Announcement

Collapse
No announcement yet.

Antwoord 'n Jehova Getuienis

Collapse
This is a sticky topic.
X
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Antwoord 'n Jehova Getuienis

    Ons almal ken die Jehova Getuienis, ons almal praat van hulle en sÍ hulle het die kat aan die stert beet, maar nie almal weet wat hierdie mense glo en waar hulle met ons verskil nie.

    Vergun my a.s.b. die geleentheid van hierdie draad om 'n paar van hulle sienings te bespreek asook hoe dit in die Skrif verkeerd bewys word.

    1. Die Drie-Eenheid

    Die Jehova Getuienis glo nie in die Drie-Enige God nie, hulle sÍ dat slegs die Vader God is en dat Jesus die eerste skepping is.

    Nou die Woord is duidelik dat daar net een ware God is.

    Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie.
    Jes 43:11

    Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,
    Jes 45:5

    Kom ons kyk dan wat staan in die New World Translation (die Jehova's se verdraaide vertaling)

    IóI am Jehovah, and besides me there is no savior.Ē(43:11)

    I am Jehovah, and there is no one else. With the exception of me there is no God. I shall closely gird you, although you have not known me (45:5)

    Goed nou Jesaja wat so duidelik sÍ dat daar net een God is, noem dan ook vir Jesus God, dus is daar dan nou 'n Vader en 'n Seen as God.

    Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors --
    Jes 9:5

    Nou, kyk net wat staan in hulle NWT (in Jes 9 het hulle dit as vers 6)

    For there has been a child born to us, there has been a son given to us; and the princely rule will come to be upon his shoulder. And his name will be called Wonderful Counselor, Mighty God, Eternal Father, Prince of Peace.

    En dan oor die Heilige Gees

    Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    Matt 28:19

    En weet julle wat, die vers is dieselfde in die NWT

    In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
    Joh 1:1

    Nou die NWT sÍ die Woord was 'n god. Dit is vir my snaaks, hulle wil die vers verdraai om Jesus se Goddelikheid weg te vat, maar daardeur gaan hulle heeltemal teen die Skrif wat sÍ daar is geen ander behalwe God nie.

    Dan laastens dat ons van hierdie punt kan afstap:

    Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.
    Joh 14:10

    Nou daardie vers het die NWT wel verdraai, julle kan dit maar gaan opsoek

    2. Jesus as skepsel

    Nou hulle glo ook dat Jesus die eerste skepsel was. Die Woord is duidelik dat dit nie die geval is nie.

    Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
    Joh 1:3

    Nou die NWT stem weer saam met die vers en het dit nie verdraai nie, so hulle vertaling erken ook dat alles deur Christus ontstaan het en nie dat hy geskep is nie, hoe kan Hy dan ontstaan het as hy 'n skepsel is, maar alles het deur Hom ontstaan. As Hy nie daar was nie, sou Hy dan ook nie gewees het nie. Ek hoop ek maak sin, maar soos julle kan sien, hierdie ouens redeneer nie lekker nie

    Ons kan aangaan:

    wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wÍreld gemaak het.
    Heb 1:2

    NWT het die vers so effe verdraai, maar die idee is nog daar, alles het deur die Seun ontstaan.

    want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte -- alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
    Kol 1:16

    Die NWT sÍ: "through him and for him"

    So, Jesus is die een deur Wie geskep is en is dus nie 'n skepsel nie, dit kan jy ook vir hulle uit hulle eie vertaling gaan bewys.

    3. Die Heilige Gees

    Hulle sÍ die Heilige Gees is net 'n werkende krag. Ek vra, hoe kan 'n krag voorspel?

    Broeders, hierdie Skrif moes vervul word wat die Heilige Gees voorspel het deur die mond van Dawid aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het;
    Hand 1:16

    NWT sÍ die Heilige Gees het gepraat. Kan 'n krag praat?

    Kan jy vir 'n krag lieg?

    Toe sÍ Petrus: AnanŪas, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?
    Hand 5:3

    NWT het hom amper ook so

    Of praat?

    En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesÍ: Sonder nou BŠrnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
    Hand 13:2

    Of getuig?

    behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sÍ dat boeie en verdrukkinge my wag.
    Hand 20:23

    4. Die wederkoms

    Die Jehova Getuienis reken Jesus het in 1914 teruggekom, maar niemand kon Hom sien nie en dat ons nou die heerlikheid op aarde gaan kry, want Hy gaan nie weer kom nie.

