Announcement

Collapse
No announcement yet.

Gebede asseblief?

Collapse
X
 
  • Filter
  • Time
  • Show
Clear All
new posts

  • Help asseblief Gebede asseblief?

    Ek is al so moeg vir probleme en party dae voel dit vir my asof mense seker dink al wat by my mond uitkom is klagtes. So, ek probeer maar eerder my mond toehou as dit by mense kom en net al my bekommernisse na die Here toe te vat. Maar ek loop op die oomblik met 'n woede in my rond en ek het regtig nodig om net met iemand te deel en bietjie ander mense se perspektief te kry, en dalk 'n bietjie raad of bemoediging.

    My man is prakties gesproke werkloos op die oomblik. Sy "vennoot" het langer as 'n jaar aan hom gekarring om deel van sy praktyk te word en allerhande beloftes en planne is gemaak.

    Ons het toe alles opgepak, manlief het sy pos by 'n gevestigde maatskappy bedank, en getrek nadat ons (ek) daaroor gebid het en alles in die Here se hande gelaat het.

    Toe manlief begin werk het in die praktyk en deur die klientebasis gaan, kom meneer toe met 'n skok agter dat sy praktyk toe nie so groot was as wat hy gedink het nie. Verder dra die huidige ekonomiese situasie ook by dat besigheid regtig stilstaan. Met die gevolg dat ons nou vir 'n tweede maand nie 'n sent inkomste gekry het nie. Gelukkig voorsien die Here so dat ons nog nie een aand met honger magies gaan slaap het nie, en hier en daar voorsien Hy 'n geldjie om sommige goedjies te betaal, maar ons is op die punt om uitgesit te word uit die huis wat ons huur, en die bank het gebel om ons enigste voertuig te kom haal.

    En nou vertel meneer die vennoot vir my man dat hy vir hom 'n ander werk moet soek, en asseblief nie verder moet besigheid skryf nie, vir in geval dit verval nadat hy weg is, en dit dan uit sy eie sak moet kom. So maw, indien my man nie onmiddellik 'n ander werk kry nie, gaan ons nog 'n maand, of maande, sonder inkomste sit. (Dit terwyl die ander ou gemiddeld R140 000 'n maand huis toe vat. )

    My man en ek het albei ons cv's uitgestuur na 'n klomp plekke en wag en bid nou vir uitkoms. Die kans is ook baie groot dat ons weer na 'n ander dorp/stad gaan moet verhuis, en dit maak my ook ongelukkig want ons kinders het so goed aangepas in hulle nuwe skool en ons het 'n gemeenskap van gelowiges gevind waar ek werklik gelukkig is, welkom voel, goeie lering ontvang en geestelik groei, en waar my man ook vir die eerste keer in 'n baie lang ruk 'n mate van geestelike groei toon.

    Ek vra asseblief vir julle gebede vir ons, vir my en my man vir werk, blyplek en vervoer. En ook vir die verwyt en woede wat ek op die oomblik in my het. Ek voel so ongelukkig met hierdie man, wie nogals 'n uitgesproke christen is.... Ek weet ek moenie kwaad wees nie en net op die Here bly vertrou maar dit voel op die oomblik of die lewe net een klap na die ander aan ons uitdeel.

    Ek weet die Here laat alles te goede meewerk vir diť wat hom liefhet en ek onderwerp my geheel en al aan wat Hy beskik. Ek vra net vir 'n paar ekstra gebede van my boeties en sussies hier........
    The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

  • #2
    Lanie,

    Die eerste gedagte wat by my opkom toe ek nou hier lees, is dat alles gaan oor 'n man se hart wat verkeerd is. As sy hart genees kan word, is daar klaar meer hoop. My gebed is ook dat die Here hierdie vennoot se hart sag sal maak en sy hart sal rig om julle tot seŽn te wees. As die deur egter toegemaak word, wees verseker 'n ander deur sal oopgemaak word, want Jesus se eie woorde sÍ dit! En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle Ďn ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wÍreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
    (Joh 14:16-18 AOV)


    Iets anders wat mens voor moet bid is dat daar nie verbittering by julle kom nie, dat julle nie moed verloor nie en dat julle moet vashou aan die hoop wat altyd beskikbaar is. Sterkte vir julle...
    The Rapture

    My dearest friends, Iím so sorryÖ so sorry
    but I must confess, donít worry
    the rapture is not before the Great Tribulation
    itís before Godís wrath!!!

