Announcement

Collapse
No announcement yet.

Antwoord 'n Jehova Getuienis

Collapse
This is a sticky topic.
X
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • #16
    Originally posted by Pierre van Zyl View Post
    As enige iemand nog inligting het, laat weet asb, ek vermoed ek gaat dit nodig kry, ek het by 'n plek uitgekom waar twee dames is wat Jehova getuies is, thanx Phil
    Hi Pierre,

    2Pet1:20 ..no prophesy of scripture is for private interpretation.
    Vra net hierdie vraag op watter rak kan jy die New World Translation koop. Hulle bybel is net te koop as jy by hulle aansluit. So hulle interpretasie van die skrifte is privaat.

    Ek het probeer een kry op die rak, dis onmoontlik. Ek reken dat jy nie met hulle moet redeneer nie, maar jou verhaal te vertel. Spesefiek hoe die Here jou aangeraak het en as dit soos Paulus van die perd afval was (spreekwoordelik). Vra 'n bietjie of hulle ook so iets beleef het.

    Die skrif se ook dat wanneer Moses voorgelees word kom daar 'n sluier oor jou. Dis moontlik dat dit beter is om te bid as dotrine te praat.

    Jesus se ons sal sy getuies wees. Hulle sal dit moeilik oor hulle lippe kry...

    Sterkte!

    Comment


    • #17
      PD

      Die vraag wat ons onsself moet vra en dit deur die Woord staaf is wat gebeur in die poel van vuur en swawel. Openbaring 14 impliseer nie dat Jesus in die poel van vuur staan nie, dit impliseer dat die een wat die dier aanbid en sy merk ontvang gepynig sal word in die poel van vuur en swawel.

      Verder aangaande die hel, kan ons mos beslis bloot gaan op wat Jesus daaraangaande te se het:

      En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te h en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur,
      waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
      Markus 9:43-44


      En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te h en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,
      Markus 9:45


      En hy roep en s: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.
      Maar Abraham antwoord: Kind, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe ontvang het, en so ook Lasarus die slegte. En nou word hy getroos, maar jy ly smarte.
      En by dit alles is daar tussen ons en julle 'n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dr is, nie na ons kan oorkom nie.
      Lukas 16:24-26


      Jy sien in hierdie teksgedeeltes word volkome vir ons aangedui wat die hel is (uit Jesus se eie woorde), dat dit wel bestaan, dat die ongereddenes daarheen sal gaan, dat jy nie daarvan af oor kan gaan hemel toe nie. So in hierdie gedeeltes weerle ons die Jehovas se geloof dat daar nie 'n hel bestaan nie en dit weerle ook ander soos die Rooms Katolieke kerk se vagevuur beginsel met hulle afkoopstelsel.

      Kom ons som dan op en vat saam:

      Jy sien, daar staan nie in Openbaring 20 geskryf dat die hel in die vuur gewerp is nie, die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp:

      En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.
      Openbaring 20:14


      Jy sien, die doderyk soos dit vandag staan is nog net tydelik, want diegene wat daarin is sal weer opstaan, maar hulle sal opstaan tot die ewige dood, hulle sal dan saam met die doderyk in die hel, die poel van vuur gewerp word vir ewig, die hel is dan nie tydelik nie, dit is vir ewig.

      Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
      Openbaring 20:6


      Groete
      Phil

      Comment


      • #18
        Poel van vuur

        Hi daar, hier is my studie van woorde wat in ander vertalings ook hel genoem word. Ek dink nog steeds dat die poel van vuur onderskei word van die hel. Interresant dat die engelse vertalings die doderyk ook die hel noem. Vandaar dus dat ek gese het ek sien die hel word in die poel van vuur gegooi. Ek dwing myself om objektief na die saak te kyk vandaar kom ek toe agter die groot verskille in die populere vertalings.

