Baie mense vermy evangelisasie, want dit is net vir sekeres bedoel. Die vraag is, is dit werklik so?
In Brasilië het dit gebeur dat daar op ‘n stadium net een Baptiste gemeente oor was. Die plaaslike predikant het onder leiding van die Heilige Gees tot die besef gekom, dat daar nie meer ge-evangeliseer word nie en juis nie op die skaal wat God verwag, Sy kinders dit moet doen nie. Sy gemeente was ongeveer net 100 lidmate en hy het voorgestel dat elke een van hulle moes begin evangeliseer, waarna daar heelwat teenkanting was, juis omdat kennis ontbreek het.
Hy het dit duidelik gestel dat die Baptiste Kerk ‘n predikant’s-kerk geword het en dat dit nie is wat Kerk beteken nie. Toe die gemeentelede begin om verskonings te soek, het hy dit duidelik gemaak dat dit nie so moeilik is, soos hulle voorgee dit is nie, want mens moet net ‘n hart hê, om te kan evangeliseer. Vêrder moet mens net twee dinge weet, dan kan mens vir die Here werk en dit is,
Twee jaar later, toe is daar ongeveer 100 Baptiste gemeentes in Brasilië gewees en die boodskap is duidelik, sonder evangelisasie, is die Kerk dood en sal die Kerk ‘n stadige dood sterf. Hieronder is ‘n praktiese gids, om evangelisasie beter toe te lig…
Werk gerus hierdeur en voeg by of wys iets uit wat moontlik meer effektief kan wees, sou jy graag wil of sou dit nodig wees.
Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.
(Mat 9:37-38 AOV)
(Mat 9:37-38 AOV)
In Brasilië het dit gebeur dat daar op ‘n stadium net een Baptiste gemeente oor was. Die plaaslike predikant het onder leiding van die Heilige Gees tot die besef gekom, dat daar nie meer ge-evangeliseer word nie en juis nie op die skaal wat God verwag, Sy kinders dit moet doen nie. Sy gemeente was ongeveer net 100 lidmate en hy het voorgestel dat elke een van hulle moes begin evangeliseer, waarna daar heelwat teenkanting was, juis omdat kennis ontbreek het.
Hy het dit duidelik gestel dat die Baptiste Kerk ‘n predikant’s-kerk geword het en dat dit nie is wat Kerk beteken nie. Toe die gemeentelede begin om verskonings te soek, het hy dit duidelik gemaak dat dit nie so moeilik is, soos hulle voorgee dit is nie, want mens moet net ‘n hart hê, om te kan evangeliseer. Vêrder moet mens net twee dinge weet, dan kan mens vir die Here werk en dit is,
- Iets het fout gegaan hier op aarde en Genesis vertel wat gebeur het.
- Die res van die Bybel vertel van God se oplossing.

Comment