    Because His wrath is not meant for you
    itís for all the people in the zoo
    think about it and refreshÖ
    you will see thereís no way out of here, in the flesh

    If you really believe, you will see
    the rapture is for you and me
    when we decide to leave from here
    that very day, oh! God adhereÖ


    Comment


    • #3
      Hi Lanie

      Ek wil net so bietjie van my eie ondervinding met jou deel, om te illustreer dat ek presies weet waardeur julle gaan (wat bitterheid en woede betref) Ek het 'n goeie pos by 'n baie groot landboumaatskappy gehad, met 'n goeie salaris en byvoordele. My pos in 2004 afgeskaf en ek het was skielik sonder werk, maar met beloftes van 'n heraanstelling sodra 'n geskikte pos oopgaan. As gevolg van een man se selfsugtigheid / inhaligheid (noem dit wat jy wil) is ek toe nooit heraangestel nie en toe ek begin aandring daarop, het hierdie persoon hom vervies omdat ek die wereld vir hom warm gemaak het en my in soveel woorde beloof het dat hy sou toesien dat ek nooit weer vir die maatskappy sou werk nie. Sonder om op detail in te gaan, kan ek net se dat hy wel op 'n baie onetiese wyse daarvoor gesorg het dat ek nie weer aangestel sou kon word nie.

      Die gevolg is dat ek lank werkloos was en myself vandag, net bietjie meer as tien jaar voor aftree ouderdom, in 'n baie benarde posisie bevind, met skaars genoeg geld om te oorleef. (Iemand van my ouderdom kry nie werk nie, ongeag uitstekende kwalifikasies, ondervinding en diensrekord) Ons is skielik behoeftige mense wat van tyd tot tyd in ander se oe moet kyk om te oorleef (wat vir my bitter moeilik is...) Ek het byna alles verloor. Daar is geen pensioen of medies nie. Ek ry 'n 12 jaar ou motortjie wat besig is om kennis te gee, dra tweedehandse klere en het drie jaar laas uitgeeet.....

      Maar ek kla nie. Die Here is goed vir my. Ek het 'n werk, en 'n dak oor my kop. Ek het nog nooit honger gely of koud gaan slaap nie. En geestelik was ek nog nooit so naby die Here nie. Ek het geleer wat nederigheid, en vertroue beteken. En ek het 'n wonderlike vrou en dogter.

      Waarom vertel ek dit vir jou? Net om te se, ek weet waardeur julle gaan. Ek ken die bekommernis oor die dag van more, die vrae in jou gemoed, en veral die magtelose woede en bitterheid. Ek moes leer om te vergewe - en om op die Here te vertrou vir oorlewing. En al verstaan ek steeds nie waarom ek die pad moes loop (en steeds loop) nie, het ek groot vrede in my gemoed. Die Here weet wat Hy doen, en as Hy toegelaat het dat hierdie dinge met my gebeur, dan sal Hy weet hoekom. As dit Sy wil is, kan en sal Hy my omstandighede omkeer, al lyk dit vir my menslik onmoontlik. En as dit nie Sy wil is nie, dan aanvaar ek dit ook blymoedig. Die Here maak nie foute nie.

      Lanie, hoor my as ek se dat ek aan julle dink en dat ek verseker vir julle sal bid. Sterkte vir die pad vorentoe!

      Comment


      • #4
        Lansters,
        Ek sal verseker vir jou bid. Die huidige ekonomie het werk net nog skaarser gemaak, en die een besigheid na die ander maak toe, selfs die maatskappy waar ek werk wat tradisioneel baie goed doen trek swaar op die oomblik. Ek weet van niemand wat 100% verseker van sy of haar werk op die oomblik is nie. Ek dink daar gaan nog heelwat van ons in dieselfde situasie beland waar julle nou is, en ek kan maar net hoop en bid dat almal so sterk deur dit gaan wees soos wat jy en Gene is.

        Comment


        • #5
          Lanie en Gene, Ek is so bitter jammer om te hoor van julle nood. Ek vir julle, en dat uitkoms spoedig oor julle pad sal kom. vir julle

          Comment


          • #6
            Originally posted by Lanie View Post
            . (Dit terwyl die ander ou gemiddeld R140 000 'n maand huis toe vat. )
            Maar vennote vat mos dieselfde bedrag huistoe??

            As hy jou man 'n werk aangebied het, dan moet hy met 'n salaris bykom...
            The LORD is my Miracle

            G_d was gracious He has shown favor


            Hope is a seed
            God plants in our hearts
            to remind us
            there are better things ahead.
            -Holley Gerth

            Comment


            • #7
              Originally posted by ACCM View Post
              Maar vennote vat mos dieselfde bedrag huistoe??

