Announcement

Collapse
No announcement yet.

Gedig: die Uurglas en die Timmerman

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Gedig: die Uurglas en die Timmerman

    As ek my oë toe maak en my gedagtis toe laat om te dwaal
    Toe laat om tussen die bome in my kop rond te stap en ou memories uit te gaan haal
    Dan onthou ek vrolike gordyne wat op die maat van musiek sweef
    ‘n kalmte verdwaald tussen die bome met rank plante van tyd toe geweef
    Ek onthou lang diep gespreke oor niks, bo op die huis se dak
    Sieninge en idees gefile in my brein biblioteek, iewers op ‘n stowerige rak
    Ek ruik soms die ogende…dit ruik soos ‘n gee nie om nie blaar
    Jammer, ek het die fynste detail gemis, was te besig om my blind in die toekoms te staar
    Kinders wil met alle geweld groot word en volwassenes weer kind
    Dis net ‘n pitty ek het hierdie nare waarheid te laat uit gevind
    Ek het my onskuld aan ‘n swendelaar verkoop
    Dit veruil vir sy mooi woorde en beloftes, soeter as stroop
    Ek probeer die sekondes optel soos sout in die wind verwaai
    Ek probeer die swendelaar uit sny wat tergend oor my skouer kraai
    Ek het probeer weg kruip Maar waar ook al ek gaan hoor ek sy geneul
    ”Jy het jou verlede aan my verkoop..nou gaan ek jou toekoms ook steel
    Maar op ‘n dag…venederd en begrawe in my verderf
    Loop ek ‘n Timmerman raak, besig om ‘n uur glas uit harde houd te kerf
    Met wonder het ek besef Hy hou tyd in Sy hande en my vederf verander in hoop
    Dadelik wou ek weet of ek die minute by Hom kon koop…
    Sagmoedig vra Hy my “Hoekom wil jy dit koop? Dit is dan al reeds betaal.
    Al wat jy moet doen, is om dit by My te kom haal.

  • #2
    Cornelia , dis pragtig en so waar! Hoeveel mense is daar nie wat hulle saligheid nog probeer 'verdien' nie en al die tyd het Jesus aan die kruis dit al amper 2000 jaar gelede betaal. n Lewe is te kort om ons dankbaarheid te bewys aan ons Saligmaker vir daardie geskenk van LEWE! Maak nie saak hoe jou lewe tot nou toe verloop het nie, Jesus het daardie foute in ons verlede met Sy bloed skoongewas en vir AL ons sonde betaal. Daarom kan ons oorbegin en nuutbegin met n jubel in ons harte en n huppel in ons stap!

    Comment


    • #3
      Net Jesus alleen
      reik Sy Hand uit
      om ons uit die
      modder te haal
      As ons...
      uit ons eie sou probeer
      sou ons elke keer faal.

      God se liefde is nie te koop
      Sy Seun het dit reeds betaal
      met Sy Kruisdood.

      Jou gedig is werklik so mooi Cornelia dit laat mens net weereens besef dat daar net Een Almagtige Drie-enige God is. Ek lees jou graag weer raak.

      Comment

      Working...
      X