        Ou testament

        Doderyk =sheol (in hebreeus ) Strongs nr.=7585

        Gen_37:35; Gen_42:38; Gen_44:29; Gen_44:31; Num_16:30; Num_16:33; Deu_32:22; 1Sa_2:6; 2Sa_22:6; 1Ki_2:6; 1Ki_2:9; Job_7:9; Job_11:8; Job_14:13; Job_17:13; Job_17:16; Job_21:13; Job_24:19; Job_26:6; Psa_6:5; Psa_9:17; Psa_16:10; Psa_18:5; Psa_30:3; Psa_31:17; Psa_49:14; Psa_49:15; Psa_55:15; Psa_86:13; Psa_88:3; Psa_89:48; Psa_116:3; Psa_139:8; Psa_141:7; Pro_1:12; Pro_5:5; Pro_7:27; Pro_9:18; Pro_15:11; Pro_15:24; Pro_23:14; Pro_27:20; Pro_30:16; Ecc_9:10; Son_8:6; Isa_5:14; Isa_7:11; Isa_14:9; Isa_14:11; Isa_14:15; Isa_28:15; Isa_28:18; Isa_38:10; Isa_38:18; Isa_57:9; Eze_31:15; Eze_31:16; Eze_31:17; Eze_32:21; Eze_32:27; Hos_13:14; Amo_9:2; Jon_2:2; Hab_2:5;

        Nuwe testament

        Doderyk=haides (in grieks) strongs nr. =86 (klink soos hah-dace in grieks)

        Mat_11:23; Mat_16:18; Luk_10:15; Luk_16:23; Act_2:27; Act_2:31; 1Co_15:55; Rev_1:18; Rev_6:8; Rev_20:13; Rev_20:14


        Hel= geena(in grieks)strongs nr. 1067 ( klink soos gheh-en-nah)

        Mat_5:29; Mat_5:30; Mat_10:28; Mat_23:15; Mat_23:33; Mar_9:43; Mar_9:45; Luk_12:5; Jas_3:6;

        Hel=tartaroo (in grieks) Strongs nr. 5020

        2Pe_2:4;

        Poel van vuur

        Rev 20:10
        En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid.

        Rev 20:14
        En die dood en die doderyk is in die poel van vuur gewerp. Dit is die tweede dood.

        Rev 20:15
        En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.

        Rev 19:20 En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy hlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand.

        Comment


        • #19
          Dankie hiervoor Phil, ek waardeer dit. Ek het al baie gewonder presies wat die Jehova Getuies glo. Jare gelede het 'n paar van hulle by ons huis aangeklop, en ek het aan hulle getuig wat die Here vir my gewys het deur my lewe - insluitende 'n keer toe ek my liggaam verlaat het en voor Jesus gestaan het in al Sy glorie. Geen wonder hulle het nooit weer by ons aangeklop nie - hulle moes dink ek was 'n "lost case".



          Originally posted by Phil Fourie View Post
          Ons almal ken die Jehova Getuienis, ons almal praat van hulle en s hulle het die kat aan die stert beet, maar nie almal weet wat hierdie mense glo en waar hulle met ons verskil nie.

          Vergun my a.s.b. die geleentheid van hierdie draad om 'n paar van hulle sienings te bespreek asook hoe dit in die Skrif verkeerd bewys word.

          1. Die Drie-Eenheid

          Die Jehova Getuienis glo nie in die Drie-Enige God nie, hulle s dat slegs die Vader God is en dat Jesus die eerste skepping is.

          Nou die Woord is duidelik dat daar net een ware God is.

          Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie.
          Jes 43:11

          Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,
          Jes 45:5

          Kom ons kyk dan wat staan in die New World Translation (die Jehova's se verdraaide vertaling)

          I—I am Jehovah, and besides me there is no savior.”(43:11)

          I am Jehovah, and there is no one else. With the exception of me there is no God. I shall closely gird you, although you have not known me (45:5)

          Goed nou Jesaja wat so duidelik s dat daar net een God is, noem dan ook vir Jesus God, dus is daar dan nou 'n Vader en 'n Seen as God.

          Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors --
          Jes 9:5

          Nou, kyk net wat staan in hulle NWT (in Jes 9 het hulle dit as vers 6)

          For there has been a child born to us, there has been a son given to us; and the princely rule will come to be upon his shoulder. And his name will be called Wonderful Counselor, Mighty God, Eternal Father, Prince of Peace.