              As hy jou man 'n werk aangebied het, dan moet hy met 'n salaris bykom...
              Exactly, my man is nŪe 'n vennoot in die besigheid nie! Sien An, die saak staan so.... hy het iemand gesoek om sy risiko besigheid oor te vat en die bestaande kliŽntebasis te ontgin omdat hy nie daarby kon uitkom nie, sodat hy net op beleggings kan konsentreer. Die probleem is dat hy nie sy kliŽnte doeltreffend gediens het nie. So die 1500+ kliŽnte waarmee hy gespog het en vir my man op 'n skinkbord aangebied het, is nie naastenby soveel nie omdat baie beter diens gaan soek het. En wanneer my man deur die basis werk sal hy kom en al die groot kliŽnte se risikodekking dan self wil doen omdat hulle konsuis nie met iemand anders sal werk nie. Dit nadat hy gesÍ het my man neem die risikodekking en boedelontledings oor. Daar was ook beloftes van 'n aandeel in die besigheid en hy het selfs beloftes gemaak dat as ons nie na 'n jaar al ons skuld afbetaal het nie, sal hy dit wat oor is afbetaal.

              Ons is besig om so 'n weersin in geld te ontwikkel omdat ons nou 'n goeie voorbeeld gesien het van wat rykdom aan 'n mens kan doen.... En 'n salaris sal hy nie betaal nie, An.... as hy met R20 000 'n maand minder moet klaarkom sal hy nie kan slaap nie. Hy vertrou niks en niemand behalwe sy geld nie... dis tragies.
              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

              Comment


              • #8
                Psalm 118:8
                Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.

                Lanie, sonder om te herhaal wat Gene gesÍ het, was ek, en ook menige boeties en sussies deur die beproewing van die Here. Ons sal sekerlik ook nog voorentoe beproef word.

                Pastoor Dries het 'n sÍ ding:
                "Maak die Here jou eerste toevlug...en nie jou laaste uitweg"

                Ek weet jy is 'n kind van die Here, en juis daarom kan jy die versekering hÍ dat Hy sal voorsien, al is dit net brood op die tafel. Hy verander ook alle slegte dinge in goeie.

                Comment


                • #9
                  Lanie , ek het nie woorde nie! Ons bly bid vir jou! n Gedagte wat by my opkom is : Die OOMBLIK wat jy hierdie kis vol 'wurms' vir die Here gee (en ek bedoel GEE en nie weer kom haal nie!) stel dit God se masjienerie in werking en SAL die uitkoms kom. Menslik gesproke het ek nie raad nie ,MAAR my God se planne het nog nie eers BEGIN nie! Hou net vas aan Jesus! Ons Rots en Verlosser! Hy SAL julle NIE in die steek laat nie!

                  Comment


                  • #10
                    So die man het eintlik net 'n goeie sekretaresse gesoek en jou man met 'n slap riem gevang
                    The LORD is my Miracle

                    G_d was gracious He has shown favor


                    Hope is a seed
                    God plants in our hearts
                    to remind us
                    there are better things ahead.
                    -Holley Gerth

                    Comment


                    • #11
                      Lanie, ek lees nou eers hierdie draad, en ek is sommer saam met jou ontsteld oor die storie. Mens kan nie dink dat Christene hulle boeties en sussies so kan indoen nie!!

                      Ek bid vir julle vir uitkoms - mag die Here julle genadig wees en spoedig vir julle ander deure oopmaak.

                      Jeremiah 29:11
                      "For I know the plans that I have for you,í declares the Lord, Ďplans for welfare and not for calamity to give you a future and a hope." (NASB)

                      Comment


                      • #12
                        Ek bid vir julle!

                        Baie veel liefde,
                        Mieke
                        Glorious Day
                        Living He loved me
                        Dying He saved me
                        Buried He carried my sins far away
                        Risen He justified
                        Freely forever
                        One day He's coming
                        Oh Glorious Day!

                        Casting Crowns

                        Comment


                        • #13
                          Vreeslik baie dankie vir almal wat vir ons bid. Dit is regtig 'n troos om te weet daar is mense wat vir jou omgee en jou nie weggooi as dit moeilik gaan nie.

                          Ek het die heeltyd nog 'n vermoede dat die Here se plan is om al hierdie dinge te gebruik om my man tot volle oorgawe te bring. En die laaste paar dae kan ek hoor sy brein werk oortyd, hy bevraagteken skielik goed en is regtig eintlik net nie homself nie en gister het hy iets gesÍ wat my eintlik uit my vel wou laat spring.

                          Hy het probeer reŽl dat die bank ons net moet 2 weke kans gee voor hulle ons bakkie kom haal, maar hulle wou nie byt nie, so ons gaan nou defnitief sonder vervoer sit. My man is verskriklik lief vir 4x4 ry en sy bakkie is sy trots. Hy het ure en ure en baie liefde in die ding ingesit. Ons vrouens verstaan nou nie eintlik nie, maar dalk verstaan die mans hoe 'n man oor sy bakkie voel...

