag na vore kom !

                          Willem
                          Dis alles net genade -Ma Grace
                          "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

                          Comment

                          • #14
                            Linda Welkom hier by ons....
                            dat Vader vir julle uitkoms gaan gee
                            The LORD is my Miracle

                            G_d was gracious He has shown favor

                            Hope is a seed
                            God plants in our hearts
                            to remind us
                            there are better things ahead.
                            -Holley Gerth

                            Comment

                            • #15
                              Baie welkom hier by ons Linda! Ek sal 'n e-pos aan Anel stuur en haar vertel van jou plasing. Wat jy ook kan oorweeg is om Retha McPherson se boek te koop, waar sy vertel van haar seuntjie Aldo, wat ernstige breinbeserings opgedoen het in 'n ongeluk en hoe hierdie kind wonderbaarlik herstel het, jy mag dalk net iets in haar boek vind, wat huidiglik vrylik beskikbaar is by CUM en Gospel Direct.

                              Wat jy egter in gedagte moet hou, is dat ander se verhale nie noodwendig jou eie verhaal gaan wees nie, maar dit kan dieselfde wees. Die Here loop met elkeen 'n unieke pad en elkeen van ons moet Sy stem hoor om die lesse te leer in wat Hy wil oordra aan mens. Ek hoop werklik jy vind jou antwoord en baie sterkte vir jou en jou boetie! Ek was in 2002 self in 'n baie ernstige kop aan kop botsing en toe ekself in ICU was, het hulle ook gedink ek het breinskade en ek kan vandag getuig dat daar nie 'n teken daarvan is nie, maar ons gesels weer en ek hoop jy kom reg!

                              Working...
                              X