          En dan oor die Heilige Gees

          Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
          Matt 28:19

          En weet julle wat, die vers is dieselfde in die NWT

          In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
          Joh 1:1

          Nou die NWT s die Woord was 'n god. Dit is vir my snaaks, hulle wil die vers verdraai om Jesus se Goddelikheid weg te vat, maar daardeur gaan hulle heeltemal teen die Skrif wat s daar is geen ander behalwe God nie.

          Dan laastens dat ons van hierdie punt kan afstap:

          Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
          Joh 14:10

          Nou daardie vers het die NWT wel verdraai, julle kan dit maar gaan opsoek

          2. Jesus as skepsel

          Nou hulle glo ook dat Jesus die eerste skepsel was. Die Woord is duidelik dat dit nie die geval is nie.

          Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
          Joh 1:3

          Nou die NWT stem weer saam met die vers en het dit nie verdraai nie, so hulle vertaling erken ook dat alles deur Christus ontstaan het en nie dat hy geskep is nie, hoe kan Hy dan ontstaan het as hy 'n skepsel is, maar alles het deur Hom ontstaan. As Hy nie daar was nie, sou Hy dan ook nie gewees het nie. Ek hoop ek maak sin, maar soos julle kan sien, hierdie ouens redeneer nie lekker nie

          Ons kan aangaan:

          wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wreld gemaak het.
          Heb 1:2

          NWT het die vers so effe verdraai, maar die idee is nog daar, alles het deur die Seun ontstaan.

          want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte -- alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
          Kol 1:16

          Die NWT s: "through him and for him"

          So, Jesus is die een deur Wie geskep is en is dus nie 'n skepsel nie, dit kan jy ook vir hulle uit hulle eie vertaling gaan bewys.

          3. Die Heilige Gees

          Hulle s die Heilige Gees is net 'n werkende krag. Ek vra, hoe kan 'n krag voorspel?

          Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
          Hand 1:16

          NWT s die Heilige Gees het gepraat. Kan 'n krag praat?

          Kan jy vir 'n krag lieg?

          Toe s Petrus: Ananas, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
          Hand 5:3

          NWT het hom amper ook so

          Of praat?

          En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees ges: Sonder nou Brnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
          Hand 13:2

          Of getuig?

          behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en s dat boeie en verdrukkinge my wag.
          Hand 20:23

          4. Die wederkoms

          Die Jehova Getuienis reken Jesus het in 1914 teruggekom, maar niemand kon Hom sien nie en dat ons nou die heerlikheid op aarde gaan kry, want Hy gaan nie weer kom nie.

          O, maar wat staan daar dan omtrent die wederkoms?

          Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
          Op 1:7

          In die NWT staan daar by Openbaring 1:

          7 Look! He is coming with the clouds, and every eye will see him, and those who pierced him; and all the tribes of the earth will beat themselves in grief because of him. Yes, Amen.

          Ek dog niemand het Hom gesien volgens hulle nie, maar hulle eie vertaling/verdraaiing weerspreek dit.

          5. Die hel

          Die Jehova Getuienis glo nie dat daar 'n hel is soos ons dit ken nie, maar dat hel bloot 'n rusplek is vir die dode, nie 'n plek van straf nie.

          Die Woord s anders:

          En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
          Daniel 12:2

          Die NWT bevestig hierdie vers.

          maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die testanders sal verteer.
          Heb 10:27

          NWT bevestig hierdie vers.

          En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
          Op 20:15

          NWT s "hurled into the lake of fire."

          Dit is maar net so "vinnig" 5 punte wat ek wou aanraak. Jy sal sien dat seker 90% van die tyd weerspreek die Jehova Getuienis se eie vertaling hulle. Soos jy sal sien is kan jy vir 'n Jehova Getuie uit sy eie New World Translation ook die waarheid openbaar, want dit staan daar, al wil hy stry met die ware Bybel

          Groete en ek hoop hierdie kan vir iemand tot nut wees.
          PFM
          Last edited by AndreHa; Dec 3 2009, 07:03 AM. Reason: Spelfoutjie reggemaak.

          Comment

          Working...
          X