                          In elk geval, hy sÍ toe vir my dat hy net die vorige dag vir iemand gesÍ het, hy het niks meer nie, alles waarop hy so trots was en waarop hy geroem het, soos sy goeie naam en sy goeie kredietrekord is daarmee heen. Alles waarvoor hy gewerk het, het hy verloor. Al wat hy nog oorhet waarop hy trots is en waarvoor hy lief is, is sy bakkie. (Ek praat nou van goeters - hy is nog baie lief vir ons, moenie worry nie... ) En wraggies waar, dit gaan hy nou ook verloor. Toe sÍ hy gister vir my hy begin besef net dat al hierdie dinge moet gebeur sodat hy moet besef dat mens aan niks in hierdie lewe moet vasklou of op enige iets moet staatmaak of roem behalwe op God nie. En dat hy eintlik wil sien hoe ver hy kan gaan met niks nie, en net met God om aan vas te hou. Die Vader is besig om 'n werk in hom te doen. Ek moet net leer om terug te sit en op Hom te vertrou, want Hy is in beheer en het 'n groter plan met dit waardeur ons nou gaan.

                          O ja, ons hondjie, Jessie het gisteraand weggeraak toe die mense wat die woontstel agter ons huur, ons hek oop vergeet het. So vanmiddag as my poppe by die huis kom gaan dit 'n tranedal wees. Dink maar aan my......
                          The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                          Comment


                          • #14
                            Originally posted by Lanie View Post
                            In elk geval, hy sÍ toe vir my dat hy net die vorige dag vir iemand gesÍ het, hy het niks meer nie, alles waarop hy so trots was en waarop hy geroem het, soos sy goeie naam en sy goeie kredietrekord is daarmee heen. Alles waarvoor hy gewerk het, het hy verloor. Al wat hy nog oorhet waarop hy trots is en waarvoor hy lief is, is sy bakkie. (Ek praat nou van goeters - hy is nog baie lief vir ons, moenie worry nie... ) En wraggies waar, dit gaan hy nou ook verloor. Toe sÍ hy gister vir my hy begin besef net dat al hierdie dinge moet gebeur sodat hy moet besef dat mens aan niks in hierdie lewe moet vasklou of op enige iets moet staatmaak of roem behalwe op God nie. En dat hy eintlik wil sien hoe ver hy kan gaan met niks nie, en net met God om aan vas te hou. Die Vader is besig om 'n werk in hom te doen. Ek moet net leer om terug te sit en op Hom te vertrou, want Hy is in beheer en het 'n groter plan met dit waardeur ons nou gaan.
                            Amen! Dis nie lekker wanneer die Here met jou besig is nie....... toe Paulus Hom op die Damaskuspad ontmoet, was Sy woorde : "Dis vir jou hard om teen die prikkels te skop..... jy maak net jouself seer. Wanneer gaan jy dit besef?" Hiervan kan ek ook persoonlik getuig. Om alles wat enige aardse waarde het, te verloor, is bitter moeilik om te verwerk - veral as jy die broodwinner is en 'n gesin het om voor te sorg. Maar die Here het 'n manier om 'n mens aarde toe te bring. Hy het my totaal en al losgemaak van aardse besittings, omdat my besittings, en my (valse?) sekuriteit te belangrik geword het. Vandag het ek niks meer om op terug te val nie, behalwe om my oe op die Here gevestig te hou en op Hom te vertrou. En as ek terugkyk, kan ek sien waarom ek die pad moes loop. My denke moes verander, sodat ek kon besef dat hierdie aardse lewe nie belangrik is nie - ek is hier omdat Hy my hier wil gebruik en dis al. Ek moes leer om skatte in die hemel bymekaar te maak, waar niemand dit van my kan wegneem nie. Dis nie 'n maklike pad nie (ek sukkel na vyf jaar steeds....) maar ek loof die Here daarvoor! Ek dank Hom dat Hy my nie maar net gelos het nie, maar dat Hy ingegryp het, al was dit op 'n harde manier, om my tot inkeer te bring.

                            Lanie, ek bid dat die Here se volmaakte wil in julle lewens tot uiting sal kom. Onthou ook dat wanneer die Here een deur toemaak, Hy altyd 'n ander deur oopmaak.... (dis net nie altyd die deur wat ons graag oop sou wou he nie.)

                            Sterkte ook met die hondjie.

                            Comment


                            • #15
                              Dankie oom Gene... Ek waardeer regtig julle almal se ondersteuning verskriklik baie....
                              The fallen human will is free the way a sky diver is free until he discovers he has no parachute. - John Piper

                              Comment

                              Working...
                              X