    O, maar wat staan daar dan omtrent die wederkoms?

    Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!
    Op 1:7

    In die NWT staan daar by Openbaring 1:

    7 Look! He is coming with the clouds, and every eye will see him, and those who pierced him; and all the tribes of the earth will beat themselves in grief because of him. Yes, Amen.

    Ek dog niemand het Hom gesien volgens hulle nie, maar hulle eie vertaling/verdraaiing weerspreek dit.

    5. Die hel

    Die Jehova Getuienis glo nie dat daar 'n hel is soos ons dit ken nie, maar dat hel bloot 'n rusplek is vir die dode, nie 'n plek van straf nie.

    Die Woord sÍ anders:

    En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
    Daniel 12:2

    Die NWT bevestig hierdie vers.

    maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teŽstanders sal verteer.
    Heb 10:27

    NWT bevestig hierdie vers.

    En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.
    Op 20:15

    NWT sÍ "hurled into the lake of fire."

    Dit is maar net so "vinnig" 5 punte wat ek wou aanraak. Jy sal sien dat seker 90% van die tyd weerspreek die Jehova Getuienis se eie vertaling hulle. Soos jy sal sien is kan jy vir 'n Jehova Getuie uit sy eie New World Translation ook die waarheid openbaar, want dit staan daar, al wil hy stry met die ware Bybel

    Groete en ek hoop hierdie kan vir iemand tot nut wees.
    PFM

  • #2
    As enige iemand nog inligting het, laat weet asb, ek vermoed ek gaat dit nodig kry, ek het by 'n plek uitgekom waar twee dames is wat Jehova getuies is, thanx Phil

    Comment


    • #3
      Originally posted by Pierre van Zyl View Post
      As enige iemand nog inligting het, laat weet asb, ek vermoed ek gaat dit nodig kry, ek het by 'n plek uitgekom waar twee dames is wat Jehova getuies is, thanx Phil
      Jy moet maar net sÍ as ek kan help met hulle gesels, ek het nogals redelike ondervinding op die gebied.

      Gebruik die bostaande as 'n beginpunt en laat die Heilige Gees jou lei, dit is die enigste manier, sonder Hom sal jy nie met hierdie mense kan gesels nie. Elke situasie is maar uniek.

      Groete
      Phil

      NS! Jammer ek kan nie vanaand by jou uitkom nie, ek probeer jou bel, maar soos gewoonlik antwoord jy nie, dit is my broer se verjaarsdag, so ek gaan soontoe

      Comment


      • #4
        Hi Phil
        Dit lyk my ons gaan vroeŽr as wat ek gedink het by die mense draai. Vrydag uitgevind dat die dame se man het al 4 hartaanvalle gehad en lei aan suikersiekte ook nog, so ek dink nie hy het veel tyd oor nie

        Comment


        • #5
          Pierre, ek verstaan nie lekker hierdie plasing van jou nie, dit klink amper asof jy wag vir die vrou se man om dood te gaan. Skies, maar wil jy nie maar vir my verduidelik nie?

          Comment


          • #6
            Sorry ou maat verkeerd uitgekom, nee ek wil draai voor hy doodgaan

            Comment


            • #7
              Laat weet my of ek jou kan bystaan hierin.

              Groete
              Phil

              Comment


              • #8
                Het julle die vrou en haar man toe gaan besoek en wat was die resultate?
                http://engelhart-engelhart.blogspot.com/

                Comment


                • #9
                  Gebed, Getuienisse en Bediening

                  Sjoe, dis jammer hierdie inligting verskyn nou eers. In Desember het ek 'n email gebedsversoek van ekerk ontvang van iemand se seun wat 'n Jehowa is en sou Kersfees vir die eerste keer in 'n baie lang tyd by sy pa gaan kuier het. Ek hoop hierdie inligting kom op die een of ander manier by hom uit.
                  Groete

                  Comment


                  • #10
                    Ek is so bly ek het hierdie draad raakgeloop. My man se assistent is 'n Jehova getuie en hulle gesels nogal baie. Ek gaan vir hom hierdie gee om te lees sodat hy meer voorbereid is volgende keer. Wat is die storie met die 144 000, Phil? Hy het so iets vir Marius genoem en dat dit in Openbaring staan en ons het dit toe gaan opsoek. Ek is nie vreeslik vertroud met Openbaring nie. Het nog nie eintlik kans gesien om dit te lees nie. Kan jy dalk meer hier rondom verduidelik.

                    Dankie.

                    Yolanť
                    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                    Comment


                    • #11
                      Hi Lanie

                      Die 144,000 is die volk van God, dit is Israel, dit het niks met ander nasies te doen nie, dit sal hulle wees wat in die groot verdrukking sal optree as die wat die evangelie sal versprei aangesien die kerk nie meer hier gaan wees nie. Dit is hulle waarvan geprofeteer is dat hul wat die goeie boodskap bring se voetstappe so wonderlik klink.

                      Die Jehovahs glo dat slegs 144,000 (van hulle) die hemel sal beerwe, laat toe ek met een gepraat het, het hy my nogals ingelig dat hulle slegs 5,000 kort, dan is die getal vol, toe vra ek vir hom hoe weet hy hulle kort nog net 5,000, natuurlik kon hy my nie daarop antwoord nie.

                      Ek vra toe ook vir hom of hy een van die 144,000 is, toe deel hy my mee dat dit nie vir hom beskore is nie en dat hy nie soos die 144,000 die hemel sal beerwe nie, maar dat hy een van die bewoners sal wees van die nuwe aarde. Hulle glo 'n klomp van hulle (die 6 miljoen of watookal JG's) gaan die nuwe aarde beerwe en dan die "elite" 144,000 sal dan die nuwe hemel beerwe.

                      Om dit vir jou eenvoudig te se, hulle weet nie wat in Openbaring aangaan nie.

                      As ek vir jou 'n goeie idee kan gee, gaan na www.bibleguidance.co.za en gaan soek die boek daar van Prof Malan genaamd Die Dag van die Here, jy kan hom gratis daar lees op die webwerf, dit behoort vir jou baie goeie studie te wees aangaande Openbaring, ook vir jou man om dan te gebruik in getuienis met die Jovie

                      Groete
                      Phil

                      Comment


                      • #12
                        Dankie, Phil. Dit help baie.
                        The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                        Comment


                        • #13
                          Hel

                          Die hel en die poel van vuur is nie dieselfde plek nie! As jy skrif het hiervoor sal dit gaaf wees.

                          Ek sien dat die hel word in die poel van vuur gewerp om vernietig te word. Ek voel hier het hulle wel 'n punt. Die woord "sheol, gehenna, tartaroo en hades" word as hel vertaal en beteken ook nie almal diselfde nie.

                          Dawid se in Ps 16:10 dat sy siel sal nie in die doderyk (hel) bly nie.

                          Jesus staan in die poel van vuur in openbaring 14:10 en die swael is die woord "theon" - Godly fire.

                          Ek sien die skrif se telkemale dat God 'n verterende vuur is.

                          Sommige vetalings kom die woord hel baie meer as ander. Hulle trek baie mense deur te se hel is nie vir ewig nie. Ek wonder of jy kan uitbrei?

                          Comment


                          • #14
                            PD

                            Welkom hier by ons, ek sal graag wil weet waarheen jy stuur met hierdie plasing van jou.

                            Groete
                            Phil

                            Comment


                            • #15
                              Dankie,

                              Dis naby aan my hart, die waarheid. Ek geniet jou benadering veral oor goed soos om vir die HG te lieg, dis skerp.

                              Ons almal haak erens aan die letter vas.
                              Ek dink hulle het begin deur die bybel by hulle geloof aan te pas. Hulle moes in een van die vroeer dae in 'n hofsaak erken dat hulle nie hebreeus of grieks matig is nie, maar sederdien het hulle die oorspronlike skrifte gevat en met rekenaar tegnologie ondersoek.

                              Jesaja 9:6 is 'n skrif wat hulle eie geledere sal agterkom as dit skielik verander word. Ek reken dis 'n dilemma vir hulle.

                              Waarop ek afstuur oor die hel is bloot kyk bietjie dieper. Die "hel soos ons hom ken" is deur verskillende vertalings meer of minder gemaak. Onder jou opskrif hel noem jy die poel van vuur. Ek reken die poel van vuur is die poel van vuur wat iets anders is. Onthou die dood en die hel word in die poel van vuur gewerp. Die lam staan in die poel van vuur...

                              Ek sou graag as ek tyd het wil uitbrei.

                              Groete
                              Daniel

                              Comment

                              Working...
                              X